![]() | |
Bynaam | (bo)gangs seng dar cha ("sneeuleeu-vlag") |
---|---|
Gebruik | Burgerlike- enStaatsvlag enNasionalevaandel![]() ![]() |
Verhouding | 5:8 |
Goedgekeur | 1916 |
Ontwerp | Twee sneeuleeus met ’n vlammende blou, wit en oranje juweel en ’n blou en oranjejin en jang-simbool op ’n wit berg met ’n goue son wat daaroor styg, oor 12 rooi en blou wisselstrale met ’n goue fraiing om die boonste, onderste, en linkse vlagpaalkant van die vlag. |
Dievlag vanTibet, ook bekend as die "sneeuleeu-vlag" (Tibettaans:gangs seng dar cha),[1] is[2] die nasionale vlag van Tibet, goedgekeur deur die 13deDalai Lama in 1916.[3] Dit is sedert 1959 deur die Chinese regering verban en word deur die hedendaagse Tibettaanse regering in ballingskap, gesetelDharamshala,Indië, gebruik.[2] Soos dievlag van Oos-Turkestan is die vlag van Tibet weens dieTibettane se strewe naonafhanklikheid in dieVolksrepubliek China verbied en die besit of vertoning daarvan sal erg bestraf kan word. In teenstelling daarmee word die Tibettaanse vlag by pro-Tibettaanse optogte in dieRepubliek China opTaiwan gebruik.[4]
In Februarie 1913, net na die ineenstorting van dieQing-dinastie, het die 13deDalai Lama, Tibet se politieke en geestelike leier, Tibet se onafhanklikheid van China verklaar en begin om die Tibettaanse weermag te moderniseer.[5] In 1916 is die nuwe nasionale vlag deur die Dalai Lama goedgekeur en alle weermagregimente is aangewys om die vlag in sy nuwe vorm te gebruik.[6]
Bykomend tot die gebruik deur die Tibettaanse weermag is die vlag by openbare geboue van die Ganden Phodrang-regering vertoon. Historiese beeldmateriaal toon die wapperende vlag by diePotala-paleis, die setel van die Dalai Lama se regering in Tibet.[7] Die sneeuleeu-vlag was ook ’n vlag wat deur die Engelse diplomaat Sir Eric Teichman bo-op ’n Tibettaanse regeringsgebou tydens die vyandelikhede van 1917–1918 tussenSichuan en Tibet gesien is: "Bo-op die Kalon Lama se verblyfplek...waai die vaandel van Tibet, ’n geel vlag wat ’n toestel soos ’n leeu in groen dra, met ’n wit sneeuberg en ’n son en maan in die hoek."[8]
Buite Tibet is die vlag in publikasies deur buitelandse regerings, akademiese tydskrifte, asook in politiek en kultureel beduidende werke tot in 1959 gebruik.[9] Gebore in 1912, die jaar van die watermuis, was Gyalten Namgyal die kleremaker vir beide die 13de en 14de Dalai Lama. Hy het gesê: "Toe ek vierten was, het die Dalai Lama besluit hy wou ’n Tibettaanse nasionale vlag hê wat hy selfgemaak en selfontwerp het. Toe ’n prototipe goedgekeur is en die eerste vlag in opdrag gegee is, was ek die een wat die werk uitgevoer het."[10] Sy eerste amptelike internasionale verskyning was in ’n boek uitgegee deur die Duitse Departement vir Verdediging se vlootbedryf,"Flaggenbuch," in 1926.[11] In 1930 het dit in ’n amptelike Britse Kroon-publikasie verskyn,"Drawing of The Flags of All Nations."[12] Dit is ook in dieNational Geographic Society se “Flags of the World”-weergawe vertoon. Die opskrif lees: "Tibet – Met sy hoë berge van sneeu, waarvoor twee leeus veg vir ’n vlammende juweel, is die vlag van Tibet een van die mees kenmerkende van die Ooste."[13] Vanaf 1928 is uitbeeldings van die vlag ook deur maatskappye inEuropa,Noord-Amerika,Suid-Amerika, dieMidde-Ooste enOseanië wyd uitgereik in nasionale vlagversamelings op verskeie vorms van handelskaarte.[14]
Die vlag se eerste verskyning by ’n internasionale byeenkoms was in Maart/April 1947 tydens die Asiatiese Verhoudingskonferensie inNieu-Delhi. Die Indiese Raad vir Wêreldsake, ’n Indiese denkfabriek wat in 1943 gestig is, het Tibettaanse afgevaardigdes tot die konferensie van Asiatiese lande en anti-koloniale bewegings genooi[15] Die leiers van elkeen van die 32 delegasies het op ’n baldakyn agter ’n bord met die naam en die vlag van die land sit en gesels.[16] Een tibettoloog, A. Tom Grunfeld, beweer dat die vlag verwyder is nadat afgevaardigdes van dieRepubliek China hul protest tenoor die konferensie-organiseerders aangeteken het.[17] ’n Tibettaanse afgevaardigde wat aan die konferensie deelgeneem het, meen egter dat sulks nie gebeur het nie en die enigste bekende prente van die konferensie toon die vlag saam met al die ander vlae van die deelnemende lande.[18]
In die 1950's is die vlag verder gebruik onder die nuutgestigteVolksrepubliek China, hoewel dié vlag se status nie duidelik was nie. Baie in dieKommunistiese Party van China was van mening dat die vlag virseparatisme gestaan het, terwyl die destydse Tibettaanse plaaslike regering beweer het dat die vlag ’n weermagvlag was (die Tibettaanse leër het parallel tot dieVolksbevrydingsleër se infanterie voortbestaan) en nie ’n nasionale vlag is nie. Phuntso Wangye beweer datMao Zedong die vlagsaak in 1955 met die14de Dalai Lama bespreek het. Volgens hierdie storie het Mao vir die Dalai Lama gesê dat Zhang Jingwu, Zhang Guohua en Fan Ming vir hom vertel het dat Tibet wel ’n "nasionale vlag" het. Die Dalai Lama het geantwoord dat Tibet net ’n weermagvlag het, waarop Mao vermoedelik "jy mag jou nasionale vlag behou" gesê het. Daar is egter geen amptelike erkenning van hierdie gesprek in Chinese dokumente nie.[19] Die 1956-weergawe vanThe Flags of the World deur Gresham Carr sê: "Daar is weinig oor die vlag van Tibet bekend met amper min bekende beskrywings" op bladsy 213 en die teenoorstellende bladsy 229, die vlagprentjie lui: "Tibet : Nasionale vlag".[20]
Hoewel die vlag deur die leër gebruik is, het net ’n paar Tibettane kennis van die "sneeuleeu"-vlag gehad, en wanner hulle teen die regering wou protesteer, sou hulle egter ’n vlag gebruik het met ’n nagemaakteChushi Gangdruk.[21]
Die webwerf van die Tibettaanse regering in ballingskap beskryf die betekenisse van die enkele bestanddele soos volg:
Na die Tibettaanse rebellie van 1959 het die14de Dalai Lama sy amp as goewerneur van Tibet laat vaar, die 17-punte ooreenkoms met die Volksrepubliek China aangekondig en die Sentrale Tibettaanse Administrasie in ballingskap in Indië opgerig. As deel van sy projek om pan-Tibettaanse nasionalisme in te span (van al die Tibettane en nie net dié in sy vorige gebied van die Outonome Gewes Tibet nie) het hy nasionale simbole soos dieLhasa-dialek van Tibettaans, ’n Tibettaanse volkslied en die vlag goedgekeur.[22] Volgens die Sentrale Tibettaanse Administrasie se webwerf sluit die simbole van die vlag die berg vir Tibet, die sneeuleeus vir "’n verenigde geestelike en sekulêre lewe", en die drie-kleurige juweel vanBoeddha,Dharma en dieSangha in.[23] Die vlag is algemeen bekend as die "sneeuleeuvlag" weens die teenwoordigheid van die twee sneeuleeus.[24] Die vlag is ’n simbool van die Tibettaanse onafhanklikheidsbeweging en het as die "Vrye Tibet"-vlag bekend geword.[25][26] As gevolg van sy gebruik deur diediaspora en internasionale betogers het dit bekendheid verwerf en word tydens die Tibettaanse publiek se proteste gebruik.[22] Die vlag is in die Volksrepubliek China verban.[24][25]
Die Tibettaanse eerste minister Lobsang Sangay is met die vlag van Tibet in Ladakh, Indië, gefotografeer en die Kommunistiese Chinese regering het ’n verklaring gemaak: "Die Chinese media kritiseer ’n gerapporteerde beweging deur die Tibettaanse regering in ballingskap om ’n vlag, wat sy idee van ’n 'Tibettaanse nasionale vlag' uitbeeld, aan die kus van die Bangongmeer, in Indië bekend as die Pangongmeer, in Ladakh uit te rol." Die Global Times van China is aangehaal dat "Nieu-Delhi openlik belowe het om enige anti-Chinese politieke aktiwiteite deur Tibettaanse uitgewekenes op Indiese gebied nie toelaat nie. Maar dit het die Tibet-vraag as ’n diplomatieke kaart in die hantering vanBeijing lank gebruik."[27]
{{cite book}}
: CS1 maint: date and year (link){{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link){{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)![]() | Wikimedia Commons bevat media in verband metVlae van Tibet. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal. |