Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Vlag van Egipte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van Egipte
Vlag van Egipte
Vlag van Egipte
GebruikBurgerlike- en staatsvlag envaandelBurgerlike en staatsvlag en -vaandel
Verhouding2:3
Goedgekeur4 Oktober1984
OntwerpDrie gelyke horisontale bane van rooi, wit en swart met die Egiptiese wapenskild in die middel van die vlag.
Wisselvormvlag van Egipte
Wisselvormvlag van Egipte
GebruikOorlogsvlagOorlogsvlag
Verhouding2:3
OntwerpDie Egiptiese nasionale vlag met twee gekruisde swaarde in die skildhoek.
Wisselvormvlag van Egipte
Wisselvormvlag van Egipte
GebruikVlootvaandelVlootvaandel
Verhouding2:3
OntwerpDie Egiptiese nasionale vlag met twee gekruisde ankers in die skildhoek.
Wisselvormvlag van Egipte
Wisselvormvlag van Egipte
BynaamPresidentsvlag van Egipte
Verhouding2:3
OntwerpNasionale vlag met goud, Saladins Adelaar in die middel van die vlag

Dienasionale vlag van dieEgipte (Egiptiese Arabies: علم مصر, [ˈʕælæm ˈmɑsˤɾ]) is op4 Oktober1984 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur van drie gelyke bane van rooi, wit en swart (wat ook diePan-Arabiese kleure is) en dateer so ver terug as die Egiptiese Revolusie van 1952. In die middel van die wit baan is die Egiptiese wapenskild.

Simboliek

[wysig |wysig bron]
Arabiese Bevrydingsvlag

DieVrye Offisiere wat Koning Faroek in die Revolusie van 1952 tot ’n val gebring het, het ’n spesifieke simboliek aan elk van die drie bane van die Arabiese Bevrydingsvlag toegeken. Die rooi baan simboliseer die periode voor die Revolusie, ’n tyd wat gekenmerk is deur die stryd teen die monargie van Muhammad Ali en die Britse besetting van die land. Die wit baan simboliseer die bloedlose aard van die Revolusie en die swart baan simboliseer die einde van die onderdrukking van die Egiptiese mense aan die hand van die monargie en buitelandse imperialisme.

Die Egiptiese gebruik van die Arabiese Bevrydingsvlag het die aanneem daarvan deur verskeie ander Arabiese lande geïnspireer. Dieselfde horisontale driekleur word gebruik in die vlae vanIrak,Sirië enJemen (en ook vroeër deurLibië). Die enigste verskil tussen die vlae is die aanwesigheid/afwesigheid van die wapenskilde van die verskillende lande in die wit baan.

Kleure

[wysig |wysig bron]
RooiWitSwartGoud
RGB206/17/38255/255/2550/0/0192/147/0
Heksadesimaal#ce1126ff#FFFFFF#000000ff#c09300ff
CMYK0/92/82/190/0/0/00/0/0/1000/23/100/25

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die ontwikkeling van die moderne Egiptiese vlag is aanvanklik vasgestel deur die vorstehuis van Muhammad Ali, onder wie Egipte metSoedan verenig is, en later deur die opkoms van die Arabiese Nasionalisme.

Vorstehuis van Muhammad Ali (1805–1923)

[wysig |wysig bron]
Sien vlag 1 en 2 hieronder

ToeMuhammad Ali met sukses die mag oorgeneem het in Egipte was die land amptelik ’n provinsie van dieOttomaanse Ryk. Regdeur sy bewind, en dié van sy seuns en kleinseuns, was Egipte feitlik onafhanklik en het dit gefunksioneer as ’n Khedive (onderkoninkryk). Om die outonomie van die Ottomaanse Porte te beklemtoon, het Ali ’n nuwe Egiptiese vlag met drie wit Turkse mane en drie wit sterre op ’n rooi agtergrond aanvaar. Daar is voorgestel dat dit die oorwinning van sy (Ali se) weermagte in drie vastelande (Afrika, Asië en Europa) simboliseer asook sy eie soewereiniteit oor Egipte, Soedan en Hidjaz. Die ooreenkoms met dievlag van die Ottomaanse Ryk was opsetlik omdat Ali grandieuse ambisies gekoester het om die Ottomaanse Dinastie te ontsetel en die troon van die Ottomaanse Sultan wou eien.

Egipte het hierdie vlag behou selfs nadat die formele Ottomaanse soewereiniteit in 1914 beëindig is en toe Egipte as ’n sultanaat en ’n Britse protektoraat verklaar is.

Sultanate van Egipte en Soedan (1914–1922)Britse magte het die land beset na die Urabi-Opstand in 1882, wat groter nasionalistiese afkeer tot gevolg gehad het. Dit het ’n hoogtepunt bereik in die Egiptiese Revolusie van 1919 toe die rooi vlag wat deur Muhammad Ali aanvaar is, asook ’n spesiale groen banier, wat ’n halfmaan en kruis vertoon het, gebruik is in opstande teen die Britte. (Die groen banier was die simbool van ondersteuning van dieMoslems en die Koptiese Christene van die nasionalistiese beweging teen die besetting.)

Koninkryk van Egipte en Soedan (1922–1953)

[wysig |wysig bron]
Sien vlag 3 en 4 hieronder

In 1922 het Brittanje ingestem om Egiptiese onafhanklikheid te erken, maar slegs op voorwaarde dat die Sultan van Egipte,Faud I, sy titel verander na Koning. Deur dit te doen het die nuwe Koning Faud ’n Koninklike Bevel uitgegee waarmee ’n nuwe nasionale vlag met ’n wit halfmaan met drie sterre op ’n groen agtergrond, aanvaar is.

Die drie sterre het die drie komponente van die Koninkryk gesimboliseer, nl. Egipte,Nubië enSoedan, terwyl die groen die oorheersende geloof van die land, nl.Islam, simboliseer. Dit is ook voorgestel dat die drie sterre die drie geloofsgemeenskappe van die nald verteenwoordig, nl. Moslems,Christene enJode.

Republiek van Egipte (1953–1958)

[wysig |wysig bron]
Sien vlag 5 hieronder

Na die Revolusie van 1952 het die Vrye Offisiere die vlag van die Koninkryk behou, maar het ook die Arabiese Bevrydingsvlag van rooi, wit en swart, met die embleem van die Revolusie, die Saladins Adelaar, in die middel baan, in gebruik geneem. Hierdie vroeë weergawe van die adelaar verskil effens van die een wat later bekend gestel is. Selfs toe die koninkryk formeel afgeskaf is deur die verklaring van die Republiek op 18 Julie 1953, het die vlag van die Verenigde Koninkryk amptelik in gebruik gebly tot en met die stigting van dieVerenigde Arabiese Republiek in 1958.

Verenigde Arabiese Republiek (1958–1972)

[wysig |wysig bron]
Sien vlag 6 hieronder

In 1958 het Egipte enSirië verenig as die Verenigde Arabiese Republiek (V.A.E.) en ’n nasionale vlag wat gebaseer was op die Arabiese Bevrydingsvlag, aanvaar, met twee groen sterre (wat die twee lande van die unie verteenwoordig het) wat die Saladins Adelaar in die wit baan vervang het. ’n Bygewerkte weergawe van die Saladins Adelaar is aanvaar as die V.A.E. se wapenskild.


Kleurskema
RooiWitGroenSwart
RGB206/17/38255/255/2550/122/610/0/0
Heksadesimaal#ce1126ff#FFFFFF#007a3dff#000000ff
CMYK0/92/82/190/0/0/0100/0/50/520/0/0/100

Federasie van Arabiese Republieke (1972–1984)

[wysig |wysig bron]
Sien vlag 7 hieronder

Alhoewel Sirië in 1961 van die V.A.E. onttrek het, het Egipte steeds die amptelike naam van die Verenigde Arabiese Republiek tot 1971 gebruik toe die land hernoem is na die Arabiese Republiek van Egipte. In 1972, toe Egipte met Sirië enLibië die Federasie van Arabiese Republieke gestig het, is die vlag van die V.A.E. vervang met ’n algemene vlag vir die Federasie wat weereens gebaseer was op die Arabiese Bevrydingsvlag. Die twee groen sterre in die wit baan is vervang met dieValk van Koereisj, wat ook die wapenskild van Sirië was voor die stigting van die V.A.E. in 1958. Die Valk van Koereisj is ook aanvaar as die wapenskild van die Federasie. Die skakering van rooi wat in die rooi baan van die vlag gebruik is, is effens ligter gemaak.


Kleurskema
RooiWitSwartGoud
RGB206/17/38255/255/2550/0/0239/187/34
Heksadesimaal#ce1126ff#FFFFFF#000000ff#efbb22ff
CMYK0/92/82/190/0/0/00/0/0/1000/22/86/6

Arabiese Republiek van Egipte (1984-huidig)

[wysig |wysig bron]
Sien vlag 8 hieronder

Met die opbreking van die Federasie van Arabiese Republieke in 1977 het die vlag steeds gedien as die vlag van Egipte tot 1984 toe die Valk van Koereisj in die wit baan (en op die wapenskild) vervang is met die Saladins Adelaar (die weergawe van 1958 en nie 1952 nie). Die skakering van rooi is ook herstel na die donkerder rooi in die pre-Federasievlag.

  • 1. Vlag van die Ottomaanse Ryk, 1793 tot 1844
    1.Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Ottomaanse Ryk, 1793 tot 1844
  • 2. Vlag van die Khedivate van Egipte en Soedan (pre-1914) en die Sultanate van Egipte en Soedan, 1914 tot 1922
    2.Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Khedivate van Egipte en Soedan (pre-1914) en die Sultanate van Egipte en Soedan, 1914 tot 1922
  • 3. Vlag van die Egiptiese Revolusie van 1919
    3.Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Egiptiese Revolusie van 1919
  • 4. Vlag van die Koninkryk van Egipte en Soedan, 1922 tot 1953
    4.Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Koninkryk van Egipte en Soedan, 1922 tot 1953
  • 5. Egiptiese Revolusie Vlag (1952) – die driekleur van die Arabiese Bevrydingsvlag met die Sadalins Adelaar in die wit baan
    5.Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Egiptiese Revolusie Vlag (1952) – die driekleur van die Arabiese Bevrydingsvlag met die Sadalins Adelaar in die wit baan
  • 6. Vlag van Die Verenigde Arabiese Republiek (1958–1971 – alhoewel Sirië in 1961 van die unie onttrek het, het Egipte die amptelike naam tot 1971 behou)
    6.Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van DieVerenigde Arabiese Republiek (1958–1971 – alhoewel Sirië in 1961 van die unie onttrek het, het Egipte die amptelike naam tot 1971 behou)
  • 7. Vlag van die Federasie van Arabiese Republieke (1972–1984)
    7.Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van dieFederasie van Arabiese Republieke (1972–1984)

Lugmagvlae

[wysig |wysig bron]
  • Vaandel van die Egiptiese Koninklike Lugmag
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vaandel van die Egiptiese Koninklike Lugmag
  • Rondeau van die Egiptiese Koninklike Lugmag
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Rondeau van die Egiptiese Koninklike Lugmag
  • Vaandel van die Egiptiese Lugmag
    Vaandel van die Egiptiese Lugmag
  • Rondeau van die Egiptiese Lugmag
    Rondeau van die Egiptiese Lugmag

Ander vlae

[wysig |wysig bron]
  • Vaandel van die Egiptiese Koninklike Vloot
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vaandel van die Egiptiese Koninklike Vloot

Vorige vlae

[wysig |wysig bron]
  • 8. Variasie van die vlag van die Arabiese Republiek van Egipte, 1984 tot huidig
    8.Ontwerp is ’n aanvaarde wisselvorm Variasie van die vlag van die Arabiese Republiek van Egipte, 1984 tot huidig
  • Standaard van die Egiptiese President
    Standaard van die Egiptiese President
  • Koninklike standaard van Egipte (op land)
    Koninklike standaard van Egipte (op land)
  • Koninklike standaard van die Kroonprins van Egipte (op land)
    Koninklike standaard van die Kroonprins van Egipte (op land)
  • Vlag van die weermag van Egipte
    Vlag van die weermag van Egipte

Soortgelyke vlae

[wysig |wysig bron]

Reëls vir die hys van die vlag

[wysig |wysig bron]

Die vlag word op alle Egiptiese staatsgeboue op Vrydae, nasionale vakansiedae, die openingsessie van die Volksvergadering en enige ander geleentheid soos bepaal deur die Minister van Binnelandse Sake, gehys. Die vlag word daagliks op grensposte, doeanegeboue, Egiptiese konsulate en ambassades in die buiteland op Rewolusiedag (23 Julie) en ander nasionale vakansiedae gehys, asook gedurende ’n besoek van dieEgiptiese President aan die land wat gasheer is vir die diplomatiese sending.

Misbruik van die vlag op enige manier is ’n kriminele oortreding en is strafbaar volgens wetgewing aangesien dit die mag van die staat ondermyn. Strafregtelike voorskrifte reguleer ook die misbruik van buitelandse vlae of nasionale embleme van ander lande.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metVlae van Egipte.
Soewereine
state
Omstrede
gebiede
Afhanklike-,
Outonome-,
en ander gebiede

Kanariese Eilande /Ceuta /Melilla(Spanje) ·Madeiraeilande(Portugal) ·Mayotte /Réunion(Frankryk) ·Ascencioneiland /Sint Helena /Tristan da Cunha(Verenigde Koninkryk) ·Zanzibar(Tanzanië)

Soewereine
state
Omstrede
gebiede
Afhanklike gebiede,
Outonome gebiede,
ander gebiede

Britse Indiese Oseaangebied /Akrotiri en Dhekelië(Verenigde Koninkryk) ·Kerseiland /Kokoseilande(Australië) ·Koerdistan(Irak) ·Hongkong /Macau(Volksrepubliek China)

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Vlag_van_Egipte&oldid=1988798"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp