’nVlag is ’n stuk doek/lap, wat dikwels van ’n paal of mas gehang word en word gewoonlik gebruik om ’n boodskap oor te dra of vir identifikasie. Die mees algemene gebruik van vlae is om lande te verteenwoordig.
Die eerste vlae is gebruik om militêre koördinasie op slagvelde by te staan en sedertdien het dit ontwikkel in ’n algemene instrument vir identifisering en seingewing, veral in omgewings waar kommunikasie moeilik is (soos in skeepvaartomgewing waar semafore gebruik word). Nasionale vlae is patriotiese simbole met uiteenlopende interpretasies wat dikwels ’n sterk militêre verwantskap het weens die aanhoudende militêre gebruike van vlae. Vlae word ook gebruik in die oordra van boodskappe, advertensies of vir ander dekoratiewe doelwitte.
Een van die mees gewilde gebruike van ’n vlag is om ’nnasie ofland te simboliseer. Sommige nasionale vlae was baie inspirerend vir ander nasies, lande of subnasionale entiteite in die ontwerp van hul eie vlae. ’n Paar prominente voorbeelde sluit in:
Die vlag vanDenemarke is die oudste staatsvlag wat steeds in gebruik is. Hierdie vlag, genaamd dieDannebrog, was die inspirasie vir diekruisontwerp van die ander Skandinawiese lande:Noorweë,Swede,Finland,Ysland en Skandinawiese streeksvlae vir die Färoër-eilande, Åland, Skåne enBornholm asook vlae vir die nie-Skandinawiese Shetland en Orkney.
Die Unievlag (Union Jack) van dieVerenigde Koninkryk word die algemeenste gebruik. Britse kolonies het dikwels ’n vlag ontwerp wat gebaseer is op die Union Jack of wat die Union Jack bevat. Baie voormalige kolonies het die gebruik van die Union Jack in hul eie vlae behou as erkenning van hul kulturele geskiedenis.Voorbeelde:Australië,Fidji,Nieu-Seeland,Tuvalu en ook die Kanadese provinsies Manitoba, Ontario en Brits-Kolombië;sien ookVlae wat op Britse insinjes gebaseer is.
DieDriekleur vanNederland is die oudste driekleur en het sy eerste verskyning in1572 as die Prinsevlag inoranje-wit-blou gemaak. Die meer bekenderooi-wit-blou het mettertyd begin verskyn — daar kan nie vasgestel word waarom oranje met rooi vervang is nie. Na1630 was die rooi-wit-blou die mees algemene vlag. Die Nederlandse Driekleur het as inspirasie gedien vir verskeie nasionale vlae waaronder dié vanRusland,Indië, New York Stad,die Unie-vlag van Suid-Afrika 1928–1994 en dievlag van Frankryk waarna die gebruik van die driekleur selfs verder versprei het. Die vlag van Nederland is ook die enigste vlag in die wêreld wat aangepas word vir sekere gebruike soos wanneer ’n gebeurlikheid betrekking op die Nederlandse koningshuis het, word ’n oranje lint aan die vlag toegevoeg.
DieVlag van die Verenigde State, ook bekend as dieStars and stripes ofOld Glory, het ook, soos die Franse driekleur, gedien as inspirasie vir talle ander vlae omdat baie lande deur dieAmerikaanse Revolusie geïnspireer is en gevoel het dat die vlag dit simboliseer.Voorbeelde:Liberië,Chili,Maleisië,Uruguay en die Franse gebied Bretagne.
Die oorspronklike driekleurvlag van Iran, die bron van die Pan-Irannese kleure vangroen, wit en rooi, is aangepas deur verskeie Indo-Irannese of Ariese state en volke as hul simbole.Voorbeelde:Tadjikistan, Koerdistan, die Republiek van Ararat en die Outonome Talysh-Mugan Republiek. Sommige van Iran se nie-Irannese buurlande het ook die kleure aangeneem soosKoeweit enOman.
DieVlag van Venezuela, ontwerp deur Francisco de Miranda om die onafhanklikheidsbeweging inVenezuela voor te stel wat later aanleiding gegee het tot die totstandkoming van dieGroot-Colombia, was die inspirasie vir die vlae vanColombia enEcuador. Laasgenoemde twee lande se verspreiding van die bane is gelyk en saam met die vlag van Venezuela is die kleuregeel (bo), blou (middel) en rooi (onder).
’n Siviele of burgerlike vlag is ’n weergawe van die nasionale vlag wat gebruik word deur burgerlikes op nie-regeringsinstellings of -tuie. Die gebruik van siviele vlae was in die verlede meer algemeen en het gedien as aanduiding op geboue en skepe wat nie onder beheer van die weermag was nie. In sommige lande is die siviele vlag dieselfde as dieoorlogsvlag of die staatsvlag maar sonder die landswapen soos in die geval vanSpanje en in ander gevalle is dit ’n gewysigde weergawe van die oorlogsvlag.
Die weermagte van ander lande, waaronder dié van dieVerenigde State enSwitserland, gebruik hul standaard nasionale vlag. Die weermag van dieFilippyne gebruik hul standaard nasionale vlag, maar in tye van oorlog word die vlag onderstebo gehang — dit is die enigste geval waar ’n onderstebo nasionale vlag ’n oorlogstoestand aandui— nie net ’n noodtoestand nie. Hierdie vlae staan ook as oorlogsvlae bekend maar die terminologie is slegs van toepassing op die militêre gebruik van die vlae.
Die Stadsaal van Walkirch toon die vlae van Duitsland, Baden-Württemberg (provinsie) en Waldkirch (stad)
In baie lande het subnasionale eenhede soos provinsies en stede hul eie vlae. Die reëls en tradisies rondom die gebruik van sulke vlae verskil van land tot land, maar in baie Wes-Europese lande soosFrankryk,België,Nederland enDuitsland is dit algemeen om die nasionale vlag, die provinsiale vlag en die plaaslike munisipale vlag vanaf die stadsaal te wapper. In baie gevalle word die EU-vlag saam met die nasionale vlag en die vlae van plaaslike entiteite gewaai.
Die internasionale seevaartseinvlagDelta (letterD)
Ter see is vlae van besondere belang en kan dit die verskil tussen lewe en dood beteken en die reëls en regulasies vir die vertoon van ’n vlag ter see word streng gereguleer. ’n Nasionale vlag wat op see vertoon word staan bekend as ’nvaandel. ’n Beleefde vredeliewende koopvaartskip of -jag toon dikwels sy vaandel (in die gewone vaandelposisie) saam met die vlag van die plek waar hy besoek aflê (bekend as die beleefdheidsvlag). Indien die vaandel op sy eie in vreemde waters, ’n vreemde hawe of in die aanwesigheid van ’n buitelandse oorlogskip vertoon word, is dit gewoonlik ’n teken van gewilligheid om te veg. In moderne tye word hierdie tradisie steeds ernstig opgeneem deur baie vloot- en hawe-owerhede en word dit vinnig bekragtig in baie wêrelddele deur entering, konfiskering en ander siviele boetes.
In party lande verskil jagvaandels van koopvaartvaandels as ’n aanduiding dat die jag nie ’n vrag dra wat doeaneklaring verlang nie. Wanneer ’n kommersiële vrag egter op ’n boot met ’n jagvaandel gevind word, word dit gewoonlik in baie regsgebiede beskou as smokkelary.
Daar is ’n stelsel van internasionale vlootseinvlae vir getalle en die letters van die alfabet. Elke vlag of wimpel het ’n spesifieke betekenis wanneer dit op sy eie gehang word.
’n Seintoestel (semafoor) kan ook gebruik word om te kommunikeer op ’nad hoc basis van een skip na ’n ander oor kort afstande.
Dievlag van Nepal, die enigste nasionale vlag wat nie reghoekig is nie
Vlae is gewoonlik reghoekig in vorm (dikwels in die verhouding 2:3, 1:2 of 3:5), maar kan enige vorm of grootte aanneem wat prakties is om op te hang. Dit sluit vierkante, driehoeke of swaelstertvlae in. ’n Ongewone vorm kan gevind word in dievlag van Nepal wat in die vorm is van twee driehoeke wat op mekaar gestapel is.
In ’n poging om die vervaardigingskoste van vlae so laag as moontlik te hou word baie vlae op so ’n manier gemaak dat dit van albei kante af dieselfde lyk. Dit bied twee moontlikhede:
Indien die ontwerp van die vlag simmetries in ’n as met die vlagpaal is, sal die voor- en agterkant identies wees soos dievlag van Indië enKanada.
Indien die vlag nie simmetries is nie sal die voor- en agterkante twee variante van dieselfde ontwerp wees waarvan een se hyskant (die kant van die vlag wat teen aan die vlagpaal is) links is en een waarvan die hyskant regs is (wat gewoonlik as die teenoorgestelde kant beskou word). Dit is baie algemeen en dikwels nie steurend wanneer teks ontbreek op ’n vlag nie.
Sommige ingewikkelde vlagontwerpe is nie bedoel om van agter gesien te word nie en het dus ’n agterkant nodig wat verskil van die voorkant. In sulke gevalle is daar ’n ontwerpelement (dikwels teks) wat nie simmetries is nie en van agter ook leesbaar behoort te wees, ongeag of die hyskant van die vlag links of regs is. Daar is twee tipes gevalle:
Dieselfde (asimmetriese) ontwerp kan op albei kante aangebring word. Sulke vlae kan vervaardig word deur twee identiese vlae met hul rûe teen mekaar vas te werk, maar dit kan die manier waarop die vlag wapper beïnvloed. Afbeeldings van sulke vlae word aangedui met die simbool wat aandui dat die voor- en agterkant van die vlag identies is (die agterkant is dus nie ’n spieëlbeeld nie).
In unieke gevalle verskil die agterkant van die voorkant, hetsy in geheel of gedeeltelik. Voorbeelde hiervan is die vlae vanParaguay,Oregon en die historiese vlag van die Sowjetunie. Afbeeldings van sulke vlae word aangedui met die simbool.
Algemene ontwerpe van vlae sluit kruise, strepe en verdelings van die oppervlak in kwarte of stroke in — patrone en beginsels wat dikwels afgelei is van die heraldiek. ’n Heraldiese wapenskild kan ook as ’n skildbanier gebruik word, soos wat die deelstaat Maryland enKiribati doen.
Dievlag van Libië, wat bestaan uit ’n reghoekige groen baan, is die enigste nasionale vlag wat net een kleur en geen ontwerp of insinjes bevat nie.
Kleure word normaalweg in algemene name beskryf soos “rooi” en “blou” maar kan verder gespesifiseer word deur ’n kolorimeter (kleurmeter) te gebruik.
Die vermeende grootste vlag[1] is ’n 60,409.78 m2vlag van Marokko. Dit is ontvou in die suid-Marokkaanse stad Dakhla inWes-Sahara in Mei 2010.[2]
Die kleinste vlag is blykbaar ’nvlag van Turkye wat 700 nm breed is (in vergelyking met ’n gemiddelde menshaar wat 50,000 nm in deursnee is). Dit is vervaardig deur die Departement van Nanofisika van die Bilkent Universiteit.[3]
Skotse variant van die Britse koninklike standaard
Baie mense, veral dié van adellike geboorte, wat hul eie wapens het, het ook persoonlike vlae. In die algemeen word sulke vlae slegs vanaf 'n gebou of 'n voertuig waar die betrokke persoon werklik teenwoordig is, gehys. Die etiket rondom die gebruik van sulke vlag is geïllustreer toe koninginElizabeth II gesterf het. Beide sy en prins Charles was teenwoordig byBalmoral Paleis. Toe haar dood aangekondig is, is haar vlag, die koninklike standaard verlaag en aangesien prins Charles koning geword het, is sy standaard (wat hy van sy ma geërf het) dadelik verhoog.
Die vyfkleurige Jaïn-vlagDie BoeddhistevlagDie Christenvlag
Vlae kan verskillende rolle in geloof vertolk. InBoeddhisme word gebedsvlae gebruik, gewoonlik in stelle van vyf verskillende kleure. Baie nasionale vlae en ander vlae sluit religieuse simbole soos ’n kruis, ’n Turkse maan of ’n verwysing na ’n beskermheilige in. Vlae word ook deur geloofsgroeperinge aangeneem, soos die Jaïn-vlag en die Christenvlag wat gebruik word om ’n hele geloof te verteenwoordig.
Vlag van die FrancophonieVlag van die HispaniteitVlag vanEsperanto
Aangesien tale selde ’n vlag het wat dit verteenwoordig,[4] is dit algemeen aanvaarde praktyk, dikwels nie-amptelik, om nasionale vlae te gebruik om tale te identifiseer. Voorbeelde hiervan sluit in:
die voorstelling van taalvaardighede van ’n individu soos ’n werknemer van ’n maatskappy
die vertoon van verskillende tale op ’n veeltalige webblad of sagteware
Dit word dikwels met goeie bedoelinge gedoen maar kan maklik lei tot probleme vir sekere tale:
tale soosRoemeens enMoldawies word deur sommige mense as verskillende tale beskou; en
In hierdie tweede geval sluit die simbolisering van hierdie tale dikwels die volgende in:
om die vlag van die land waar die taal ontstaan het te gebruik
om die vlag van die land waarin die meeste moedertaalsprekers van die betrokke taal is te gebruik
om ’n gemengde vlag van die bogenoemde te gebruik (indien dit verskil)
om die vlag van die land wat die meeste met die taal geassosieer word te gebruik (bv. vir Portugees: die vlag van Portugal in Europa en die vlag van Brasilië in Suid-Amerika)
Geruite vlag wat tydens ’n motorwedren gebruik word
Weens die gemak waarmee vlae tekens kan gee en geïdentifiseer kan word, word dit dikwels insport gebruik.
Inrugby dra die assistentskeidsregter (vroeër bekend as die lynregter) ’n handvlag langs die kantlyn van die veld. Hierdie vlaggies word gebruik om die skeidsregter se aandag te vestig op moontlike oortredings van die reëls, dit dui aan waar die bal in ’n lynstaan ingooi moet word, en of ’n doelskop suksesvol was. Vlae van lynregters insokker dien ’n soortgelyke doel.
InAmerikaanse en Kanadese voetbal gebruik die skeidsregter vlae om aan te dui dat ’n oortreding begaan is tydens spel. Die vlaggie is ’n klein, aangepaste sakdoek wat op die veld gegooi word om die benaderde plek waar die oortreding plaasgevind het vas te stel wanneer die spel gestop word. In Amerikaanse voetbal is die vlaggie gewoonlik geel en in Kanadese Voetbal is dit gewoonlik rooi.
Inseilvaart word vlae gewoonlik gebruik om inligting van die wedrenkomiteeboot aan deelnemers te kommunikeer. Verskillende vlae aan die mas van die komiteeboot kan ’n aanduiding gee van onder meer ’n foutiewe wegtrek, ’n verandering in die roete, ’n gekanselleerde wedren of ander inligting. Wedrenbote kan self ook vlae gebruik om protes of nood bekend te maak. Die vlae is gewoonlik deel van die seevaartalfabetstelsel van internasionale vlootseinvlae, waarin 26 verskillende vlae die 26 letters van dieLatynse alfabet aandui.
In motor- en motorfietswedrenne word wedrenvlae gebruik om met bestuurders te kommunikeer. Die bekendste is seker die geruite vlag van swart en wit vierkante wat aandui dat die einde van die wedren bereik is en dat die voorloper gewen het. ’n Geel vlag (ook bekend as die olievlag) word gebruik om aan te dui dat bestuurders versigtig moet wees en gaan dikwels gepaard met ’n lae snelheid en ’n rooi vlag dui aan dat bestuurders onmiddellik moet stop. ’n Swart vlag word gebruik om strawwe aan te dui (gewoonlik diskwalifikasie).
Ondersteuners in byna alle sportsoorte swaai vlae op die pawiljoene om hul deelnemers of span te ondersteun. Meeste sportspanne het hul eie vlae en in individuele sportsoorte word die vlag van die deelnemer se herkomsland gewoonlik geswaai.
In Gaeliese voetbal enHurling word ’n groen vlag gebruik om aan te dui dat ’n doel aangeteken is en ’n wit vlag dui aan dat ’n punt aangeteken is.
In Australiese voetbal gebruik die doelskeidsregter twee vlae om aan te dui dat ’n doel aangeteken is en een vlag om aan te dui dat ’n punt aangeteken is.
Om veiligheidsredes gebruikskubaduikers duikvlae om hul ligging onder water aan te dui.
In volgstroomplankry (wakeboarding) en waterski word ’n oranje vlag op die boot gebruik om aan te dui dat iemand in die water is.
InAustralië,Nieu-Seeland, dieFilippyne en dieVerenigde Koninkryk word twee rooi/geel vlae gebruik om die grense van die swemarea op ’n strand wat deur lewensredders bewaak word, aan te dui. Indien die strand gesluit is word die vlagpale gekruis. Die vlae bestaan uit ’n rooi en geel driehoek wat saam ’n vierkant vorm, of dit kan ’n rooi reghoek op ’n geel reghoek wees. Op baie Australiese strande is daar ’n effense variasie in die sinjalering van strandtoestande. ’n Rooi vlag dui ’n geslote strand aan (of in die VK ’n ander tipe gevaar), geel dui op ’n sterkseestroom of moeilike swemtoestande en groen dui op ’n veilige strand vir swemdoeleindes. InIerland dui ’n rooi en geel vlag daarop dat dit veilig is om te swem, ’n rooi vlag dui aan dat dit gevaarlik is om te swem en geen vlag beteken dat daar geen lewensredders is. Blou vlae kan ook gebruik word weg van die rooi-geel lewensredderarea om ’n area vir branderplankry en ander klein, nie-gemotoriseerde watertuie aan te dui.
Redes waarom ’n strand gesluit sal word kan die volgende insluit:
Onstuimige water
Waarskuwing van ’n orkaan
Geen lewensredder aan diens
Oorbesoedelde water
Haaie
Tsoenami
Te sterk golwe
Die seevaartseinvlag “India” (’n swart kol op ’n geel agtergrond) word dikwels gebruik om ’n “swartbal”-sone aan te dui waarbranderplankryers nie aktief mag wees nie, maar alle ander aktiwiteite word toegelaat.
Spoorweë gebruik ’n aantal gekleurde vlae. Wanneer dit as spoorwegseine gebruik word het dit gewoonlik ongeveer die volgende betekenis (presiese betekenisse kan verskil tussen verskillende spoorwegmaatskappye):
rooi = stop
geel = gaan versigtig voort
groen/wit/blou = gaan voort
’n vlag van enige kleur was woes geswaai word beteken stop
’n blou vlag aan die kant van ’n lokomotief beteken dat dit nie beweeg moet word nie omdat daaraan (of aan die aangehegte trokke) gewerk word. ’n Blou vlag op die spoor beteken dat niks op die spoor geskuif moet word nie. Die vlag kan slegs geskuif/verwyder word deur die persoon/groep wat dit daar geplaas het.
Snags word die vlae met lanterns van dieselfde kleure vervang.
Vlae wat vooraan ’n bewegende lokomotief vertoon word is ’n aanvaarde vervanging vir klassifikasieligte en het gewoonlik die volgende betekenisse (presiese betekenis mag verskil tussen verskillende spoorwegmaatskappye):
wit = ekstra (nie op die rooster nie)
groen = ’n ander seksie volg
rooi = laaste seksie
Spoorwegwerkers sal dikwels ook ’n rooi vlag saamdra om te verseker dat hul handseine meer sigbaar vir die drywer is.Spoorwegseine is ’n ontwikkeling van spoorwegvlae.[5]
Die Reënboogvlag van die LGBT sosiale beweging. ’n Soortgelyke vlag word in Europa gebruik om passifisme te ondersteun
Sosiale en politieke bewegings het vlae aangeneem om hul sigbaarheid te verbeter en om te dien as ’n eenheidsimbool.
Diesosialistiese beweging gebruik rooi vlae om hulle saak te verteenwoordig. Dieanargistiese beweging gebruik ’n verskeidenheid van vlae maar die primêre vlag wat met hulle geassosieer word is die “swart vlag”. In die 1970’s is die “Reënboogvlag” deur die LGBT (Lesbies/Gay/Bi-seksueel/Transvestiet) sosiale bewegings as simbool aanvaar. Biseksuele- en transgeslags-trotsheidsbewegingsvlae is later ontwerp in ’n poging om die sukses van die reënboogvlag na te boots.
Sommige politieke vlae het nasionale vlae geword soos die rooi vlag van dieSowjetunie en nasionaal-sosialistiese baniere virNazi-Duitsland. Die huidigevlag van Portugal is gebaseer op wat die politieke vlag van die Portugese Republikeinse Party was voor die Revolusie van 1910 wat die bewind van dié party ingelyf het.
’n Vlagpaal of toring kan ’n eenvoudige hout- of metaalstruktuur wees. Indien dit so lank is dat dit moeilik is om die vlag te bereik word ’n tou gebruik wat met behulp van ’n katrol bo-aan die vlagpaal gewerk kan word. Die vlag word vasgemaak aan een van die punte van die tou en word opgetrek deur aan die ander punt van die tou te trek. Die tou word dan styfgetrek en onder aan die paal vasgemaak. Die vlagpaal is gewoonlik bo-aan afgerond met ’n plaatjie of ’n bal (dit is oorspronklik bedoel vir ’n houtpaal om te voorkom dat dit versplinter).
Baie hoë vlagpale verlang dikwels ’n struktuur wat meer ingewikkeld is as ’n eenvoudige paal, soos op geboue of dit moet as ’n toring gebou word. Die hoogste vlagpaal ter wêreld (met ’n hoogte van 160 m (525 vt)) is by die Koreaanse Gedemilitariseerde Sone (Gijeon-dong) inNoord-Korea en die vlag wat daaraan hang weeg ongeveer 270 kg (600 lb) wanneer dit droog is.[6]
Sedert 2008 is die hoogste vrystaande vlagpaal (133 m; 436 vt) in die wêreld die Ashgabat Vlagpaal inTurkmenistan. Die vorige hoogste vrystaande vlagpaal was die Aqaba Vlagpaal inJordanië (132 m; 433 vt).[7] Daar word egter gebou aan ’n Nasionale Vlagvierkant inAzerbeidjan en sal ’n hoogte van 162 m (531 vt) bereik.[8] Die Raghadan Vlagpaal inAmman is tans die derse hoogste vrystaande vlagpaal in die wêreld met ’n hoogte van 126 m (410 vt) en die vlag wat daaraan hang is 60 m by 40 m (200 by 130 vt); dit word snags verlig en kan op ’n afstand van 25 km gesien word.
Seintoestelle (semafore) is ’n manier van kommunikasie wat van vlae gebruik maak. Die sinjalering vind plaas deur een persoon wat twee vlae (of verligte stawe snags) gebruik met die posisies van die vlae wat ’n simbool aandui. Hierdie manier van kommunikasie word primêr deur skeepvaartseingewers gebruik. Hierdie tegniek van sinjalering is in die vroeë 1800’s aangeneem en word steeds in verskeie vorme gebruik, soos op lughawens se parkeer- en aanloopbane.
Die kleure van die vlae kan ook gebruik word om te kommunikeer. ’n Wit vlag beteken gewoonlik oorgawe of vrede, ’n rooi vlag kan gebruik word as ’n waarskuwingsteken en ’n swart vlag kan oorlog beteken of doelgerigtheid om ’n vyand te verslaan.
↑(en)Calvert, J.B. (25 Julie 2004)."Vroeë Spoorwegseine". Universiteit van Denver.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2019. Besoek op7 Oktober 2007.
↑(en)"Vlag van Turkmenistan". Tuisblad van die Republiek van Turkmenistan. 3 Julie 2008. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 1 Maart 2011. Besoek op10 Desember 2009.