Vitruvius:De architectura in 'n handskrif uit die Florentynse Biblioteca Medicea Laurenziana, Plut. 30.10, fol. 1r (15de eeu)
Vitruvius (met volle naamMarcus Vitruvius Pollio, omstreeks 90 tot omstreeks 20 v.C.[1]) was 'nRomeinse argitek, siviele en militêre ingenieur en argitektuurteoretikus in die 1ste eeu v.C. wat bekendheid verwerf het met sy afhandelingDe architectura ("Oor argitektuur") wat uit tien boekdele bestaan en aan keiserAugustus opgedra is.
InDe architectura, die enigste omvattende werk oor Romeinse boukuns wat uit die antieke tydperk oorgelewer is, gee Vitruvius nie net 'n historiese oorsig oor antieke Griekse en Romeinse argitektuur en ingenieurswese nie, maar deel ook sy persoonlike ervarings op dié gebiede met die leser en gee advies daaroor vir hom.