Vitamien C |
---|
 |
 |
Chemie |
---|
|
Chemiese formule | C6H8O6 |
Molêre massa | 176.12 g/mol |
Voorkoms | |
Oplosbaarheid | |
CAS registernommer | 50-81-7 |
Vitamien C is 'n wateroplosbarevitamien. Vitamien C kan ook askorbiensuur genoem word.Skeurbuik is 'nsiekte as gevolg van die gebrek aan vitamien C en het vroeër baie slagoffers geëis. Daar is later ontdek dat die toevoeging vansitrusvrugte tot die menslikedieet die siekte kan voorkom. In1932 is vitamien C uitvoedsel geïsoleer en daar is bewys dat dit die faktor is wat skeurbuik verhoed.
Baie diere, soos byvoorbeeldrotte, kan hul eie vitamien C vervaardig sodat dit nie ‘n voedingsvereiste by hulle is nie. Vitamien C speel 'n belangrike rol in die liggame van diere, hoewel daar nog nie veel oor die presiese meganisme van werking bekend is nie.
By mens en dier speel Vitamine C 'n rol tydens die vorming vankollageen ('nproteïen wat inbindweefsel, been en bloedvatwande aangetref word) en verskaf waarskynlik ook beskerming teeninfeksies. Die vitamien is wateroplosbaar maar nie hittebestand nie enoksideer ook vinnig wanneer dit aan lug blootgestel word, iets wat veral gebeur wanneer voedsel voorberei word. Dit kom veral in varsvrugte engroente, asook in aartappelskille, voor. 'n Mens se daaglikse vitamien C-behoefte is 50 mg en enige inname bokant 75 mg per dag veroorsaak dat die oortollige vitamiene in dieurine uitgeskei word.