Onderwatervideo van visse wat gevoer word'n Vlieënde visGreen Highlander is 'n kunsvlieg wat goed werk vir salm
'nVis is 'nwaterlewendegewerwelde (Latyn:vertebrata)dier metkieue. Die meeste visse is koudbloedig. Daar bestaan meer as 32 000 verskillendespesies visse in diewêreld. Vis is 'n belangrike bron vanproteïen in die dieet van diemens.[1] Teen2001 is vis na raming deur 1 miljard mense as hoofproteïenbron verbruik.[1]
Visse in Suider-Afrika
Suider-Afrika is geseënd met visse as gevolg van sy ligging tussen dieAtlantiese enIndiese oseane en dieSuidelike Oseaan verder suid. Daar kom 2 500spesies voor in Suider-Afrika en 1 800 spesies kom voor op die kontinentale bank reg rondom Suider-Afrika. Hierdie syfer groei jaarliks soos nuwe spesies in die area ontdek word. Sestien persent van die spesies isendemies aan Suider-Afrika.
Slegs 5% van die spesies kom voor in die Atlantiese Oseaan, maar dit is diepelagiese spesies soossardyn,snoek enansjovis wat die kern vorm van die Suid-Afrikaansekommersiële visbedryf. Die spesies wat in die Indiese Oseaan voorkom, is sportvis.[2]
Daar is ongeveer 160 varswater visspesies in Suider-Afrika en baie meer in die res vanAfrika.[3] Spesies sooskarp,baars enforel is nie inheems nie, maar is ingevoer vanaf ander lande en losgelaat inriviere in Suider-Afrika.
Asemhaling
Visse verbruiksuurstof soos alle diere en die meeste visse haal dit uit die water met hulle kieue. Die beskikbare konsentrasie van hierdiegas word egter beperk deur dieparsiële druk in dieatmosfeer (0,2atm) enHenry se konstante. Ook die wind- en golfaksie aan die oppervlak en diefotosintese van dieplante en die fitoplankton is belangrike faktore.[4] Die waarde van die Henry-konstante neem skielik af by hoër temperature. Daar is visse wat meestal in warm, suurstofarme water leef wat spesiale organe het om suurstof uit die lug te haal.
Taksonomie
Al die artikels onder visse onderskryf dietaksonomie vanITIS,[5] dieIntegrated Taxonomic Information System ter wille van eenvormigheid.
Visse word geklassifiseer in die volgende hoofgroepe:
Die meeste visse laat hul saadselle en kuit (eiertjies) in die water los, bevrugting vind uitwendig plaas en ouersorg is in die meeste gevalle afwesig. Die vrylating van die geslagselle word deur 'n aantal meganismes gesinchroniseer.
By sommige spesies laat die wyfies tot 10 miljoen eiers op 'n keer vry. Dit verhoog die moontlikheid van bevrugting, wat op sy beurt meer jong visse die kans gee om volwassenheid te bereik. Die haaimannetjie plaas sy saad deur middel van ʼn gonopodium in die wyfie (inwendige bevrugting). By baie spesies broei die eier binne die wyfie uit en die kleintjie kom lewend te voorskyn (ovovivipaar).
Dit is aangetoon dat kuit (soos sekere plantsade of ongewerweldes) deur middel van endozoökorie kan versprei. Dit beteken dat 'n klein persentasie kuit die opname en uitskeiding deur die spysverteringstelsels van watervoëls oorleef,[6] en visse kan hierdeur afgeleë waterliggame koloniseer. Ook sal die kuit van sekere spesies in droë grond oorleef totdat reëns weer poele vorm.[6]
Evolusie
Oervorme van ware visse is nog redelik onbekend. Die oudste bekende visreste dagteken van 450 miljoen jaar gelede, maar hierdie visse het in daardie stadium reeds uiteenlopende vorme gehad, wat daarop dui dat die diere toe reeds aansienlikeevolusie ondergaan het. 'n Aantalfossiele van die klasPlacodermi het, danksy die dier se swaar pantser, bewaar gebly.
Daar word vermoed dat die kraakbeenvisse uit hierdie klas ontwikkel het en dat die pantser vandag verteenwoordig word deur die klein tandjies (plakoïede skubbe) op die vel van haaie en rôe. DiePlacodermi was tydens veral dieDevoon volop. Saam met spookhaaie (subklasHolocephali) vorm haaie en rôe die klaskraakbeenvisse (Chondrichthyes). Alle ander lewende visse word onder die beenvisse (klasOsteichthyes) geklassifiseer en deur 'n beenskelet gekenmerk.
Hulle het moontlik ontwikkel uit lede van die subklasAcanthodii, wat tydens veral die Devoon volop was. DieAcanthodii was klein visse (slegs enkele sentimeters lank) en het ʼn huidbedekking van ruitvormige skubbe gehad in plaas van die beenplate van diePlacodermi. Twee groepe het in die loop van beenvisevolusie ontstaan; die spiervinniges (subklasSarcopterygii) word vandag deur net dieselakant en ʼn handjievol longvisse verteenwoordig.
Verteenwoordigers van die subklas was waarskynlik die voorouers van dieamfibieë. Die meeste moderne visse behoort tot die straalvinniges (subklasActinopterygii), wat 150 miljoen jaar gelede hul verskyning gemaak het en vandag deur drie infraklasse, dieChondrostei,Holostei enTeleostei verteenwoordig word. DieTeleostei is tans die dominante visorde en ongeveer 25 000 lewende spesies daarvan is bekend.
Vinne vorm die mees kenmerkende eienskappe van 'n vis, saamgestel uitbeenagtige groeisels of strale wat uitsteek uit die liggaam metvel wat hulle bedek en saam aansluit, hetsy op 'n gewebde manier, soos gesien by die meestebeenvisse, of soortgelyk aan 'n swemvin, soos gesien byhaaie. Behalwe die stertvin, het visvinne geen direkte verband met die ruggraat nie, en word net deurspiere ondersteun. Hul hooffunksie is om visse te help swem.
Vinne kom op verskillende plekke aan die vis se liggaam voor en elkeen dien 'n ander doel, soos om die vis vorentoe te beweeg, te draai, in 'n regop posisie te hou of te stop. Die meeste vissoorte gebruik hul vinne om te swem, maarvlieënde visse gebruik selfs hulle borsvinne om te sweef.
Borsvinne
Die gepaardepektorale (bors)vinne is teenwoordig aan die borsdeel, gewoonlik net agter die operkulum, en is homoloog aan die voorbene vanvierpotiges.
'n Eienaardige funksie van die borsvinne, en hoogs ontwikkel by sommige vis, is die skepping van 'n dinamiese opheffingskrag wat 'n paar visse, sooshaaie, help in die handhawing van diepte en wat ook dievlieënde visse in staat stel om te sweef.
By sommige vissoorte is die borsvinne van hulp om te loop, veral die lobagtige borsvinne van 'n paar seeduiwels en dié van dieklimvis (Engels: mudskipper).
Bekkenvinne
Die gepaardebekkenvinne ofpelvisvinne word gewoonlik ventraal onder en agter die borsvinne aangetref. Hulle is homoloog aan die agterbene vanvierpotiges. Die bekkenvinne help die vis om op of af in die water te beweeg, skerp te draai, of vinnig te stop.
Dorsale vin
Dorsale vin van 'n haai
Dorsale vin van 'nLeuciscus cephalus
Dorsale vinne kom op die rug voor. 'n Vis kan tot drie dorsale vinne hê. Dorsale vinne verhoed dat die vis omrol, en is ook van hulp om vinnig te draai of te stop.
Anale vin
Dieanale vin is op die ventrale oppervlak agter dieanus geplaas. Hierdie vin word gebruik om die vis te stabiliseer tydens swem.
Vetvin
Vetvin van 'n forel
Dievetvin is 'n sagte, vlesige vin wat op die rug voorkom, agter die rugvin en net voor die stertvin. Dit is afwesig by baie visfamilies, maar word in dieSalmonidae,Characidae enbabers aangetref. Sy funksie bly 'n raaisel. Navorsing wat in 2014 gepubliseer is, dui daarop dat die vetvin herhaaldelik ontwikkel het in aparte stamlyne.[7]
Koudale vin (stertvin)
Diekoudale vin is die stertvin (uit die Latyncauda, wat stert beteken), wat vir vorentoe-aandrywing gebruik word.
Definisies
Die volgende terme word gebruik om visse en hul omgewing mee te beskryf:
Amfipode: kleinskaaldiertjies met liggaam sydelings afgeplat en sonder 'n karapaks. Dien as voedsel vir visse.
Anale vin: 'n enkele vin agter die anus, net voor die stertvin.
Bekkenvinne: sit agter die borsvin onder die pens voor die anale vin en vorm 'n paar.
Detritus: dooie en verrottende plant- en diermateriaal.
Diadrome vissoorte: vissoorte wat tussen varswater en seewater migreer.
Dieplyf: die vis se lyf is hoër as wat hy lank is.
Kieukamme: een of twee rye uitsteeksels op binnesy van kieuboog, dien om voedsel uit water te filtreer, ook kieuharke genoem.
Operkulum: dekselagtige struktuur wat die opening van sekere slakke seël en teen uitdroging beskerm; ook die kieudeksel by visse wat die kieusplete bedek en beskerm.
Pektorale vinne: borsvinne, sit direk bo of onder kieusplete agter die kop en vorm 'n paar.
Standvisse: visse wat nie migreer na ander gebiede vir teeldoeleindes nie.
Sylyn: lyne van die kop na die stert aan weerskante van die vis, min of meer in die middel van die lyf. Dit dien as 'n sintuig.[8]
Vetvin: 'n verdikte vin sonder strale wat op sommige visse agter die rugvin voorkom.
Bedreigings
Amerikaanse bioloë inNoord-Carolina versamel weefselmonsters van 'n skaars varswatervis, en merk dit met 'n identifikasieskyfie. Die bevolking word kunsmatig ondersteun om te voorkom dat dit op die lys van bedreigde spesies beland.
Varswatervis tel onder die mees bedreigdegewerweldes.[9] Hul bevolkings word benadeel deur die modifikasie, fragmentasie,besoedeling en vernietiging van hulhabitat, benewensindringerspesies,oorbevissing, bosbrande,[10]bosbou- ofontbossingspraktyke enklimaatsverandering. Onder menslike invloed isbiodiversiteit, insluitend visdiversiteit invarswater, aan verskillende skadelike faktore uitgelewer, sodat die volle impak aan hul sinergetiese wisselwerking toeskryfbaar is.[9] By seevis kan 'n skielike daling in watertemperatuur baie vrektes veroorsaak. Weersomstandighede aan die suidooskus van Suid-Afrika sal soms koue water na die oppervlak bring en verskillende spesies, insluitend haaie en mantas, kan dit nie oorleef nie.[11][12] Oorbevissing van Namibië sesardyne het byvoorbeeld 'n ineenstorting van die bevolking meegebring, benewens skade aan die ekostelsel. Jaarlikse vangste van 'n geskatte 11 miljoen ton in die 1960's het met 99,5% tot slegs 50 000 ton in 2015 gedaal, terwyl seevoëlgetalle weens die tekort aan hul energieryke voedingsbron gelyktydig getuimel het.[13] In 2017 is 'n Namibiese visserykwota ook benut vir 'n politieke kampanje.[14]