Verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs) (Engels:Aids), as gevolg van 'n besmetting met diemenslike immuniteitsgebreksvirus (MIV), is 'n sindroom wat dieimmuunstelsel aanval en geleidelik vernietig. Pasiënte met 'n verswakte immuunstelsel is uiters vatbaar vir sekondêre (of opportunistiese) infeksies, en 'n bepaalde kombinasie van hierdie infeksies word as die sindroom vigs gedefinieer.
'n Elektronmikrogram van MIV-1 wat besig is om vanuit 'n gekultiveerde limfosiet te bloei
MIV-infeksies word meestal deurseksuele omgang oorgedra, alhoewel die eerste vigslyers inAfrika dievirus, wat oorspronklik net byape voorgekom het, vermoedelik deur die vertering van aapvleis opgedoen het.
Tans is daar geenmedisyne om vigslyers te genees nie, tog het die behandeling van MIV-positiewe lyers met 'n kombinasie vanantiretrovirale middels hul lewenskwaliteit verbeter, en kan die aanvang van vigs deur bepaalde middels uitgestel word.
Vigs skep groot probleme in gebiede waar 'n kombinasie van bepaalde faktore optree, soos byvoorbeeld die hantering van seksualiteit as 'n taboe-gelaaide onderwerp waarmee mense nie graag vrylik wil omgaan nie; sorgeloosheid ten opsigte van seksuele omgang, maar ook seksuele verdrukking vanvroue en minderheidsgroepe soosgay mans wat aanleiding gee tot die afwysing van moontlike veiligheidsmaatreëls (onder meer veiliger seks en die gebruik vankondome);prostitusie; veelvuldige, anonieme seksuele omgang;armoede;onhigiëniese toestande enregerings wat nie oor die finansiële middele of die politieke wilskrag beskik om geskikte maatreëls teen die uitbreiding van die siekte te tref nie.
Suid-Afrika is een van die lande waar hierdie kombinasie van nadelige faktore tot 'nvigspandemie gelei het, en volgens skattings is vyf miljoen Suid-Afrikaners tans met die MI-virus besmet.
Sommige ondernemings word meer ernstig deur die epidemie geraak. Sekere werkers soostrekarbeiders in dielandboubedryf enmynbou kan byvoorbeeld maklik vervang word indien hulle sousterf. Indien hierdie werkers nie baie belangrik vir die onderneming is nie, sal die betrokke sektor nie baie skade lei nie.
In ander sektore kan die situasie heelwat anders daar uitsien. Ondernemings in ander sektore kan baie ernstig geraak word, self al is daar 'n lae voorkoms van vigs. Indien die werkers by afsterwe moelik is om te vervang, kan dit ernstige gevolge vir die onderneming inhou. Die finansiële sektor is 'n voorbeeld hiervan omdat dit spesialisvaardighede van werknemers verg. Hierdie sektor het baie hoogs opgevoede en ervare werknemers in belangrike posisies.