DieVier Edel Waarhede is die waarhede van die edeles wat sentraal tot die leerstellings vanBoeddhisme is: hierdie wêreldse bestaan is basies onbevredigend, maar daar is ’n pad na bevryding van die siklus van geboorte en die dood.
In diesoetras het die vier waarhede beide ’n simboliese as ’n aanloklike funksie. Hulle verteenwoordig die ontwaking en bevryding van dieBoeddha, maar ook die moontlikheid van bevryding vir alle mense omdat dit beskryf hoe verlossing vanlyding behaal kan word.
Baie Boeddhistiese onderwysers hou dié waarhede voor as die essensie van Boeddhistiese leringe, maar hul belangrikheid het mettertyd ontwikkel en ander, ouer leringe vervang oorprajna (wysheid) of bevrydende insig.[1][2]
Die waarhede is soos volg:
- Die waarheid van dukkha, of die aard daarvan
- Die waarheid van die oorsprong van dukkha
- Die waarheid van die beëindiging van dukkha
- Die waarheid van die weg wat lei tot die beëindiging van dukkha
Dukkha word gewoonlik vertaal as lyding, angstigheid, onvoldoendheid ens. en het drie aspekte:
- Die ooglopende lyding van fisieke of geestelike siektes, veroudering en afsterwing
- Die angstigheid of stres van vashou aan dinge wat voortdurend verander
- ’n Subtiele ontevredenheid wat alle lewensvorme ervaar weens die feit dat alle lewensvorme verander, en deeltyds en sonder kern of inhoud is. Op dié vlak dui die term op ’n gebrek aan tevredenheid, ’n gevoel dat dinge nooit aan ons verwagtings of standaarde voldoen nie.
Die oorsprong van dukkha kan bekend wees. Dit word gewoonlik verduidelik as begeertes (Pali:tanha, "dors"), bepaal deur onkunde (Pali:avidya). Op ’n dieper vlak word die grondoorsaak van dukkha beskou as onkunde oor die ware aard van sake.
Daar is egter ’n manier om dukkha te beëindig. Dit kan onder meer behaal word deur dieEdel Agtvoudige Pad.
- Bronkhorst,Johannes(1993),The Two Traditions Of Meditation In Ancient India,Motilal Banarsidass Publ.
- Anderson,Carol(1999),Pain and Its Ending: The Four Noble Truths in the Theravada Buddhist Canon,Routledge