Victorialand is 'n streek vanAntarktika wat aan die westelike kant van dieRosssee en die Ross ysbank grens, dit strek suidwaarts van sowat 70°30'S tot 78°00'S, en weswaarts van die Rosssee tot die rand van die Antarktiese Plato. Dit is ontdek deur KapteinJames Clark Ross in Januarie 1841 en is vernoem naKoningin Victoria.[1] Die rotsagtige landpunt van Minna Bluff word dikwels beskou as die mees suidelike punt van Victorialand, en skei die Scott Kus na die noorde van dieHillary Kus van dieRoss-Afhanklikheid na die suide.
Die streek sluit in reekse van dieTransantarktiese Berge en die McMurdo Droë Valleie (die hoogste punt is Abbott Berg in die Noordelike Voetheuwels), en die vlaktes bekend as die Labirint. Vroeë ontdekkingsreisigers van Victorialand sluit in James Clark Ross en Douglas Mawson.[2]
↑ "Victoria Land". The Columbia Encyclopedia, Sixth Edition. (2001). Columbia University Press. URL besoek op 2008-01-26.Geargiveer 11 Februarie 2006 opWayback Machine