![]() | |
Volledige naam | Verein für Bewegungsspiele Homberg e. V. |
Stigtingsdatum | 1889 |
Tuisveld | PCC-stadion, Duisburg |
Kapasiteit | 3 000 |
Kompetisie | Oberliga Noord-Ryn |
VfB Homberg is 'nsportklub uitDuisburg in diedeelstaatNoord-Rynland-Wesfale inDuitsland, veral bekend vir sysokkerafdeling.Homberg is 'n stadsdeel van Duisburg. Behalwe sokker, het die klub ook 'nhandbalafdeling.
Die huidige klub het in1969 ontstaan met die samesmelting vanHomberger Spielverein 1903 enSportvereinigung Hochheide 1889/1919.
Sportvereinigung Hochheide 1889/1919 was 'n samesmelting tussen 'ngimnastiek- en sokkervereniging wat tot dieTweede Wêreldoorlog veral roem met sy handbalafdeling verwerf het.
Homberger Spielverein 1903 is oorspronklik in1901 gestig asTeutonia Homberg. Die klub het in1903 sy naam verander naHomberger Spielverein 1903. Die klubPreußen 08 Homberg het in1910 by die klub aangesluit. Die klub het in die 1920’s op die hoogste vlak gespeel en ook in die 1930’s 'n paar seisoene in dieGauliga Neder-Ryn deurgebring.
In1953 het die klub die eindstryd van dieDuitse Amateurkampioenskap gehaal, maar voor 30 000 toeskouers met 2-3 teenSSG 09 Bergisch Gladbach verloor. 'n Verdere hoogtepunt was toe die klub in1964 'n seisoen in dieRegionalliga Wes deurgebring het.
|
|