Vette sluit 'n groot groep organiese materie in wat ook in die mens se normale dieet voorkom.
Struktuurformule van 'ntrigliseried. 1. Dieblou vetsuurketting is versadig: dit bevat geen dubbele of drievoudige bindings nie. 2. Diegroen enrooi vetsuurkettings is onderskydelik enkelvoudig en drievoudig onversadig, met alle dubbelbindinge in diecis-konfigurasie. 3. Inswart is 'n veresterde gliserol herkenbaar.
Vette vorm 'n uitgebreide groep van organiese verbindings wat almal uit trigliseriede bestaan. Dit is 'nester bestaande uit gliserol, 'n drie-funksionelealkohol en drie vetsuurgroepe. Die soort vet word bepaal deur die vetsuur wat aanwesig is en die ander deel wat dan nie-verseepbare bestanddele bevat. Vette is gewoonlik onoplosbaar inwater, omrede die aanwesigheid van die nie-polêre koolstofbindings.
Vet is 'n belangrike verskaffer van essensiële vetsure, wat onontbeerlik is vir die liggaam om nuweselle te vorm. Dit is verder nodig aangesienVitamien A,D,E enK vetoplosbaar is en hul absorpsie in die liggaam slegs kan plaasvind waar genoegsame vette teenwoordig is.
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.