Vermensliking (ookpersonifikasie of die minder gebruikteantropomorfisme) verwys na enige toekenning vanmenslike eienskappe (of karaktereienskappe wat aangeneem word slegs aan mense toegeskryf kan word) aan nie-menslikediere, nie-lewende dinge, verskynsels, voorwerpe of ontasbare voorstellings (soos geeste of godhede). Diere enplante asook natuurkragte sooswind,reën of dieson kan as skepsels met menslike beredeneringsvermoë of spraak uitgebeeld word.
Personifikasie toon 'n sterk ooreenkoms met dievergelyking, maar veral met diemetafoor. Personifikasie is eintlik maar 'n vorm van die metafoor, maar met die bykomende eienskap dat wat ook al gemetaforiseer word, eintlik vermenslik word.