Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Vergilius

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vergilius
Uitbeelding van Vergilius, 3de eeu ("Monnus-Mosaïek", Rheinisches Landesmuseum, Trier)
Uitbeelding van Vergilius, 3de eeu ("Monnus-Mosaïek", Rheinisches Landesmuseum, Trier)
GeborePublius Vergilius Maro
15 Oktober 70 v.C.
nabyMantua,Gallia Cisalpina,Romeinse Republiek
Sterf21 September19 v.C. (op 50)
Brundisium,Italia,Romeinse Ryk
BeroepDigter
NasionaliteitRomeins
GenreEpiese digkuns, didaktiese digkuns, herdersdigkuns

Publius Vergilius Maro (15 Oktober 70 v.C. – 21 September 19 v.C.), of netVergilius, was ’nAntieke Romeinse digter uit dieAugustynse era. Hy is bekend vir drie belangrikeLatynse letterkundewerke, dieEclogae, dieGeorgica en dieeposEneïde. ’n Aantal kleiner gedigte, saamgevat in dieAppendix Vergiliana, word ook soms aan hom toegeskryf.

Vergilius word tradisioneel as een vanRome se vernaamste digters geag. SyEneïde word al vandat dit neergepen is tot vandag beskou as dieRomeinse nasionaleepos en is geskoei op die lees vanHomeros seIlias enOdussee. Dit volg dieTrojaanse vlugtelingEneas in sy stryd ter vervulling van sy roeping en sy aanland opItaliaanse bodem – volgens dieRomeinse mitologie die stigting vanRome. Vergilius se werke het ’n wye en groot invloed opWesterse letterkunde. Dit kan vernaamlik opgemerk word inDante seGoddelike Komedie, waarin Vergilius verskyn as Dante se gids deur diehel envaevuur.

Lewe en nalatenskap

[wysig |wysig bron]

Geboorte en biografiese oorlewering

[wysig |wysig bron]

Vergilius se biografiese oorlewering is na bewering gegrond op die verlore biografie deur Varius, Vergilius se redigeerder, wat opgeneem is inSeutomius se biografie, asook die kommentaar vanServius enDonatus. Servius en Donatus was die twee belangrikste kommentators op Vergilius se digkuns. Hoewel die kommentaar sonder twyfel heelwat feitelike inligting oor Vergilius bevat, bestaan daar tog bewyse dat gesteun is op gevolgtrekkings gemaak vanuit sy digkuns en allegorie. Sy biografiese oorlewering bly dus ’n tameletjie.[1]:1602

Volgens hierdie oorlewering is Vergilius op die dorpie Andes nabyMantua[2] inGallia Cisalpina gebore.[3]

Die ontleding van sy naam het gelei tot die idee dat hy van vroeëre Roomse setlaars afstam.Macrobius noem dat Vergilius se pa van eenvoudige agtergrond was. Moderne geleerdes dink egter eerder dat Vergilius uit ’n Roomse adellike familie kom wat grondeienaars was en sodoende ’n goeie opvoeding kon bekostig. Hy het skoolgegaan in Cremona, Mediolanum,Rome enNapels. Hy het daarna ’n kortstondige loopbaan in die regte enretoriek gevolg voordat hy hom tot die digkuns gewend het.[4]

Vroeë werke

[wysig |wysig bron]

Volgens kommentators begin Virgilius se opvoeding op vyfjarige ouderdom en is hy later na Cremona, Milaan en teen die einde na Rome. Daar wy hy hom toe in die retoriek,geneeskunde ensterrekunde, hoewel hy laasgenoemde gou verruil virfilosofie. Uit Vergilius se bewonderende verwysings na die neoteriese skrywers Pollio en Cinna kan afgelei word dat hy vir ’n tyd lank geassosieer is metCatullus se neoteriese kring. Skoolmaats beskryf hom, volgens Servius, as baie skaam en hy kry die bynaam "Parthenias" of "meisie" as gevolg van sy sosiale gereserveerdheid. Dit blyk dat Vergilius sy hele lewe lank gesukkel het met swak gesondheid en in ’n mate die lewe van ’n invalide gelei het. Volgens die "Catalepton" het hy in Napels, in dieEpikuristiese skool van Siro die Epikuris, begin om poësie te skryf. ’n Versameling werke wat deur kommentators aan ’n jeugdige Vergilius toegeskryf word, het saam behoue gebly onder die titelAppendix Vergiliana. Dit word egter grootliks deur geleerdes beskou as nagemaak. Een hiervan, dieCatalepton, bestaan uit veertien kort gedigte,[1]:1602 waarvan sommige Vergilius s’n kan wees, en ’n ander kort narratiewe gedig,Culex ("Die Muggie"), is al in die 1ste eeu n.C. aan hom toegeskryf.

DieEclogae

[wysig |wysig bron]
’n Bladsy uit dieEclogae in die 5de-eeuseVergilius Romanus

In biografiese oorlewering word daarop aanspraak gemaak dat Vergilius in 42 v.C. aan die heksametrieseEclogae begin werk het. Daar word verder beraam dat die versameling werke rondom 39-38 v.C. gepubliseer is, hoewel die datums betwis word. Hierdie aanspraak word deesdae as ongegronde afleidings uit dieEclogae beskou.[1]:1602

DieEclogae (van die Grieks vir "seleksies") bestaan uit ’n groep van 10 gedigte wat rofweg geskoei is op die bukoliese heksametriese digkuns ("herdersdigkuns") van die Hellenistiese digterTheokritos. Ná sy oorwinning in dieSlag van Filippi in 42 v.C. teen ’n weermag wat gelei is deurJulius Caesar se sluipmoordenaars, poogAugustus om sy veterane af te koop met grond wat hy onteien het van dorpe in die noorde vanItalia. Volgens tradisie sluit dit onder meer ’n landgoed in naby Mantua wat aan Virgilius behoort. Die verlies van sy familieplaas en ’n poging om die grond met poëtiese vertoë terug te wen, word tradisioneel beskou as Vergilius se dryfkrag agter die samestelling van dieEclogae. Tans word dit egter as ’n ongesteunde afleiding gesien, gemaak uit interpretasies vanuit dieEclogae.

In dieEclogae 1 en 9 dramatiseer Vergilius wel met herdersidioom die kontrasterende gevoelens wat veroorsaak word deur die brutaliteit van hierdie grondonteienings – hy lewer egter geen onbetwisbare bewys van die sogenaamde biografiese gebeurtenis nie. Hoewel sommige lesers die digter identifiseer met verskeie karakters en hul wisselvalligheid -- of dit nou ’n ou landbewoner se dankbaarheid is teenoor ’n nuwe god (Ecl. 1), of die gefrustreerde liefde van ’n plattelandse sanger vir ’n seun wat ver is (Ecl. 2), of selfs ’n meestersanger se aanspraak op die komposisie van verskeieeclogae -- verwerp hedendaagse akademici grotendeels sulke pogings om biografiese detail uit werke van fiksie af te lei. Dit is verkieslik om die outeur se karakters en temas te interpreteer as illustrasies van die kontemporêre lewe en diskoers.

Die tienEclogae bestaan uit tradisionele herderstemas met ’n vars perspektief. Eclogea 1 en 9 gaan oor die grondonteiening en die gevolge daarvan op die Italiaanse platteland. 1 en 3 is erotiese herdersdigte en gaan oor homoseksuele liefde (Ecl. 2) en aangetrokkenheid tot albei geslagte (Ecl. 3).Eclogae 4, die sogenaamdeMessiaanse Eclogae, wat opgedra is aan ’n mededigter, Gaius Asinius Pollio, gebruik beelde van die goue era in verband met die geboorte van ’n kind (wie die kind veronderstel is om te wees, is onbekend). 5 en 8 beskryf die mite vanDafnis in ’n sangkompetisie en 6 die kosmiese en mitologiese lied vanSilenos. 7 is ’n driftige poësiekompetisie en 10 die lyding van die kontemporêre elegiese digter Gaius Cornelius Gallus.

DieGeorgica

[wysig |wysig bron]
Georgica Boek III, Skaapwagter met trop, Vergilius Romanus.

’n Tyd ná die publikasie van dieEclogae (waarskynlik voor 37 v.C.)[1]:1603 word Vergilius deel vanGaius Maecenas se sfeer. Hy wasOktavianus se bekwame agent wat probeer het om simpatie virMarcus Antonius onder die vername families teen te werk deur Roomse letterkundige persoonlikhede na Oktavianus se kant oor te wen. In die proses leer Vergilius baie ander belangrike letterkundige persoonlikhede van die tyd ken -- insluitendHoratius, wie se digkuns hy gereeld noem,[5] en Varius Rufus, wat later help met die afhandeling van dieEneïde.

Op Maecenas se aandrang (volgens oorlewering) bestee Vergilius die daaropvolgende jare (moontlik 37-39 v.C.) aan die lang didaktiese heksametergedigGeorgica (Grieks vir "om die grond te bewerk"). Hy dra die werk op aan Maecenas. Die oënskynlike tema van dieGeorgica is instruksies vir metodes om ’n boerdery te bestuur. Vergilius volg, met die hantering van dié tema, in die didaktiese spore van die Griekse digterHesiodos seWerke en dae asook die verskeie werke van latere Hellenistiese digters. Die vier boeke van dieGeorgica fokus onderskeidelik op graanverbouing en bosbou (1 en 2); vee- en perdeteelt (3); en byeboerdery en die kenmerke van bye (4). Bekende gedeeltes sluit in die geliefdeLaus Italiae uit Boek 2, die beskrywing van die tempel in Boek 3 se voorwoord en die beskrywing van die plaag aan die einde van Boek 3. Boek 4 sluit af met ’n lang mitologiese narratief in die vorm van ’n epyllion (epos in die klein), wat die ontdekking van byeboerdery deurAristaios en die storie vanOrfeus se reis na die onderwêreld duidelik beskryf. Antieke geleerdes soos Servius veronderstel dat die deel oor Aristaios ’n lang gedeelte in die ophemeling van Vergilius se vriend, die digter Gallus, vervang. Gallus is deur Augustus in oneer gebring en het in 26 v.C. selfmoord gepleeg.

Die toon in dieGeorgica wissel tussen optimisme en pessimisme, en dit het kritieke debat ontlok oor die digter se bedoelings.[1]:1605 Die werk lê egter die grondslag vir latere didaktiese digkuns. Daar word gesê Vergilius en Maecenas het beurte gemaak om dieGeorgica aan Oktavianus voor te lees ná sy terugkeer en oorwinning oor Antonius enCleopatra in dieSlag van Actium in 31 v.C.

DieEneïde

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Eneïde.
Eneas stel sy seun Ascanius voor aan koninginDido vanKartago (Tiepolo).

DieEneïde word algemeen as Vergilius se beste werk beskou en word gesien as een van die belangrikste gedigte in die geskiedenis van Westerse letterkunde. Hy werk gedurende die laaste elf jaar van sy lewe aan dieEneïde, volgens Propertius, in opdrag van Augustus.[6]Die epos bestaan uit 12 boeke in daktiliese heksameter en beskryf die reis vanEneas (’n kryger op vlug na die verwoesting vanTroje in dieTrojaanse Oorlog) na Italië, sy geveg met die Italiaanse prins Trunus en die lê van ’n stad se fondamente waaruit Rome sou ontwikkel. Die eerste ses boeke van dieEneïde beskryf Eneas se reis van Troje na Rome. Vergilius maak van verskeie modelle gebruik in die samestelling van hierdie epos;[1]:1603 die invloede van die voortreflike klassieke epiese digterHomeros kan oral gevind word, maar Vergilius is ook beïnvloed deur die Latynse digterEnnius en die Hellenistiese digterApollonios van Rhodos. Hoewel dieEneïde duidelik ’n epos is, poog die werk om diegenre te verbreed deur die insluiting van elemente uit ander genres soos die tragedie en etiologiese poësie. Antieke kommentators merk op dat dit voorkom of Vergilius dieEneïde in twee dele opbreek in navolging van Homeros se werk. Die eerste ses boeke, so word gegis, kan met dieOdussee vergelyk word en die laaste ses met dieIlias.[7]

Boek 1[8] (met die aanvang van die Odusseïese gedeelte) begin met ’n storm watJuno, Eneas se vyand regdeur die gedig, oor die vloot laat woed. Die storm dryf die held tot aan dieKartaagse kus, tradisioneel Rome se dodelikste vyand. Die koningin,Dido, verwelkom die voorvader van die Romeine en raak onder invloed van die gode verlief op hom. Tydens die banket in Boek 2 vertel Eneas aan die betowerde Kartagers die storie van die verwoesting van Troje, sy vrou se dood en sy ontsnapping. In Boek 3 deel hy sy swerftogte oor dieMiddellandse See heen op soek na ’n gepaste nuwe tuiste.Jupiter roep die talmende Eneas in Boek 4 terug na sy plig om ’n nuwe stad te vestig. Hy glip weg uit Kartago, waarna Dido Eneas vervloek, wraak sweer enselfmoord pleeg in ’n simboliese voorsmaak van die fel oorloë tussen Kartago en Rome. In Boek 5 sterf Eneas se pa, Anchises, en word hy in begrafnisspele gevier. Nadat EneasCumae in Italië bereik in Boek 6, raadpleeg hy die Cumeense Sibille wat hom na dieonderwêreld begelei. Hier ontmoet hy die afgestorwe Anchises en dié openbaar aan hom Rome se lot.

Boek 7 (die begin van die Iliasgeskoeide helfte) skop af met ’n rede aan die muse asook ’n melding van Eneas se aankoms in Italië en verlowing aan Lavinia, dogter van koning Latinus. Lavinia is reeds aan Turnus, koning van die Rutuliërs, beloof en hy word tot ’n oorlog aangespoor deur diewraakgodin Alekto en Lavinia se ma, Amata. In Boek 8 tree Eneas in ’n bondgenootskap met koning Euandros, wat die toekomstige ligging van Rome beset, en kry nuwe wapenrusting asook ’n skild wat die Roomse geskiedenis uitbeeld. Boek 9 teken die aanslag van Nisus en Euryalus op die Rutuliërs aan, Boek 10 die dood van Euandros se jong seun Pallas en Boek 11 die dood van Camilla die Volskiese krygerprinses, asook die besluit om die oorlog te beklink met ’n tweegeveg tussen Eneas en Turnus. DieEneïde sluit af in Boek 12 met die oorname van Latinus se stad, die dood van Amata, Eneas se oorwinning en doodmaak maak Turnus, wie se pleidooi om genade geïgnoreer word. Die boek sluit af met die uitbeelding van Turnus se siel wat weeklaag op sy vlug na die onderwêreld.

Ontvangs van dieEneïde

[wysig |wysig bron]
Vergilius wat dieEneïde voorlees aan Augustus, Octavia en Livia. Deur Jean-Baptiste Wicar, Art Institute of Chicago

Kritici van dieEneïde fokus op ’n verskeidenheid kwessies.[1]:1605-6 Die gedig se stemming as geheel is ’n spesifieke kwessie vir bespreking; sommiges beskou die gedig as pessimisties en polities ondermynend tot die Augustynse regime, terwyl ander weer dink die gedig is ’n viering van die nuwe imperiale dinastie. Vergilius maak gebruik van die Augustynse regime se simboliek, en sommige geleerdes trek ’n duidelike lyn tussen Augustus en Eneas, die een as grondlegger en die ander nuwe as stigter van Rome. ’n Sterk dryfveer na ’n klimaks is in die gedig te bespeur. DieEneïde is vol profesieë oor Rome se toekoms, Augustus se dade, sy voorgeslagte, bekende Romeine en diePuniese Oorloë. Eneas se skild beeld selfs Augustus se oorwinning uit byActium oorMarcus Antonius enCleopatra in 31 v.C. ’n Verdere rigting van ondersoek lê in Eneas se karakter. Asprotagonis blyk dit dat Eneas konstant weifel tussen sy emosies en verbintenis tot sy profetiese plig as grondlegger van Rome. Kritici noem Eneas se verlies oor sy emosies in die laaste gedeelte van die gedig waar die "vroom" en "regverdige" Eneas Turnus genadeloos afslag.

Dit blyk dat dieEneïde ’n groot sukses was. Daar word genoem dat Vergilius Boek 2, 4 en 6 aan Augustus voorgelees het.[1]:1603 Boek 6 laat blykbaar Augustus se suster Octavia flou val. Hoewel die egtheid van die bewering onderhewig is aan akademiese skeptisisme, dien dit tog as basis vir latere kuns soos byvoorbeeld Jean-Baptiste Wicar seVirgilius se voorlees van die Eneïde.

Ongelukkig is sekere versreëls in die gedig nie voltooi nie en was die gedig in sy geheel ongeredigeer met Vergilius se dood in 19 v.C.

Vergilius se dood en redigering van dieEneïde

[wysig |wysig bron]

Volgens oorlewering reis Vergilius naGriekeland in 19 v.C. om dieEneïde te wysig. Nadat hy Augustus in Athene ontmoet en besluit om huiswaarts te keer, ontwikkel Vergilius koors op ’n besoek aan ’n dorpie nabyMegara. Uitgemergel deur sy siekte, sterf Vergilius op 21 September 19 v.C. in die hawe van Brundisium ná sy reis na Italië per skip. Augustus gee opdrag aan Vergilius se literêre eksekuteurs, Lucius Varius Rufus en Plotius Tucca, om nie sy wense na te kom en die gedig te verbrand nie. Dit moet met so min as moontlik redaksionele verandering gepubliseer word.[9]

Die gevolg hiervan is dat die bestaande teks van dieEneïde foute bevat wat Vergilius van plan was om voor publikasie te redigeer. Die enigste ooglopende tekortkominge is ’n paar versreëls wat metries onvoltooid gelaat is (bv. ’n onvolledige reël indaktilieseheksameter). Ander beweerde tekortkominge of foute kan akademies oor gedebatteer word.

Latere sienings en ontvangs

[wysig |wysig bron]

In die Oudheid

[wysig |wysig bron]
’n 3de-eeuse Tunisiese mosaïek van Vergilius wat tussen Klio en Melpomene sit.

Vergilius se werke het bykans vanaf publikasie Latynse poësie hervorm. DieEclogae,Georgica en veral dieEneïde het standaardtekste in skoolleerplanne geword waarmee alle opgevoede Romeine bekend was. Digters wat Vergilius volg, verwys dikwels intertekstueel na sy werke om betekenis aan hul eie poësie te gee. Die Augustynse digterOvidius parodieer die openingsreëls van dieEneïde in syAmores 1.1.1-2 en sy opsomming van Eneas se verhaal in Boek 14 van dieMetamorfoses, die sogenaamdemini-Eneïde. Dit word beskou as ’n uitsonderlik belangrike voorbeeld van ’n post-Vergiliaanse antwoord op die epiek.Lucanus se epos, dieBellum Civile, is al beskou as ’n anti-Vergiliaanse epos wat wegdoen met die goddelike meganisme, historiese gebeure behandel en drasties afwyk van Vergiliaanse epiekpraktyk. Die Flaviese digterStatius kom na aan Vergilius se poësie in sy 12-boek-eposTebaïs. Hy sê in sy epiloog sy gedig "probeer nie die goddelikeEneïde ewenaar nie, maar volg eerder op ’n eerbiedige afstand in sy voetspore".[10]

Silius Italicus was een van Vergilius se vurigste aanhangers. Hy verwys met omtrent elke versreël in sy eposPunica na Vergilius. Dit is algemeen bekend dat hy Vergilius se graftombe gekoop en die digter aanbid het.[11] Die magiese vermoëns van ’n siener is in die latere oudheid aan Vergilius toegeken, gedeeltelik vanweë die sogenaamde "Messiaanse" Vierde Eclogae. Dit is later wyd vertolk as dat dit diegeboorte van Jesus voorspel het. DieSortes Vergilianae, die proses waarby Vergilius se poësie as goddelike middel aangewend word, is inHadrianus se tyd begin en duur voort tot in die Middeleeue. In dieselfde gees geeMacrobius in sySaturnalia Vergilius se werke die eer dat dit die beliggaming van menslike kennis en ondervinding is – ’n weerspieëling van die Griekse begrip vanHomeros.[1]:1603

Ook in die Oudheid is kommentaar op Vergilius se werk gelewer.Servius, ’n kommentator uit die 4de eeu v.C., baseer sy werk op die kommentaar vanDonatus. Servius se kommentaar verskaf ’n groot hoeveelheid inligting oor Vergilius se lewe, bronne en verwysingsraamwerk. Heelwat hedendaagse geleerdes dink egter die wisselende gehalte en soms eenvoudige vertolkings van Servius se werk is frustrerend.

Laat Oudheid en Middeleeue

[wysig |wysig bron]
Phlegias saam metDante en Vergilius, gekleurde ruit in Museo Poldi Pezzoli inMilaan.

Selfs met die ineenstoring van die Wes-Romeinse Ryk het geletterde persone erken Vergilius was ’n meesterdigter.Gregorius van Tours het Vergilius gelees en in verskeie plekke aangehaal saam met ander Latynse digters. Hy waarsku egter dat "ons nie te veel na hul leuenagtige fabels moet verwys en sodoende tot die ewige dood veroordeel word nie".

DieEneïde het ook in dieMiddeleeue sy status as die groot epos van die Latynse wêreld behiu.Dante maak Vergilius sy gids in die hel en die grootste deel van die vaevuur in syGoddelike komedie. Hy noem Vergilius ook inDe vulgari eloquentia, saam met Ovidius, Lucanus en Statius, as een van die vierregulati poetae (ii, vi, 7). DieVergilius Augusteus,Vergilius Vaticanus enVergilius Romanus tel onder die bekendste oorblywende manuskripte van Vergilius se werke.

Legendes

[wysig |wysig bron]
Vergilius in sy Mandjie, Lucas van Leyden, 1525

In die Middeleeue is Vergilius se reputasie van so ’n aard dat dit legendes ïnspireer wat hom met profesie en magie verbind. In die 3de eeu n.C. al interpreteer ChristendenkersEclogae 4, die geboorte van ’n seun wat die goue era inlyf, as ’n voorspelling van die geboorte van Jesus. Vervolgens word Vergilius in dieselfde lig geplaas as die Bybelse profete, iemand wat die Christendom inlui.[12]:xxxiv–xxxv

Moontlik in die 2de eeu n.C. al word daar magiese eienskappe aan Vergilius se werke geheg en word dit gebruik virwiggelary. Met wat bekend geword het as dieSortes Vergilianae, word gedeeltes lukraak gekies en vertolk om vrae te beantwoord.[12]:xxxiv, 829–830 In die 12de eeu ontstaan ’n tradisie rondomNapels, wat met verloop van tyd oor die heleEuropa versprei, waarin Vergilius as ’n groot towenaar beskou word. Legendes oor Vergilius en sy magiese kragte bly langer as 200 jaar gewild, stellig net so gewild soos sy skryfwerk.[12]:xxxiv

Vergilius se nalatenskap in MiddeleeuseWallis is van so ’n aard dat die Walliese weergawe van sy naam,Fferyllt ofPheryllt, ’n generiese term word vir towenaar. Die moderne Walliese woord virapteker,fferyllydd, is nog ’n oorblyfsel hiervan.[12]:101-102

Die legende vanVergilius in sy mandjie ontstaan in die Middeleeue en word gereeld in kuns en letterkunde beskou as deel van die herhaalde motief "die mag van vroue". Dit beeld die ontwrigtende invloed van vroulike bekoring op mans uit. In hierdie storie raak Vergilius verlief op ’n beeldskone vrou, soms beskryf as die keiser se dogter of minnares genaamd Lucretia. Sy maak of sy saamspeel en gee toestemming tot ’n ontmoeting by haar huis. Hy moet in die nag inglip deur in ’n groot mandjie te klim wat deur ’n venster laat sak word. Die mandjie word egter net halfpad teen die muur opgehys en daar gelos tot die volgende dag, en so word Vergilius aan die openbare bespotting oorgelaat. Van die kunstenaars wat die toneel uitgebeeld het, is Lucas van Leyden. Hy het ’n houtsnee en later ’n gravure gemaak.[13]

Vergilius se grafkelder

[wysig |wysig bron]
Vergilius het blykbaar self die inskripsie op sy grafkelder geskryf:Mantua me genuit, Calabri rapuere, tenet nunc Parthenope. Cecini pascua, rura, duces ("Mantua het my gebaar, die Kalabriërs het my weggeraap, nou hou Napels my vas. Ek het van weivelde, die platteland en leiers gesing.")

Die struktuur wat bekend staan as "Vergilius se grafkelder" kan gevind word by die ingang na ’n antieke Romeinsetonnel (bekend asgrotta vecchia) in Parco di Virgilio in Piedigrotta. Dit is ’n distrik 3 km buite die ou Napels naby die hawe van Mergellina op die pad kuslangs noord na Pozzuoli. (Die terrein bekend as Parco Virgiliano is ’n ent verder wes langs die kus.)

Hoewel Vergilius reeds voor sy dood literêre bewondering en eerbied ingeboesem het, is sy naam in die daaropvolgende eeue gekoppel aan wonderbaarlike kragte en word sy grafkelder die eindbestemming virpelgrimstogte en verering. Dit word ook genoem dat die digter self die grot gemaak het met die verbete krag van sy intense blik.

Spelling van die naam

[wysig |wysig bron]

Teen die 4de of 5de eeu n.C. is die oorspronklike spellingVergilius inVirgilius verander, en daarna het die nuwe spelling na die moderne Europese tale versprei.[14] Die fout het voortgeduur, al het die klassieke geleerde Poliziano al in die 15de eeu getoon dat Vergilius die oorspronklike spelling is.[15]

Vandag word dieEngelse spellingsVergil enVirgil albei aanvaar.[16]

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,31,41,51,61,71,8Don Fowler (1996), 'The Oxford Classical Dictionary (3 ed.), Oxford 
  2. Die epitaaf op sy graf in Posolipo naby Napels luiMantua me genuit; Calabri rapuere; tenet nunc Parthenope. Cecini pascua, rura, duces ("Mantua het aan my geboorte geskenk, Kalabrië het my weggevoer en nou hou Napels my vas; Ek het gesing van weivelde (Bucolica), die land (Georgica) en leiers (Aeneïde)").
  3. Kaart van Gaillia Cisalpina
  4. Damen, Mark (2004), 11, "Vergil and The Aeneid", Ancient Literature and Languages (Utah State University), http://www.usu.edu/markdamen/1320AncLit/chapters/11verg.htm, besoek op 30 Mei 2015 
  5. Horatius, Satirae 1.5, 1.6 en Odes 1.3 
  6. Avery, W.T. (1957), 5, "Augustus and the "Aeneid".", The Classical Journal 52: 225-229 
  7. Jenkyns, Richard (2007), Classical Epic: Homer and Virgil, London: Duckworth, p. 53, ISBN 1-85399-133-3, http://books.google.co.uk/books/about/Classical_epic.html?id=k0cXAQAAIAAJ&redir_esc=y, besoek op 2012-03-20 
  8. Vir ’n bondige opsomming gaan naGlobalnet.co.uk
  9. Sellar, William Young; Glover, Terrot Reaveley (1911), Virgil, 28 (11th ed.), p. 112, http://archive.org/stream/encyclopaediabri28chisrich#page/112/mode/2up, besoek op 2012-06-07 
  10. Thebaïs 12.816–7
  11. Plinius, "3.7.8", Epistulae 
  12. 12,012,112,212,3Ziolkowski, Jan M.; Putnam, Michael C. J. (2008), The Virgilian Tradition: The First Fifteen Hundred Years, Yale University Press, ISBN 0-300-10822-2, http://books.google.com/books?id=MpsPueOp8cUC&printsec=frontcover#v=onepage&q&f=false, besoek op 11 November 2013 
  13. Snyder, James (1985), Harry N. Abrams, ed., Northern Renaissance Art, p. 461-462, ISBN 0-13-623596-4 
  14. Comparetti, Domenico (1997).Vergil in the Middle Ages (in Engels). Princeton University Press.ISBN 978-0691026787. Besoek op23 November 2016.
  15. Wilson-Okamura, David Scott (2010).Virgil in the Renaissance (in Engels). Cambridge University Press.ISBN 978-0521198127. Besoek op23 November 2016.
  16. Winkler, Anthony C.; McCuen-Metherell, Jo Ray (2011).Writing the Research Paper: A Handbook (in Engels). Cengage Learning. p. 278.ISBN 978-1133169024. Besoek op23 November 2016.

Bronne

[wysig |wysig bron]

Verdere leesstof

[wysig |wysig bron]
  • Anderson, W. S., and L. N. Quartarone. 2002.Approaches to Teaching Vergil's Aeneid. New York:Modern Language Association.
  • Buckham, Philip Wentworth, Joseph Spence, Edward Holdsworth, William Warburton, and John Jortin. 1825.Miscellanea Virgiliana: In Scriptis Maxime Eruditorum Virorum Varie Dispersa, in Unum Fasciculum Collecta. Cambridge: Printed for W. P. Grant.
  • Conway, R. S. [1914] 1915. "The Youth of Vergil."Bulletin of the John Rylands Library July 1915.
  • Farrell, J. 1991.Vergil's Georgics and the Traditions of Ancient Epic: The Art of Allusion in Literary History. New York:Oxford University Press.
  • —2001. "The Vergilian Century."Vergilius (1959–) 47:11–28.
  • Farrell, J., and Michael C. J. Putnam, eds. 2010.A Companion to Vergil's Aeneid and Its Tradition, (Blackwell Companions to the Ancient World). Chichester, MA:Wiley-Blackwell.
  • Fletcher, K. F. B. 2014.Finding Italy: Travel, Nation and Colonization in Vergil's 'Aeneid'. Ann Arbor:University of Michigan Press.
  • Hardie, Philip R., ed. 1999.Virgil: Critical Assessments of Ancient Authors 1–4. New York:Routledge.
  • Henkel, John. 2014. "Vergil Talks Technique: Metapoetic Arboriculture in 'Georgics' 2."Vergilius (1959–) 60:33–66.
  • Horsfall, N. 2016.The Epic Distilled: Studies in the Composition of the Aeneid. Oxford: Oxford University Press.
  • Mack, S. 1978.Patterns of Time in Vergil. Hamden: Archon Books.
  • Panoussi, V. 2009.Greek Tragedy in Vergil's "Aeneid": Ritual, Empire, and Intertext. Cambridge: Cambridge University Press.
  • Quinn, S., ed. 2000.Why Vergil? A Collection of Interpretations. Wauconda: Bolchazy-Carducci.
  • Rossi, A. 2004.Contexts of War: Manipulation of Genre in Virgilian Battle Narrative. Ann Arbor: University of Michigan Press.
  • Sondrup, Steven P. 2009. "Virgil: From Farms to Empire: Kierkegaard's Understanding of a Roman Poet." InKierkegaard and the Roman World, edited by J. B. Stewart. Farnham:Ashgate.
  • Syed, Y. 2005.Vergil's Aeneid and the Roman Self: Subject and Nation in Literary Discourse. Ann Arbor: University of Michigan Press.
  • Syson, A. 2013.Fama and Fiction in Vergil's 'Aeneid'. Columbus:Ohio State University Press.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metVergilius.
Wikiquote het aanhalings in verband metVergilius
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Vergilius&oldid=2676799"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp