Venus is die tweedeplaneet van dieSon af. Dit is 'nrotsplaneet met die digsteatmosfeer van al die rotsplanete in dieSonnestelsel en die enigste een met 'n massa en grootte van naby dié van sy buurman dieAarde. Dit wentel nader aan die Son as die Aarde en lyk van die Aarde af altyd of dit naby die Son is, as óf die "oggendster" óf die "aandster". Hoewel dieselfde virMercurius geld, lyk Venus baie prominenter, want dit is die helderste voorwerp in ons naglug buiten die Son en dieMaan.[11][12] Dit is selfs helderder as enigester. Omdat hy so helder is, is Venus histories 'n algemene en belangrike voorwerp vir mense, beide in hullekultuur en insterrekunde.
Venus het 'n swakmagnetosfeer en 'n uiters dik atmosfeer vankoolstofdioksied wat, tesame met sy planeetwye wolkkombers vanswaelsuur, 'n uitersekweekhuiseffek veroorsaak. Dit lei tot 'n gemiddelde oppervlaktemperatuur van 737K (464°C) en 'n verpletterendedruk van 92 keer dié van die Aarde by seevlak. Dit verander die lug in 'n oorkritiekevloeistof, terwyl die druk,temperatuur en straling by hoogtes van 50km bo die oppervlak baie soos die Aarde s'n is.
Toestande wat dalk gunstig virlewe op Venus is, is in sy wolklae geïdentifiseer: Onlangse navorsing het aanduidings, maar nie oortuigende bewyse nie, gevind vir lewe op die planeet. Venus kon vroeg in sy geskiedenis vloeibare oppervlakwater gehad het, moontlik genoeg om oseane te vorm, maar 'n wegholkweekhuiseffek het eindelik alle water laat verdamp, en dit is toe deur diesonwind die ruimte ingedra.[13][14][15]
Venus het vermoedelik 'nkern,mantel enkors, waarvan laasgenoemde interne hitte deurvulkanisme vrystel. Dit hervorm die oppervlak deur dit te hernu in plaas van deurplaattektoniek. Op 26 Oktober 2023 is die resultate van 'n studie egter bekend gemaak waarvolgens Venus in antieke tye plaattektoniek en gunstiger omstadighede vir lewe kon gehad het.[16][17] Venus is een van twee planete in die Sonnestelsel wat nienatuurlike satelliete, of mane, het nie.[18]
Venus se rotasie is deur die sterk strome en sleuring van sy atmosfeer verlangsaam en omgekeer in 'nretrograde beweging. Dié rotasie – tesame met die 224,7 aarddae wat dit Venus neem om 'n volle omwenteling om die Son te voltooi ('n Venusjaar) en 'n Venusdag van 117 aarddae – lei daartoe dat 'n Venusjaar net minder as twee Venusdae lank is. Venus en die Aarde sewentelbane is die naaste aan mekaar van al die planete: Hulle sinodiese periode (die tyd tussenkonjunksies) is 1,6 jaar.
In 1961 het Venus die teiken vanWenera 1, die eerste interplanetêre vlug in die mens se geskiedenis, geword. Daarna het ander noodsaaklike interplanetêre eerstes gevolg, soos die eerste sagte landing op 'n ander planeet (Wenera 7, 1970). Dié tuie het dit duidelik gemaak dat 'n uiterse kweekhuiseffek onleefbare oppervlaktoestande geskep het, 'n feit wat die mens meer geleer het in sy voorspellings vanaardverwarming.[19][20]
Dié bewyse het die mens laat afsien vanwetenskapsfiksie-idees dat Venus bewoonbaar is of selfs bewoon word. Tog is voorstelle vir nog vlugte gedoen, óf as verbyvlugte óf vir 'nswaartekragslinger vir vlugte naMars óf om Venus se atmosfeer binne te gaan en op veilige afstande bo die oppervlak te bly waar toestande meer met dié op Aarde ooreenstem.
Venus se grootte in vergelyking met dié van die ander rotsplanete (van links: Mercurius, Venus, Aarde en Mars; volgens hulle afstand van die Son af).
Venus is een van vieraardplanete in die Sonnestelsel, wat beteken hulle het 'n rotsagtige oppervlak soos die Aarde. Sy grootte en massa stem baie ooreen met dié van die Aarde en dit word dikwels beskryf as die Aarde se "suster" of "tweeling".[21] Venus is feitlik sferies vanweë sy stadige rotasie.[22] Dit het 'n deursnee van 12103,6km – net 638,4km kleiner as die Aarde s'n – en sy massa is 81,5% dié van die Aarde.
Toestande op Venus se oppervlak verskil drasties van dié op die Aarde s'n omdat sy digte atmosfeer uit 96,5% koolstofdioksied bestaan; die grootste deel van die ander 3,5% isstikstof.[23] Die oppervlakdruk is 9,3megapascal (93bar) en die gemiddelde oppervlaktemperatuur 737K (464°C), ver bo diekritieke punt van enige van die komponente. Dit maak die oppervlakatmosfeer 'n oorkritieke vloeistof van hoofsaaklik oorkritieke koolstofdioksied en die res oorkritieke stikstof.
Venus het 'n digte atmosfeer van sowat 96,5%koolstofdioksied en 3,5%stikstof – albei kom as 'n oorkritieke vloeistof op die planeet se oppervlak voor met 'n digtheid van 6,5% dié vanwater –[24] en spore van ander gasse soosswaeldioksied.[25]
Die atmosfeer se massa is 92 keer dié van die Aarde, terwyl die druk op sy oppervlak sowat 93 keer dié van die Aarde is: 'n druk gelyk aan dié van sowat 1km onder die Aarde se oseane. Die digtheid op die oppervlak is 65kg/m3, 6,5% dié van water[24] of 50 keer so dig as die Aarde se atmosfeer by 293K (20°C) by seevlak. Die atmosfeer met sy groot hoeveelheid CO2 skep die sterkstekweekhuiseffek in die Sonnestelsel en oppervlaktemperature van sowat 735K (462°C).[6][26] Venus se oppervlak is dus warmer as dié vanMercurius met sy minimum oppervlaktemperatuur van 53K (-220°C) en sy maksimum van 700K (427°C),[27][28] al is Venus byna twee keer so ver van die Son af as Mercurius en kry dit net 25% van Mercurius se sonuitstraling. Vanweë Venus se wegholkweekhuiseffek het wetenskaplikes soosCarl Sagan dit as 'n waarskuwing geïdentifiseer vir klimaatsverandering op Aarde.[19][20]
Venus se atmosfeer is ryk aan oer-edelgasse in vergelyking met dié van die Aarde.[30] Dit dui daarop dat Venus vroeg in sy evolusie van die Aarde afgewyk het. 'n Ongewone grootkomeetbotsing[31] of die akkresie van 'n primêre atmosfeer van die sonnewel met 'n groter massa[32] is al voorgestel om die voorkoms van dié edelgasse te verduidelik.
Studies dui daarop dat Venus sa atmosfeer miljarde jare gelede baie meer soos die vroeë Aarde s'n gelyk het en dat daar aansienlike hoeveelhede vloeibare water op sy oppervlak kon gewees het.[33][34][35] Ná 'n tydperk van 600 miljoen tot miljarde jare[36] kon die groter wordendeligsterkte van die Son en moontlik grootvulkaniese uitbarstings gelei het tot die verdamping van dié water en die vernietiging van die atmosfeer.[37] 'n Wegholkweekhuiseffek het ontstaan toe 'n kritieke vlak van kweekhuisgasse (insluitende water) tot die atmosfeer gevoeg is.[38]
Hoewel die toestande op Venus enige aardagtige lewe wat voor dié tydperk kon bestaan het, onmoontlik maak, is daar spekulasie dat lewe in Venus se boonste wolklae voorkom, by 50km van die oppervlak of hoër, waar die toestande die meeste soos die Aarde s'n is in die Sonnestelsel.[39] Temperature wissel hier tussen 303 en 353K (30 en 80°C) en die druk en straling is dieselfde as op die aarde se oppervlak, maar met suurwolke en die baie CO2 in die lug.[40][41][42]
Die beweerde waarneming van 'nabsorpsielyn vanfosfien in Venus se atmosfeer, met geen bekende pad vir abiotiese produksie nie, het in September 2020 gelei tot spekulasies dat lewe tans in die atmosfeer kan bestaan.[43][44] Latere navorsing het die spektroskopiese teken wat as fosfien vertolk is, aan swaeldioksied toegeskryf,[45] of bevind dat daar geen absorpsielyn is nie.[46][47]
Soorte wolklae op Venus, sowel as temperatuur- en drukveranderings volgens hoogte in die atmosfeer.
Hittetraagheid en die oordrag van hitte deur winde in die laer atmosfeer bring mee dat Venus se oppervlaktemperatuur nie baie verskil tussen die halfrond wat na die Son wys en die een wat wegwys nie, ondanks Venus se stadige rotasie. Winde op die oppervlak is stadig en waai teen net 'n paar kilometer per uur, maar vanweë die hoë digtheid van die atmosfeer naby die oppervlak oefen hulle 'n aansienlike groot krag uit teen enige versperrings, en vervoer stof en klippies oor die oppervlak. Dit alleen sou dit moeilik vir iemand maak om daar te loop, selfs sonder die hitte, druk en gebrek aansuurstof.[48]
Bo die digte laag CO2 is dik wolke, wat hoofsaaklik uit swaelsuur bestaan. Ook sowat 1%ysterchloried kom in die wolke voor.[49][50] Ander moontlike komponente van die wolkdeeltjies isystersulfaat,aluminiumchloried enfosforpentoksied. Wolke by verskillende hoogtes het verskillende samestellings en deeltjiegroottes.[49] Die wolke weerkaats, nes 'n dik wolkkombers oor die Aarde,[51] sowat 70% van die sonlig wat daarop val terug die ruimte in.[52] Omdat hulle die hele planeet bedek, voorkom hulle dat Venus se oppervlak gesien kan word.
Die permanente wolkbedekking beteken dat hoewel Venus nader as die Aarde aan die Son is, dit minder sonlig op die grond kry: Net 10% van die sonlig bereik die oppervlak.[53] Sterk winde van 300km/h waai hoog in die wolke en beweeg omtrent elke vier tot vyf aarddae om die planeet.[54] Winde op Venus waai tot 60 keer so vinnig as wat sy rotasie is, terwyl die Aarde se vinnigste winde net 10-20% sy rotasiespoed is.[55]
Ook die temperatuur by Venus se ewenaar en pole is taamlik dieselfde.[56][57] Venus se kleinashelling van minder as 3°, in vergelyking met die 23° van die Aarde, sorg ook vir klein seisoenale temperatuurverskille.[58] Hoogte is een van die min faktore wat Venus se temperature beïnvloed. Die hoogste punt op Venus,Maxwell Montes, is dus die koelste plek op die planeet, met 'n temperatuur van sowat 655K (380°C) en 'n atmosfeerdruk van sowat 4,5MPa (45bar).[59][60]
'n Kleurgekodeerde hoogtekaart van Venus, met die hoër terrae-"kontinente" in geel.
Venus se oppervlak was 'n onderwerp van spekulasie totdat sommige van sy geheime in die 20ste eeu deurplanetologie onthul is.Weneralandingstuie het in 1975 en 1982 foto's teruggestuur van 'n oppervlak bedek metsediment en relatief hoekigeklippe.[61] In 1990-'91 het dieMagellanruimtetuig die oppervlak in besonderhede gekarteer. Die grond wys tekens van uitgebreide vulkanisme, en dieswael in die atmosfeer kan daarop dui dat daar onlangs uitbarstings was.[62][63]
Sowat 80% van Venus se oppervlak is bedek met gladde vulkaanvlaktes. Sowat 70% is vlaktes met riwwe en 10% gladde of lobvormige vlaktes.[64]
Die res is twee hoogland-"kontinente", een in die noordelike halfrond en die ander net suid van die ewenaar. Die noordelike kontinent is genoem naIsjtar, dieBabiloniese godin van die liefde, en is omtrent twee keer so groot soosAustralië. Maxwell Montes, die hoogste berg op die planeet, is op Ishtar Terra geleë. Sy piek steek 11km bo Venus se oppervlak uit.[65] Die suidelike kontinent is Aphrodite Terra, genoem naAfrodite, dieGriekse godin van die liefde; dit is die grootste een van die twee en omtrent so groot soosSuid-Amerika.[66]
Hoekom daar geen tekens vanlawavloei naby enige van die sigbarekalderas is nie bly 'n raaisel. Die planeet het minslagkraters en dit wys die oppervlak is redelik jonk: 300miljoen tot 600miljoen jaar oud.[67][68]
Venus het 'n paar unieke oppervlakeienskappe benewens die slagkraters, berge en valleie wat gewoonlik op rotsplanete aangetref word. Onder hulle is vulkaanverskynsels met plat bokante, bekend as "farra", wat amper soospannekoeke lyk en in grootte wissel van 20 tot 50km breed en van 100 tot 1000m hoog; steragtige breukverskynsels, wat "novas" genoem word; verskynsels met beide straalvormige en konsentriese breuke wat soos spinnerakke lyk; en "koronas", ronde ringvormige breuke wat soms deur 'n laagte omring word. Dié eienskappe het 'n vulkaniese oorsprong.[69]
Die meeste oppervlakverskynsels op Venus is na geskiedkundige of mitologiese vroue genoem.[70] Uitsonderings is Maxwell Montes, wat na die Skotse teoretiese fisikusJames Clerk Maxwell genoem is, en die hooglandstreke Alpha Regio, Beta Regio en Ovda Regio. Laasgenoemde drie het name gekry voordat die huidige stelsel aanvaar is deur dieInternasionale Sterrekundige Vereniging, wat planetêre name reguleer.[71]
Sekere eienskappe van Venus, soos die tektoniese verskynsels wat "tessera-terreine" genoem word, vereis die teenwoordigheid van wateroseane en plaattektoniek, wat aandui bewoonbare toestande met groot waterliggame het vroeër in 'n stadium op Venus voorgekom.[72] Die aard van tessera-terreine is egter glad nie seker nie.[73]
Die resultate van studies wat op 26 Oktober 2023 aangekondig is, stel vir die eerste keer voor dat dit lyk of Venus in antieke tye plaattektoniek kon gehad en dus lewensvorme kon onderhou het.[16][17]
'n Radarmosaïek van twee pannekoekkoepels in Venus se Eistla-streek. Hulle is 65km breed en minder as 1km hoog.
'n Groot deel van Venus se oppervlak is skynbaar deurvulkanisme gevorm. Die planeet het 'n paar keer soveel vulkane as die Aarde: 167 groot vulkane is meer as 100km breed. Die enigste vulkaankompleks van dié grootte op Aarde is dieGroot Eiland vanHawaii.[69]:154 Meer as 85000 vulkane op Venus is geïdentifiseer en gekarteer.[74][75] Dit is nie omdat Venus vulkanies aktiewer as die Aarde is nie, maar omdat sy kors ouer is en nie aan dieselfdeerosieprosesse onderworpe is nie. Die Aarde se oseaankors word voortdurend by die grense van die tektoniese plate deursubduksie hersirkuleer en is gemiddeld sowat 100miljoen jaar oud.[76] Venus se oppervlak deerenteen word geraam op 300miljoen tot 600miljoen jaar oud.[67][69]
Verskeie bewyse toon vulkanisme vind steeds op Venus plaas. Konsentrasies vanswaeldioksied in die boonste aftmosfeer het tussen 1978 en 1986 met 'n faktor van 10 gedaal, in 2006 gestyg en daarna weer 10-voudig afgeneem.[77] Dit beteken vlakke is verskeie kere deur groot vulkaniese uitbarstings opgestoot.[78][79] Daar is al voorgestelweerlig op Venus kan ontstaan vanweë vulkaniese aktiwiteit. In Januarie 2020 het sterrekundiges bewyse gerapporteer wat aandui Venus is tans vulkanies aktief, veral vanweë die opsporing vanolivien, 'n vulkaniese produk wat vinnig op die planeet se oppervlak sal verweer.[80][81]
Dié groot vulkaniese aktiwiteit word aangevuur deur 'n superwarm binnekant, wat volgens modelle verduidelik kan word aan die hand van energieke botsings toe die planeet nog jonk was. Botsings sou 'n veel groter snelheid as op Aarde gehad het, want Venus se wentelspoed is vinniger omdat hy nader aan die Son is en omdat liggame groter wenteleksentrisiteite sou moes gehad het om met die planeet te bots.[82]
In 2008 en 2009 het die Venus Express die eerste keer regstreekse bewyse van deurlopende vulkaanaktiwiteit op die planeet gevind, in die vorm van vier kortstondige infrarooiwarmkolle in die skeurgebied bekend as Ganis Chasma,[83] naby dieskildvulkaanMaat Mons. Drie van die kolle is in meer as een opvolgende wenteling waargeneem. Die kolle verteenwoordig vermoedeliklawa wat pas deur vulkaanuitbarstings vrygelaat is.[84][85] Die temperatuur is nie bekend nie, want die grootte van die warmkolle kon nie gemeet word nie; dit was waarskynlik sowat 800 tot 1100K (527-827°C) in vergelyking met die normale temperatuur van 740K (467°C).[86] In 2023 het wetenskaplikes weer topografiese foto's van die Maat Mons-streek bestudeer wat deur die Magellanruimtetuig geneem is. Deur middel van rekenaarsimulasies is bepaal die topografie het gedurende 'n tydperk van agt maande verander. Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat dit deur aktiewe vulkanisme veroorsaak is.[87]
Sowat 1000slagkraters is eweredig oor Venus se oppervlak versprei. Op ander liggame met kraters, soos die Aarde enMaan, toon kraters 'n verskeidenheid stadiums van degradasie. Op die Maan word degradasie deur daaropvolgende botsings veroorsaak en op Aarde deur reën- en winderosie. Op Venus is 85% van die kraters in 'n ongerepte toestand. Die hoeveelheid kraters, tesame met hulle goed bewaarde toestand, dui daarop dat die planeet se oppervlak hersikleer is in 'n voorval 300miljoen tot 600miljoen jaar gelede,[67][68] gevolg deur 'n afname in vulkanisme.[88]
Terwyl die Aarde se kors in voortdurende beweging is, is Venus vermoedelik nie in staat om so 'n proses te onderhou nie. Sonder plaattektoniek om hitte uit sy mantel te verloor, ondergaan Venus 'n sikliese proses waarin manteltemperature styg totdat dit 'n kritieke vlak bereik wat die kors verswak. Dan, oor 'n tydperk van sowat 100miljoen jaar, kom subduksie op 'n enorme skaal voor en word die kors hersikleer.[69]
Kraters op Venus wissel van 3 tot 280km breed. Geen kraters is kleiner as 3km nie vanweë die invloed van die digte atmosfeer op inkomende voorwerpe. Voorwerpe met minder as 'n sekerekinetiese energie word so deur die atmosfeer vertraag dat hulle nie 'n slagkrater vorm nie.[89] Inkomende projektiele wat kleiner as 50m breed is, sal in die atmosfeer opbreek en uitbrand voordat hulle die grond bereik.[90]
Min is bekend oor die interne struktuur van Venus.[91] Die ooreenkoms in die grootte en digtheid tussen Venus en die Aarde dui daarop dat hulle dieselfde interne struktuur het: 'n kern, mantel en kors. Nes met die Aarde die geval is, is Venus se kern waarskynlik minstens gedeeltelik vloeistof, want die twee planete het teen omtrent dieselfde tempo verkoel,[92] hoewel 'n heeltemal soliede kern nie uitgesluit kan word nie.[93]
Die grootste verskil tussen die twee planete is die gebrek aan bewyse van plaattektoniek op Venus, moontlik omdat sy kors te sterk is om te sak sonder water om dit minder viskeus te maak. Dit veroorsaak verminderde hitteverlies en voorkom dat die planeet afkoel. Dit is 'n waarskynlike verduideliking vir 'n gebrek aan 'n intern opgewektemagneetveld.[94] In plaas daarvan kan Venus dalk sy interne hitte verloor in periodieke groot oppervlakvernuwingsvoorvalle.[67]
In 1967 hetWenera 4 gevind Venus se magneetveld is baie swakker as die Aarde s'n. Die magneetveld word opgewek deur 'n wisselwerking tussen dieionosfeer en diesonwind,[95][96] eerder as deur 'n internedinamo, soos in die Aarde se kern. Venus se kleinmagnetosfeer verskaf min beskerming aan die atmosfeer teen son- enkosmiese straling. Dit bereik eers op hoogtes van 54 tot 48km dieselfde vlakke as op Aarde.[97][98]
Die gebrek aan 'n werklike magneetveld op Venus was verbasend, omdat dit byna net so groot soos die Aarde is en na verwagting 'n dinamo in sy kern gehad het. 'n Dinamo vereis drie dinge: 'n geleidende vloeistof, rotasie enkonveksie. Die kern is vermoedelik elektries geleidend en, hoewel sy rotasie dikwels as te stadig beskou word, wys simulasies dit is vinnig genoeg om 'n dinamo te skep.[99][100] Dit dui aan die dinamo is afwesig weens Venus se gebrek aan konveksie in sy kern.
Op Aarde kom konveksie voor in die vloeibare buitenste deel van die kern omdat die onderste deel van die vloeistof baie warmer as die bokant is. Op Venus kon 'n oppervlakvernuwingsvoorval die plaattektoniek laat ophou werk het en gelei het tot 'n verlaagde hittevloed deur die kors. Dié isolasie-effek sou veroorsaak het dat die mantel se temperatuur toeneem en so die hittevloed uit die kern verminder. Geen interne dinamo is dus beskikbaar om 'n magneetveld aan te dryf nie. In plaas daarvan herverhit die hitte van die kern die kors.[101]
Een moontlikheid is dat Venus geen soliede kern het nie,[102] of dat sy kern nie afkoel nie sodat die hele vloeibare deel van die kern min of meer dieselfde temperatuur het. Nog 'n moontlikheid is dat sy kern reeds heeltemal solied is. Die toestand van die kern hang in 'n groot mate af van die konsentrasieswael, wat tans onbekend is.[101]
Die swak magnetosfeer om Venus beteken daar is 'n regstreekse wisselwerking tussen die sonwind en die planeet se buitenste atmosfeer. Hier word ione van waterstof en suurstof geskep deur die dissosiasie van watermolekules vanultravioletstraling. Die sonwind verskaf dan energie wat sommige van dié ione genoeg snelheid gee om uit Venus as swaartekragveld te ontsnap. Dié erosieproses lei tot die bestendige verlies van waterstof-, helium- en suurstofione met 'n klein massa, terwyl molekules met 'n groter massa, soos koolstofdioksied, meer geneig is om agter te bly.
Die atmosferiese erosie deur die sonwind kon gelei het tot die verlies van die meeste van Venus se water in die eerste miljard jaar nadat dit gevorm het.[103] Die planeet kon ook vir die eerste 2miljard tot 3miljard jaar van sy bestaan 'n dinamo behou het, sodat die waterverlies meer onlangs voorgekom het.[104]
Venus is die tweede planeet van die Son af en voltooi 'n wentelbaan in sowat 224 aarddae.
Venus wentel om die Son op 'n afstand van sowat 0,72AE (108miljoenkm) en voltooi elke 224,7 dae 'n wentelbaan. Hoewel al die planete se wentelbane ovaalvormig is, is Venus s'n die naaste aan rond, met 'neksentrisiteit van minder as 0,01.[56] Simulasies van die vroeë Sonnestelsel se dinamika wys die eksentrisiteit van Venus se wentelbaan was dalk groter in die verlede, met waardes van tot 0,31.[105]
Alle planete in die Sonnestelsel wentel antikloksgewys om die Son soos van die Aarde se Noordpool af gesien. Die meeste planete roteer ook antikloksgewys om hulle as, maar Venus roteer kloksgewys (in 'nretrograde rigting) een keer elke 243 aarddae: die stadigste rotasie van enige planeet. Omdat die planeet vertraag word deur sy atmosferiese stroming, wissel die lengte van die dag ook met tot 20 minute.[106] Venus seewenaar roteer teen 6,52km/h, terwyl die Aarde s'n teen 1674,4 km/h roteer.[107] Een Venusjaar is sowat 1,92 van die planeet sesinodiese dae (son-dae).[7] Vir 'n waarnemer op Venus sal die Son in die weste opkom en in die ooste ondergaan,[7] hoewel die planeet se ondeursigtige wolke sal keer dat 'n mens op die oppervlak die Son daardeur sien.[108]
Venus het geennatuurlike satelliete, of mane, nie.[109] Dit het verskeietrojane: diekammasatelliet2002 VE68[110][111] en nog twee tydelike trojane,2001 CK32 en2012 XE133.[112] In die 17de eeu hetGiovanni Cassini gerapporteer 'n maan wentel om Venus, en dit is "Neith" genoem. Verskeie ander waarnemings van mane is oor die volgende 200 jaar gedoen, maar daar is vasgestel die meeste wassterre in die omgewing. Die rede dat Venus nie mane het nie kan die uitwerking van sterk songetye wees wat groot satelliete naby die binneste planete kan destabiliseer.[109]
Venus se wentelruimte bevat 'n stofringwolk.[113] Dit kon veroorsaak gewees het deur ófasteroïdes wat agter Venus aanbeweeg het[114] óf interplanetêre stof wat in golwe gemigreer het óf die oorblyfsels van die Sonnestelsel se oorspronklikesirkumstellêre skyf wat die planeetstelsel gevorm het.[115]
Venus, regs in die middel, is van die Aarde af altyd helderder as enige ander planeet of ster. Jupiter is aan die bokant van die foto sigbaar.Die fases van Venus en veranderings van sy skynbare deursnee.
Met die blote oog is Venus 'n wit punt lig wat helderder as enige ander planeet of ster buiten die Son is.[116] Die planeet se gemiddeldeskynbare magnitude is-4,14 met 'n standaardafwyking van 0,31.[117] Die helderste magnitude kom voor tydens die "halffase" sowat 'n maand voor of ná 'nbinnekonjunksie. Venus word dowwer tot 'n magnitude van sowat -3 wanneer die Son se lig van agter af skyn.[8] Die planeet is helder genoeg om in die dag te sien,[118] maar is beter sigbaar wanneer die Son laag aan die horison sit of ondergaan. As 'n planeet wat nader aan die Son as die Aarde is, lê dit altyd binne sowat 47° van die Son af.[10]
Venus "steek die Aarde verby" elke 584 dae terwyl dit om die Son wentel.[56] Terwyl dit gebeur, verander dit van die "aandster" in die "oggendster", wat voor sonsopkoms sigbaar is. Hoewel Mercurius, die ander planeet nader aan die Son, dikwels moeilik in die skemerlig te sien is, is dit byna onmoontlik om Venus mis te kyk wanneer dit op sy helderste is. Omdat dit so helder is, word Venus dikwels verkeerdelik aangemeld as 'n "vreemde vlieënde voorwerp".[119]
Terwyl dit om die Son wentel, gaan Venus, deur 'n teleskoop gesien, deur fases soos dieMaan. Die planeet lyk soos 'n klein, "vol" skyf wanneer dit met 'n buitekonjunksie aan die ander kant van die Son is. Dit is as 'n groter "kwartfase" te sien by sy maksimumelongasie van die Son, en dan lyk dit op sy helderste in die naglug. Die planeet het 'n groter "halfvorm" deur teleskope as dit aan die nabykant tussen die Aarde en die Son deurbeweeg. Dit lyk op sy grootste tydens sy "nuwe fase", wanneer dit tussen die Aarde en die Son by 'n binnekonjunksie is. Sy atmosfeer is deur teleskope sigbaar danksy die halo van sonlig wat om dit gebreek word.[10]
Wanneer Venus helder genoeg is, met genoeg hoekafstand van die Son af, is dit maklik helder oordag met die blote oog te sien.[120]Edmund Halley het sy maksimum blote-ooghelderheid in 1716 bereken, toe baie Londenaars ontstel is deur sy verskyning in die daglig. Die Franse keiserNapoleon Bonaparte het eenkeer 'n dagligverskyning van die planeet gesien terwyl hy op 'n onthaal inLuxemburg was.[121] Nog 'n historiese dagligverskyning van die planeet het plaasgevind tydens die inhuldiging van die Amerikaanse presidentAbraham Lincoln op 4 Maart 1865 in Washington, D.C.[122]
Dieoorgang van Venus in 2012, deur 'n teleskoop op 'n wit kaart geprojekteer.
'nOorgang van Venus is wanneer Venus, soos van die Aarde af gesien, voor die Son verbybeweeg tydens sybinnekonjunksie. Omdat Venus se wentelbaan effens skuins teenoor dié van die Aarde lê, is daar nie 'n oorgang van Venus tydens die meeste binnekonjunksies, wat elke 1,6jaar plaasvind, nie.
Venus beleef net 'n oorgang bo die Aarde wanneer 'n binnekonjunksie plaasvind tydens sommige dae in Junie of Desember, die tyd wanneer die twee planete se wentelbane in 'n reguit lyn met die Son lê.[123] Dit lei daartoe dat Venus net 'n oorgang beleef in siklusse van 243 jaar elk: elke 8, 105,5, 8 en 121,5 jaar.
Net sewe oorgange van Venus is tot dusver waargeneem, want die voorkoms daarvan is in 1621 deurJohannes Kepler bereken. KapteinJames Cook het in 1768 naTahiti geseil om die derde waargenome oorgang van Venus te sien, en dit het eindelik gelei tot die verkenning van die ooskus vanAustralië.[124][125]
Die laaste oorgange van Venus agt jaar uitmekaar was in Junie 2004 en Junie 2012 en die voriges in Desember 1874 en Desember 1882. Die volgende sodanige oorgange sal in Desember 2117 en Desember 2125 voorkom.[126]
Die mens se eerste interplanetêre ruimtevlug was in 1961, toe dieSowjetunie seWenera 1 na Venus gevlieg het.[127] Dit het egter later op pad soontoe kontak verloor.
Die eerste suksesvolle interplanetêre sending was dus dieVSA seMariner 2-sending na Venus. Dit was op 14Desember 1962 altesaam 34833km bo die oppervlak en het data oor die planeet se atmosfeer versamel.[128][129]Radarwaarnemings van Venus is in die 1960's die eerste keer gedoen en het die eerste inligting verskaf oor die planeet se rotasieperiode.[130]
Die eerste duidelike 180-graad-panorama van Venus, en van enige planeet buiten die Aarde. (Sowjetse Wenera9-landingstuig).
Wenera3, wat in 1966 gelanseer is, was die mens se eerste ruimte- en landingstuig wat 'n anderhemelliggaam buiten die Maan bereik en daarteen gebots het. Dit kon nie data terugbring nie, want dit het op Venus se oppervlak neergestort.
In 1967 is Wenera4 gelanseer. Dit het wetenskapeksperimente in Venus se atmosfeer uitgevoer voordat dit ook neergestort het. Wenera4 het gewys die oppervlaktemperatuur is warmer as wat Mariner2 bereken het (byna 500°C), vasgestel die atmosfeer was 95% koolstofdioksied en gevind Venus se atmosfeer was baie digter as wat Wenera se ontwerpers verwag het.[131]
In 'n vroeë voorbeeld van ruimtesamewerking, is die data van Wenera4 enMariner 5 van 1967 saamgevoeg en deur 'n gesamentlike span van Amerika en die Sowjetunie ontleed.[132]
Op 15 Desember 1970 was Wenera7 die eerste ruimtetuig wat 'n sagte landing op 'n ander planeet uitgevoer en data van daar af na die Aarde teruggestuur het.[133] In 1974 het Mariner10 verby Venus gevlieg op pad na Mercurius en ultratvioletfoto's van die wolke geneem. Daarop is die buitengewone windsnelhede in Venus se atmosfeer gesien. Dit was die heel eersteswaartekragslinger, 'n metode wat deur latere tuie gebruik sou word.
Radarwaarnemings in die 1970's het vir die eerste keer besonderhede van Venus se oppervlak onthul. Radiogolfpulse is na die planeet gestuur en die eggo's het twee hoogs weerkaatsende gebiede onthul wat "Alpha Regio" en "Beta Regio" genoem is. Die waarnemings het ook 'n helder streek onthul wat op berge dui, en dit is "Maxwell Montes" genoem.[134]
'n Globale topografiese kaart van Venus, met alle landingsplekke aangedui.
In 1975 het die SowjetseWenera9- enWenera10-landingstuie die eerste foto's van Venus se oppervlak teruggestuur. Dit was swart-wit-foto's.Nasa het nog data bekom met die PioneerVenus-projek, wat bestaan het uit twee aparte sendings:[135] die PioneerVenus-multituig en PioneerVenus-wenteltuig, wat tussen 1978 en 1992 om Venus gewentel het.[136] In 1982 hetWenera13 enWenera14 die eerste kleurfoto's van die oppervlak geneem.Wenera15 enWenera16 het tussen 1983 en 1984 gedetailleerde kartering van 25% van Venus se oppervlak gedoen, en daarna het die baie suksesvolle Wenera-program tot 'n einde gekom.[137]
In 1985 het dieWega-ruimteprogram met sy Wega1- en Wega2-sendings die laaste tuie na Venus vervoer wat die atmosfeer sou binnedring, asook die heel eerste buiteaardse aërobotte.
Tussen 1990 en 1994 het dieMagellanruimtetuig om Venus gewentel en die oppervlak gekarteer. Verder het tuie soosGalileo (1990),[138]Cassini–Huygens (1998/'99) en MESSENGER (2006/'07) verbyvlugte van Venus gedoen op pad na ander bestemmings.
In April 2006 het dieESA se Venus Express in 'n wentelbaan om Venus gegaan. Dit het waarnemings sonder presedent van Venus se atmosfeer verskaf. Die ESA het dit tot in Januarie 2015 in sy wentelbaan gehou.[139] In 2010 het die eerste suksesvolle interplanetêre sonseilruimtetuig, IKAROS, na Venus gevlieg vir 'n verbyvlug. Teen 2023 was daar net een aktiewe sending na Venus:Japan se Akatsuki. Dit het in op 7 Desember 2015 in 'n wentelbaan gegaan.
Venus is 'n primêre verskynsel in die naglug en speel dus deur die hele geskiedenis en in verskeie kulture 'n belangrike rol inmitologie,astrologie enfiksie.
Die agtpuntster is 'n simbool wat in sommige kulture vir Venus gebruik word. Hier is die agtpuntster die Ster van Isjtar, die Babiloniese godin, langs die sonskyf van haar broer,Sjamasj, en die skedelmaan van hulle vader,Sin, op 'n grensklip van die Babiloniese koning Meli-Sjipak II uit die 12de eeu v.C.
Verskeie gesange bring lof aan Inanna in haar rol as die godin van die planeet Venus.[145][144][143] Die teologieprofessor Jeffrey Cooley meen Inanna se bewegings in baie mites kan ooreenstem met die bewegings van die planeet Venus in die lug.[145] Die afgebroke bewegings van Venus hou verband met die mitologie sowel as Inanna se dubbele aard.[145] InInanna se afdaling na die onderwêreld is Inanna in staat om, anders as enige ander god, na die onderwêreld af te daal en weer na die hemel terug te keer. Dit lyk of die planeet Venus 'n soortgelyke afdaling ondergaan deur in die weste onder te gaan en weer in die ooste op te kom.[145] InInanna en Sjoekaletoeda word beskryf hoe Sjoekaletoeda die hemel bespied op soek na Inanna; hy bespied waarskynlik die oostelike en westelike horisonne.[146] In dieselfde mite maak Ianna, op soek na haar aanvaller, self verskeie bewegings wat ooreenstem met die bewegings van Venus in die lug.[145]
Dieantieke Egiptenare enantieke Grieke het moontlik teen die 2de millenniumv.C., of op die laatste teen dieLaat Tydperk, onder die invloed van Mesopotamië geweet die oggendster en aandster is dieselfde liggaam.[147][148] Die Egiptenare het die oggendster asTioumoutiri en die aandster asOuaiti geken.[149]
InIndië is Shukra Graha ("die planeet Shukra") na die magtige sint Shukra genoem.Shukra, wat in die IndieseVediese astrologie[152] gebruik word, beteken inSanskrit "duidelik, rein, helder". Venus is inIndonesies enMaleisies bekend asKejora.
InChinees word die planeetJīn-xīng (金星), die "goue planeet" of die "metaalelement", genoem. In moderne Chinees,Japannees,Koreaans enViëtnamees word daar letterlik na die planeet verwys as die "metaalster" (Chinees: 金星), geskoei op dievyf elemente.[153][154][155][156]
DieMaja het Venus as die belangrikste hemelliggaam naas die Son en Maan beskou. Hulle het dit genoemChac ek,[157] ofNoh Ek', "die Groot Ster".[158] Venus se siklusse was belangrik vir hulle kalender.
Die simbool van 'n sirkel met 'n klein kruis daaronder is die sogenaamde Venussimbool, wat sy naam gekry het van die gebruik daarvan in astrologie. Die simbool is van antieke Griekse oorsprong, en is meer dikwels die simbool van vroulikheid,[159] terwyl die Marssimbool vir manlikheid gebruik word. Dié tekens beskryf mans en vrou stereotipies as so verskillend dat 'n mens kan sê hulle kom van verskillende planete. Dié idee is veral in 1992 gewild gemaak deur die boekMen Are from Mars, Women Are from Venus.[160][161]
Baie ander simbole word ook vir Venus gebruik, soos dié van die ster (byvoorbeeld die Ster van Isjtar).
1234Williams, David R. (15 April 2005)."Venus Fact Sheet" (in Engels). NASA.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op12 Oktober 2007.
↑Jakosky, Bruce M. (1999). "Atmospheres of the Terrestrial Planets". In Beatty, J. Kelly; Petersen, Carolyn Collins; Chaikin, Andrew (reds.).The New Solar System (4thuitg.). Boston: Sky Publishing. pp.175–200.ISBN978-0-933346-86-4.OCLC39464951.
↑Lopes, Rosaly M. C.; Gregg, Tracy K. P. (2004).Volcanic worlds: exploring the Solar System's volcanoes. Springer Publishing. p.61.ISBN978-3-540-00431-8.
↑Squyres, Steven W.(2016)."Venus".Encyclopædia Britannica Online.
↑Taylor, Fredric W. (2014)."Venus: Atmosphere". In Tilman, Spohn; Breuer, Doris; Johnson, T. V. (reds.).Encyclopedia of the Solar System. Oxford: Elsevier Science & Technology.ISBN978-0-12-415845-0.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2021. Besoek op12 Januarie 2016.
↑"Venus". Case Western Reserve University. 13 September 2006. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 26 April 2012. Besoek op21 Desember 2011.
↑Way, M. J.; Del Genio, Anthony D. (2020). "Venusian Habitable Climate Scenarios: Modeling Venus Through Time and Applications to Slowly Rotating Venus‐Like Exoplanets".Journal of Geophysical Research: Planets.125 (5). American Geophysical Union (AGU).arXiv:2003.05704.Bibcode:2020JGRE..12506276W.doi:10.1029/2019je006276.ISSN2169-9097.
↑Grinspoon, David H.; Bullock, M. A. (Oktober 2007). "Searching for Evidence of Past Oceans on Venus".Bulletin of the American Astronomical Society.39: 540.Bibcode:2007DPS....39.6109G.
↑Greaves, J. S.; Richards, A. M. S.; Bains, W.; Rimmer, P. B.; Sagawa, H.; Clements, D. L.; Seager, S.; Petkowski, J. J.; Sousa-Silva, Clara; Ranjan, Sukrit; Drabek-Maunder, Emily; Fraser, Helen J.; Cartwright, Annabel; Mueller-Wodarg, Ingo; Zhan, Zhuchang; Friberg, Per; Coulson, Iain; Lee, E'lisa; Hoge, Jim (2020)."Phosphine gas in the cloud decks of Venus".Nature Astronomy.5 (7):655–664.arXiv:2009.06593.Bibcode:2021NatAs...5..655G.doi:10.1038/s41550-020-1174-4.S2CID221655755.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2020. Besoek op14 September 2020.
↑Moshkin, B. E.; Ekonomov, A. P.; Golovin, Iu. M. (1979). "Dust on the surface of Venus".Kosmicheskie Issledovaniia (Cosmic Research).17 (2):280–285.Bibcode:1979CosRe..17..232M.
↑Krasnopolsky, Vladimir A. (2006). "Chemical composition of Venus atmosphere and clouds: Some unsolved problems".Planetary and Space Science.54 (13–14):1352–1359.Bibcode:2006P&SS...54.1352K.doi:10.1016/j.pss.2006.04.019.
123Williams, David R. (25 November 2020)."Venus Fact Sheet". NASA Goddard Space Flight Center.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2018. Besoek op15 April 2021.
↑McGill, G. E.; Stofan, E. R.; Smrekar, S. E. (2010)."Venus tectonics". In Watters, T. R.; Schultz, R. A. (reds.).Planetary Tectonics. Cambridge University Press. pp.81–120.ISBN978-0-521-76573-2.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2016. Besoek op18 Oktober 2015.
↑Mueller, Nils (2014)."Venus Surface and Interior". In Tilman, Spohn; Breuer, Doris; Johnson, T. V. (reds.).Encyclopedia of the Solar System (3rduitg.). Oxford: Elsevier Science & Technology.ISBN978-0-12-415845-0.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2021. Besoek op12 Januarie 2016.
↑Basilevsky, Alexander T.; Head, James W. III (1995). "Global stratigraphy of Venus: Analysis of a random sample of thirty-six test areas".Earth, Moon, and Planets.66 (3):285–336.Bibcode:1995EM&P...66..285B.doi:10.1007/BF00579467.S2CID21736261.
↑Young, Carolynn, red. (1 Augustus 1990).The Magellan Venus Explorer's Guide. California: Jet Propulsion Laboratory. p.93.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2016. Besoek op13 Januarie 2016.
↑Hahn, Rebecca M.; Byrne, Paul K. (April 2023). "A Morphological and Spatial Analysis of Volcanoes on Venus".Journal of Geophysical Research: Planets.128 (4): e2023JE007753.Bibcode:2023JGRE..12807753H.doi:10.1029/2023JE007753.
↑"Ganis Chasma".Gazetteer of Planetary Nomenclature. USGS Astrogeology Science Center.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2018. Besoek op14 April 2021.
↑Herrick, R. R.; Phillips, R. J. (1993). "Effects of the Venusian atmosphere on incoming meteoroids and the impact crater population".Icarus.112 (1):253–281.Bibcode:1994Icar..112..253H.doi:10.1006/icar.1994.1180.
↑Morrison, David; Owens, Tobias C. (2003).The Planetary System (3rduitg.). San Francisco: Benjamin Cummings.ISBN978-0-8053-8734-6.
↑(16–20 March 1981) "Density constraints on the composition of Venus".: 1507–1516, Houston, TX:Pergamon Press.
↑Dolginov, Sh.; Eroshenko, E. G.; Lewis, L. (September 1969). "Nature of the Magnetic Field in the Neighborhood of Venus".Cosmic Research.7: 675.Bibcode:1969CosRe...7..675D.
↑Kivelson, G. M.; Russell, C. T. (1995).Introduction to Space Physics. Cambridge University Press.ISBN978-0-521-45714-9.
↑Luhmann, J. G.; Russell, C. T. (1997)."Venus: Magnetic Field and Magnetosphere". In Shirley, J. H.; Fainbridge, R. W. (reds.).Encyclopedia of Planetary Sciences. New York: Chapman and Hall. pp.905–907.ISBN978-1-4020-4520-2.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2010. Besoek op19 Julie 2006.
↑Konopliv, A. S.; Yoder, C. F. (1996). "Venusiank2 tidal Love number from Magellan and PVO tracking data".Geophysical Research Letters.23 (14):1857–1860.Bibcode:1996GeoRL..23.1857K.doi:10.1029/96GL01589.
↑(April 2019) "Prospects for an ancient dynamo and modern crustal remnant magnetism on Venus"in21st EGU General Assembly, EGU2019, Proceedings from the conference held 7–12 April 2019 in Vienna, Austria.. 18876.
↑Brunier, Serge (2002).Solar System Voyage. Vertaal deur Dunlop, Storm. Cambridge University Press. p.40.ISBN978-0-521-80724-1.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2020. Besoek op17 September 2017.
↑"Identifying UFOs".Night Sky Network. Astronomical Society of the Pacific.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2021. Besoek op10 April 2021.
↑Greeley, Ronald; Batson, Raymond M. (2007).Planetary Mapping. Cambridge University Press. p.47.ISBN978-0-521-03373-2.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2021. Besoek op19 Julie 2009.
↑Hulbert, Homer Bezaleel (1909).The passing of Korea. Doubleday, Page & company. p.426. Besoek op8 Januarie 2010.
↑"Sao Kim - VOER".Vietnam Open Educational Resources. Besoek op26 Desember 2022.
↑The Book of Chumayel: The Counsel Book of the Yucatec Maya, 1539-1638. Richard Luxton. 1899. pp.6, 194.ISBN978-0-89412-244-6.
↑Milbrath, Susan (1999).Star Gods of The Mayans: Astronomy in Art, Folklore, and Calendars. Austin, TX: University of Texas Press. pp.200–204, 383.ISBN978-0-292-79793-2.