Die simbool wat wyd gebruik word om 'n veganvriendelike produk aan te dui.
Veganismeis die uitsluiting van die gebruik van diereprodukte, veral in die dieet, en 'n gepaardgaande filosofie wat die kommoditeitstatus van diere verwerp.[1] 'n Volgeling van óf die dieet of die filosofie is bekend as 'nveganis (uitgespreekVEE-gən).
Onderskeid word soms getref tussen die verskillende kategorieë van veganisme.Dieetveganiste (soms word na hul verwys as strengvegetariërs of volgelinge van 'n plant-gebaseerde dieet) vermy die verbruik van diereprodukte, nie net vleis nie maar ookeiers,suiwelprodukte, en ander dierlike stowwe. Dieetveganiste is dikwels meer gefokus op die gesondheidsaspekte van onverwerkte voedsel en verbruik, as sodanig, heuning of dra klere wat diereprodukte insluit (byvoorbeeld leer of wol).[2] Die termetiese veganis is dikwels van toepassing op diegene wat nie net 'n vegetariese dieet volg nie, maar die filosofie na ander gebiede van hul lewens uitbrei en hul verset teen die gebruik van diereprodukte vir enige doel.[n 1] 'n Ander term isomgewingsveganis wat verwys na die vermyding van dierlike produkte op die veronderstelling dat die oes van diere of industriële boerdery van diere die omgewing beskadig en onvolhoubaar is.[8]
Die termvegan is in 1944 geskep deur Donald Watson as mede-stigter van die "Vegan Society" in Engeland. Die aanvanklike betekenis was "nie-suiwel vegetariër" en later "the doctrine that man should live without exploiting animals".[9] Belangstelling het toegeneem in veganisme tydens die 2010's;vegan winkels is geopen, en veganistiese opsies is beskikbaar in meer supermarkte en restaurante in baie lande.[10]
'n Veganistiese dieet is geneig om hoër te wees in voedselvesel, magnesium, foliensuur, vitamien C, vitamien E, yster en fito-chemikalieë. Dit is laer in energie, versadigde vet, cholesterol, langketting omega-3 vetsure, vitamien D, kalsium, zinc en vitamien B12.[n 2] 'n Goed-beplande veganistiese dieet kan die risiko verlaag ten opsigte van sommige chroniese siektetoestande, insluitend hartsiektes,[12] en dit word as geskik aanvaar vir alle fases van die lewensiklus deur dieAmerican Academy of Nutrition and Dietetics, dieAustralian National Health and Medical Research Council, en ookDietitians of Canada.[13] Aangesien onbesmette plantvoedsel nie vitamien B12 voorsien nie (dit word geproduseer deur mikro-organismes soos bakterieë), is navorsers dit eens dat veganiste kos moet eet wat met vitamien B12verryk is of dat hul 'n aanvulling moet gebruik.[14]
Belangstelling in veganisme in die 2010's word weerspieël in die toenemende webblad besigtiging vir die onderwerp op Wikipedia.[15]
Die veganistiese dieet het meer hoofstroom geword in die 2010's.[10] Kettingrestaurante merk veganiese items op hul spyskaarte en supermarkte verbeter hul keuse van veganies verwerkte voedsel.[16] Die globale nagemaakte vleis mark het toegeneem met 18 persent tussen 2005 en 2010,[17] en in die VSA met agt persent tussen 2012 en 2015 tot $553 miljoen per jaar.[18] In die Verenigde Koninkryk het die plantmelkmark verhoog met 155 persent in twee jaar – van 36 miljoen liter in 2011 tot 92 miljoen in 2013.[19] Die Europese Parlement omskryf die betekenis van veganies vir voedseletikette in 2010, en dit is van krag sedert 2015.[20][21]
Die nagemaakte vleisafdeling inVeganz, 'nvegan supermark in Berlyn
Vegans eet nievleis,vark,pluimvee, wildsvleis ofvis,eiers,suiwelprodukte of enige ander dierprodukte nie, byvoorbeeld gelatien. Dieetveganiste mag dierlike produkte in klere (soos leer, wol en sy) en toiletware gebruik.[22] Etiese veganiste verwerp die kommodifisering van diere.[23] Die British Vegan Society sal 'n produk slegs sertifiseer as daar geen diere betrokke is so ver as wat dit prakties en moontlik is nie, insluitend die toetsing van diere.[24]
Filosoof Gary Steiner argumenteer dat dit nie moontlik is om geheel en alvegan te wees nie, omdat dierlike gebruik en produkte onlosmaaklik deel is van die menslike samelewing.[25] Dierlike produkte se algemene gebruik sluit in albumien, allantoïen,byewas,bloed,kaseïen,gelatien,keratien, melksuur, retinol en wei. Sommige van hierdie is chemiese verbindings wat verkry kan word van dierprodukte, van plante of van petrochemikalieë. Allantoin, melksuur en retinol byvoorbeeld, kan veganies wees. Hierdie produkte en hul oorsprong is nie altyd ingesluit in die lys van bestanddele nie.[26]
Etiese veganiste sal nie kledingstukke koop wat van dierlike oorsprong is nie of skoonheidsmiddels gebruik wat dierlike produkte bevat nie. Hulle vermy sekere entstowwe soos die griepentstof omdat dit in hoendereiers gekweek word.[27] Sommigevegan klere, veral alternatiewe vir leer, word gemaak van petroleum-gebaseerde produkte, wat lei tot kritiek as gevolg van die omgewingskade wat aangerig word tydens produksie.[28]
Sommige vegetariërs argumenteer dat die beperkings van 'n veganistiese lewenstyl onprakties is en dat 'n vegetariese leefstyl 'n beter mikpunt is.[29][30]
Die vernaamste verskil tussen 'n veganistiese en vegetariese dieet is dat veganiste eiers en suiwelprodukte uitsluit. Etiese veganiste gaan van die veronderstelling uit dat die produksie van hierdie produkte lyding van diere en voortydige dood veroorsaak. In eier produksie word die meeste manlike kuikens doodgemaak omdat hulle nie eiers lê nie.[31] Om melk te verkry uit melkbeeste, word koeie dragtig gemaak om laktasie te veroorsaak; hulle word swanger en lakterend gehou vir drie tot sewe jaar, waarna hul geslag word. Vroulike kalwers word geskei van hul moeders binne 24 uur na geboorte en met melkvervanger gevoed om die koei se melk vir menslike verbruik te behou. Manlike kalwers word geslag by geboorte, gestuur vir kalfsvleisproduksie of grootgemaak vir beesvleis.[32]
Vegangroepe verskil oor insekprodukte en sommige groepe beskou heuning, sy en ander insekprodukte nie as geskik vir veganiese gebruik nie.[33][34][35] Agave nektar is 'n gewilde veganiese alternatief vir heuning.[36]
Sedert 1991 het die Physicians Committee for Responsible Medicine (PCRM) 'n geen-cholesterol, lae-vet vegetariese dieet aanbeveel wat gebaseer is op wat hulle noem die "Nuwe Vier Voedselgroepe": vrugte, peulplante, graan en groente. Peulgewasse sluit ertjies,bone, lensies en grondboontjies.[37]
Die Nuwe Vier voedselgroepe is geskep as 'n alternatief vir die Vier Voedselgroepe – vleis, melk, groente en vrugte, vleis, grane en brood – aanbeveel deur die Verenigde State Departement van Landbou (USDA) vanaf 1956 tot 1992.[38] In 1992 het die USDA dit vervang met die voedselpiramide en in 2011 met MyPlate, wat in ooreenstemming is met 'n veganistiese dieet.[39] In die Verenigde Koninkryk beveel die National Health Service die Eatwell Plate aan.[40]
Veganism blyk voordele in te hou vir die gesondheid, insluitend 'n verlaagde risiko van tipe 2-diabetes,hoë bloeddruk,vetsug en hartsiektes.[12] Daar is bewyse dat 'n vegetariese dieet gewigsverlies steun en meer effektief is as 'n vegetariese of nie-vegetariese dieet, veral oor die korttermyn.[41] Studies deur Adventists het voorgestel dat veganiste 'n verlaagde risiko kan hê vir die meestekankers, maar wel 'n groter risiko vir urienweg kanker.[42]
Volgens die dieetkundige, Winston Craig, in die American Journal of Clinical Nutrition 2009,[n 2] is veganiste geneig om maerder te wees met laer cholesterol en laer bloeddruk. Faktore wat verband hou met 'n streng vegetariese dieet wat beskou kan word as kanker-beskermend, sluit in 'n verhoogde inname van vrugte en groente; afwesigheid van vleis; bronne vanvegan proteïen, insluitend soja proteïen; en 'n tipies laer liggaamsmassa-indeks (BMI).[11]
Die uitskakeling van alle dierlike produkte verhoog die risiko van tekorte aan vitamien B12 en D, proteïene en omega-3 vetsure. Craig het veganiste aangeraai om verrykte kos of aanvullings in te neem, en het gewaarsku dat yster en sink problematies mag wees as gevolg van beperkte bio-beskikbaarheid. Daar is ook 'n risiko van lae beenmineraaldigtheid sonder aanvullings.[11]
Rou veganisme is 'n dieet wat die konsepte van veganisme en die rou kosneiging kombineer. Dit sluit al die voedsel en produkte van dierlike oorsprong uit, sowel as kos wat by 'n temperatuur bo 48 °C (118 °F) gaargemaak is.
Etiese veganisme is gekant teen die aanname dat mense superieur is teenoor diere en gevolglik diere kan uitbuit (spesiesisme). Vertakkings binne die diereregte teorie sluit in 'n deontologiese (regte) benadering en konsekwensialistiese (nuttigheid) benadering, sowel as beskerming wat verbeterde omstandighede nastreef vir diere, en afskaffing wat poog om 'n einde te bring aan menslike eienaarskap van diere.[43][44]
Regsprofessor, Gary Francione, 'n regte teoretikus en prominente afskaffer, argumenteer dat alle voelende wesens die reg het om nie as eiendom behandel te word nie; dat die aanneming van veganisme as basislyn moet dien vir enigiemand wat glo dat diere 'n inherente morele waarde het.[45][n 3]
Die omgewingsveganis fokus opbewaring en verwerp die gebruik van dierlike produkte op die veronderstelling dat visvang, jag, boerdery en veral fabrieksboerdery, nie volhoubaar is vir die omgewing nie.[8] Sowat 30 persent van die planeet se oppervlak is gewy aan die lewendehawe-sektor. In die Verenigde State van Amerika word tien miljard landdiere elke jaar doodgemaak vir menslike verbruik, en in 2005 is 48 miljard voëls dood wêreldwyd.[47][48] 'n 2006 VN-verslag,Livestock's Long Shadow, word tot die gevolgtrekking gekom dat veeboerdery (meestal met koeie, hoenders en varke) die lug, grond, water,biodiversiteit enklimaatsverandering affekteer.[49]
↑Laura Wright, 2015: "[The Vegan Society] definition simplifies the concept of veganism in that it assumes that all vegans choose to be vegan for ethical reasons, which may be the case for the majority, but there are other reasons, including health and religious mandates, people choose to be vegan. Veganism exists as a dietary and lifestyle choice with regard to what one consumes, but making this choice also constitutes participation in the identity category of 'vegan'."[3]Brenda Davis, Vesanto Melina, 2013: "There are degrees of veganism. Apure vegetarian ordietary vegan is someone who consumes a vegan diet but doesn't lead a vegan lifestyle. Pure vegetarians may use animal products, support the use of animals in research, wear leather clothing, or have no objection to the exploitation of animals for entertainment. They are mostly motivated by personal health concerns rather than by ethical objections. Some may adopt a more vegan lifestyle as they are exposed to vegan philosophy."[4]Laura H. Kahn, Michael S. Bruner, 2012: "A vegetarian is a person who abstains from eating NHA [non-human animal] flesh of any kind. A vegan goes further, abstaining from eating anything made from NHA. Thus, a vegan does not consume eggs and dairy foods. Going beyond dietary veganism, 'lifestyle' vegans also refrain from using leather, wool or any NHA-derived ingredient."[5]Gary Francione,Robert Garner, 2010: "Although veganism may represent a matter of diet or lifestyle for some, ethical veganism is a profound moral and political commitment to abolition on the individual level and extends not only to matters of food but also to the wearing or using of animal products."[6]
Vegetarian and vegan diets may be referred to asplant-based and vegan diets asentirely plant-based.[7]
↑2,02,1Winston J. Craig,The American Journal of Clinical Nutrition, 2009: "Vegan diets are usually higher in dietary fiber, magnesium, folic acid, vitamins C and E, iron, and phytochemicals, and they tend to be lower in calories, saturated fat and cholesterol, long-chain n–3 (omega-3) fatty acids, vitamin D, calcium, zinc, and vitamin B-12. ... A vegan diet appears to be useful for increasing the intake of protective nutrients and phytochemicals and for minimizing the intake of dietary factors implicated in several chronic diseases."[11]
↑Gary Francione, 2009: "We all believe it's wrong to inflict unnecessary suffering and death on animals. ... So now the next question becomes "what do we mean by necessity?" Well, whatever it means, whatever abstract meaning it has, if it has any meaning whatsoever, its minimal meaning has to be that it's wrong to inflict suffering and death on animals for reasons of pleasure, amusement or convenience ... Okay. Problem is 99.9999999 percent of our animal use can only be justified by reasons of pleasure, amusement or convenience. It's gotta go."[46]
↑Laura Wright,The Vegan Studies Project: Food, Animals, and Gender in the Age of Terror, University of Georgia Press, 2015, p. 2.
↑Brenda Davis, Vesanto Melina,Becoming Vegan: Express Edition, Book Publishing Company, 2013, p. 3.
↑Laura H. Kahn, Michael S. Bruner, "Politics on Your Plate: Building and Burning Bridges across Organics, Vegetarian, and Vegan Discourse," in Joshua Frye (ed.),The Rhetoric of Food: Discourse, Materiality, and Power, Routledge, 2012, p. 46.
↑Gary Francione,Robert Garner,The Animal Rights Debate: Abolition Or Regulation?, Columbia University Press, 2010, p. 62.
↑Donald Watson,Vegan News, No. 1, November 1944, p. 2; Leslie Cross,"Veganism Defined",The Vegetarian World Forum, 5(1), Spring 1951.
↑10,010,1"Veganisme wordt mainstream" (in Nederlands). Vlaams infocentrum land- en tuinbouw. 9 Februarie 2016.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op10 Maart 2016.
↑12,012,1Note: several sources use the wordvegetarian to refer to a vegan or entirely plant-based diet:
↑"Position of the American Dietetic Association: vegetarian diets",Journal of the American Dietetic Association, 109(7), July 2009, pp. 1266–1282: "It is the position of the American Dietetic Association that appropriately planned vegetarian diets, including total vegetarian or vegan diets, are healthful, nutritionally adequate, and may provide health benefits in the prevention and treatment of certain diseases.
↑Roman Pawlak, et al. (Nutrition Reviews, 2013): "The main finding of this review is that vegetarians develop B12 depletion or deficiency regardless of demographic characteristics, place of residency, age, or type of vegetarian diet. Vegetarians should thus take preventive measures to ensure adequate intake of this vitamin, including regular consumption of supplements containing B12
↑"European Parliament legislative resolution of 16 June 2010", European Parliament: "The term 'vegan' shall not be applied to foods that are, or are made from or with the aid of, animals or animal products, including products from living animals."
↑S. Aerts, et al., "Culling of day-old chicks: opening the debates of Moria?" in Kate Millar, Pru Hobson West, Brigitte Nerlich (eds.
↑Lori Gruen,Ethics and Animals, Cambridge University Press, 2011, pp. 85–86; Erik Marcus,Veganism: The New Ethics of Eating, McBooks Press, 2000, pp. 128–129.
↑Gaverick Matheny, "Least Harm: A Defense of Vegetarianism from Steven Davis's Omnivorous Proposal,"Journal of Agricultural and Environmental Ethics, 16(5), 2003, pp. 505–511 (courtesy linkGeargiveer 15 September 2008 opWayback Machine).
↑Henning Steinfeld, et al.,Livestock's Long Shadow, Food and Agriculture Organization, United Nations, 2006, p. 132.