Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Kontinentale plat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafVastelandsplat)
’n Skematiese voorstelling van die oorgang van ’n kontinent na ’n oseaan

   Die wêreldwye kontinentale platte

’nKontinentale plat ofvastelandsplat is ’n onderwaterlandmassa wat van ’nkontinent af uitstrek en ’n gebied met relatief vlak water tot gevolg het. Baie van die platte is ontbloot tydensglasiale en interglasiale tye. Die plat om ’n eiland word ’ninsulêre plat ofeilandsplat genoem.

Beskrywing

[wysig |wysig bron]

Die kontinentale helling, tussen die kontinentale plat en die abissale vlakte (oseaan), bestaan uit ’n steil helling. Afsettings van die kontinent daarbo tuimel teen die helling af en vergader in ’n hoop aan die voet van die helling, wat as die kontinentale verheffing bekend is. Dit kan tot 500 km van die helling af strek en bestaan uit dik afsettings wat deurtroebeldigtheidstrome van die plat en helling daarheen gevoer word.[1][2] Die skuinste van die verheffing is tussen dié van die helling en die plat.

Volgens dieVerenigde Nasies se konvensie oor seereg het die term "kontinentale plat" ’n regsdefinisie as die deel van die seebedding reg langs die kus van ’n spesifieke land, waartoe dit behoort.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Gross, M. Grant (1972).Oceanography: A View of the Earth. Englewood Cliffs: Prentice-Hall.ISBN 978-0-13-629659-1. Besoek op12 Januarie 2016.
  2. Pinet, Paul R. (2003).Invitation to Oceanography. Boston: Jones & Bartlett Learning.ISBN 978-0-7637-2136-7. Besoek op13 Januarie 2016.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kontinentale_plat&oldid=2710500"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp