Soet-en-suur vark, 'n Chinese dis wat baie gewild geword het in die Weste.Vars geslagte varkkarkasse word aan verbruikers afgelewer inParys,Frankryk.'n Speenvark op die spitbraai
Varkvleis (Engels: "pork") is die kulinêre naam vir dievleis van diemakgemaaktevark (Sus domesticus). Dit is een van die mees algemeen verbruikte voedsels ter wêreld. Bewyse van varkboerdery dateer terug tot 5000 v.C.
Varkvleis word beide vars gaargemaak geëet, of van bewaarde disse genuttig. Kuur van die vleis verleng die raklewe van varkprodukte. Ham, gerookte varkvleis,polonie,salami, spek enboerewors is voorbeelde van bewaarde varkvleis.
Vars varkvleis kan Trichinose bevat. Die USDA beveel aan dat gemaalde varkvleis gekook word teen 'n interne temperatuur van 70°C (160°F), gevolg deur 'n 3 minute rustyd, of 'n heelsnit tot 'n minimum interne temperatuur van 63°C (145°F), ook gevolg deur 'n 3 minute rustyd.