Vanuatu was bevolk deurMelanesiërs. Vanuatu (van-WAH-toe) beteken "ons land" en die plaaslike mense noem hulself die "Ni-Vanuatu". Voor hul onafhanklikheid in 1980 van dieVerenigde Koninkryk enFrankryk was hierdie groep van 83 eilande bekend as dieNuwe Hebride – 'n naam wat deur kommandeurJames Cook gegee is na aanleiding van dieHebride inSkotland. In 1606 het die eerste Europeërs onder leiding van diePortugese ontdekkingsreisigerFernandes de Queirós die grootste eiland van dieargipel bereik. Nadat die krone van Portugal enSpanje verenig is, het Queirós die argipel vir Spanje as deel van Spaans-Oos-Indië opgeëis en ditLa Austrialia del Espíritu Santo genoem.
Alhoewel Vanuatu seampstale Engels, Frans en Bislama is, word daar 105 ander tradisionele tale dwarsoor die eilande gepraat. Daar is 'n aktiewevulkaan genaamdAzur op die suidelike eiland Tanna geleë en die eilandAmbrym het ook aktiewe vulkane.
Vanuatu se naam is afgelei van die woordvanua ("land" of "tuis")[9] wat in verskeieAustronesiese tale voorkom en op sy beurt afgelei is van die Proto-Austronesiesebanua en die woordtu ("om te staan").[10] Saam verwys albei woorde na die onafhanklike status van die nuwe land.[11]
↑(en)John Lynch, Fa'afo Pat, red. (1993).Proceedings of the first International Conference on Oceanic Linguistics. Australian National University. p.319.
↑(en)G. W. Trompf (1987).The Gospel Is Not Western: Black Theologies from the Southwest Pacific. Orbis Books. p.184.
↑(en)Sabine C. Hess (2009).Person and Place: Ideas, Ideals and the Practice of Sociality on Vanua Lava, Vanuatu. Berghahn. p.115.ISBN978-1-84545-599-6.