Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Vanessa Redgrave

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vanessa Redgrave
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Redgrave in 2011 by dieBerlynse Rolprentfees.

Geboorte30 Januarie 1937 (1937-01-30) (88 jaar oud)
Aktiewe jare1958-tans
ToekenningsOrde van die Britse Ryk

Vanessa Redgrave,CBE (gebore op30 Januarie1937) is ’nBritseaktrise van die verhoog,rolprente entelevisie, asook ’n politieke aktivis. Sy is in 2003 in die Amerikaanse teater-eresaal opgeneem[1] en het in 2010 ’nBafta-fellow geword.[2]

Loopbaan

[wysig |wysig bron]
Redgrave in 2007.

Redgrave het in 1961 bekend geword in die rol van Rosalind inAs You Like It vir die Royal Shakespeare Company. Sy het sedertdien in meer as 35West End- enBroadway-produksies opgetree; in 1984 het sy dieOlivier-prys virThe Aspern Papers gewen en in 2003 dieTony virLong Day's Journey into Night. Sy het ook Tony-benoemings gekry vir die toneelstukkeThe Year of Magical Thinking enDriving Miss Daisy.

Sy het verder in meer as 80rolprente verskyn en is ses keer vir ’nOscar benoem; sy het gewen vir die titelrol inJulia (1977). Haar ander benoemings was virMorgan: A Suitable Case for Treatment (1966),Isadora (1968),Mary, Queen of Scots (1971),The Bostonians (1984) enHowards End (1992).

Van haar ander bekende rolle was inA Man for All Seasons (1966),Blowup (1966),Camelot (1967),The Devils (1971),Murder on the Orient Express (1974),Prick Up Your Ears (1987),Mission: Impossible (1996),Atonement (2007),Coriolanus (2011) enThe Butler (2013). Sy is deurArthur Miller enTennessee Williams "die grootste lewende aktrise van ons tyd" genoem. Sy het talle pryse gewen: ’n Oscar,Emmy, Tony,Bafta, Olivier-prys, prys vir beste aktrise op dieCannes-rolprentfees,Golden Globe en Screen Actors Guild Award.

Sy is lid van die Redgrave-gesin van akteurs; sy is die dogter van sirMichael Redgrave en lady Redgrave (die aktriseRachel Kempson), die suster vanLynn Redgrave enCorin Redgrave, die ma vanJoely Richardson enNatasha Richardson, die tante vanJemma Redgrave en die skoonma vanLiam Neeson.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Theater honours put women in the spotlight".Pittsburgh Post-Gazette (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op5 Februarie 2014.
  2. "Vanessa Redgrave to receive Academy Fellowship" (in Engels). Bafta. 21 Februarie 2010.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2014. Besoek op26 Augustus 2010.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
National Society of Film Critics-toekenning vir beste aktrise
1966–2000
2001–hede
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Vanessa_Redgrave&oldid=2216920"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp