Lengtemate aangedui aan die Ou Raadhuis inRegensburg, Duitsland. Die inskrif lui: "die stadsschuch[,] die stadsöln en die stadsklafter", wat onderskeidelik beteken: die stad-voet (middel), -el (regs), en -vaam (links).
Vaam is 'n ou lengtemaat, die lengte van uitgestrekte arms, wat in dieskeepsvaart in gebruik was. Dit is ongeveer 1,8m lank. Dit kan ookvadem genoem word. Dit het weens diemetrieke stelsel in onbruik verval.[1]