VSA Krieket | |
---|---|
![]() Kenteken van VSA Krieket | |
Engelse naam | USA Cricket |
Afkorting | USAC |
Land | ![]() |
Sportsoort | Krieket |
Stigting | Junie 2017 (1961) |
Lid van | Internasionale Krieketraad |
Aangesluit in | 2018 |
Vastelandse beheerliggaam | IKR Amerikas |
Voorsitter | Venu Pisike |
Hoof- uitvoerende beampte | Noor Mohammad Murad |
Setel | Dallas,Texas, Verenigde State |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | usacricket.org |
VSA Krieket (Engels:USA Cricket, afgekort “USAC”) is die bestuursliggaam watkrieket in dieVerenigde State beheer en is inDallas gesetel. Die beheerliggaam is in 2017 gestig en het dieAmerikaanse Krieketvereniging (United States of America Cricket Association, “USACA”) vervang, wat in 1961 gestig is. Sedert 2018 verteenwoordig dit die Verenigde State by dieInternasionale Krieketraad (IKR) as ’n assosiaatlid en ook by dieIKR Amerikas (ICC Americas).
Die Amerikaanse Krieketvereniging (United States of America Cricket Association, “USACA”) is in 1961 gestig en in 1965 het dit ’n assosiaatlid van dieInternasionale Krieketraad (IKR) geword.[1] In 2007 is die Amerikaanse Krieketvereniging deur die IKR geskors en dienasionale span van die wêreldkrieketliga se afdeling drie uitgesluit, waarmee hulle nie meer vir dieKrieketwêreldbeker 2011 kon kwalifiseer nie.[2] Die skorsing was die gevolg van ’n interne dispuut oor ’n grondwet vir die nasionale beheerliggaam. Vroeg in 2008 is die geskil opgelos en die skorsing op 1 April dieselfde jaar opgehef.[3]
Op 22 Junie 2017 het op die IKR se jaarlikse vergadering inLonden die IKR se volle rad eenparig besluit – ná aanleiding van ’n aanbeveling deur die Raad in April, en ’n onlangse verhoor oor geskilbeslegtingskomitees voor Michael Beloff, wat in Junie 2017 afgehandel is – om die Amerikaanse Krieketvereniging uit te sluit. Dit het die beheerliggaam se weiering om ’n deur die IKR goedgekeurde grondwet aan te neem ingesluit.[4] In dieselfde maand is ’n nuwe goedgekeurde beheerliggaam, VSA Krieket, gestig en in 2018 het hulle as ’n geassosieerde lid by die IKR aangesluit.[5][6][7]
VSA Krieket organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend dieVerenigde State se nasionale seniorkrieketspan vir mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie vanEDI- enT20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is VSA Krieket verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Verenigde State se span. DieAmerikaanse Maagde-eilande, ’neilandgebied van die Verenigde State, is ’n lid vanKrieket Wes-Indië, waarvolgens van sy spelers vir dieWes-Indiese nasionale krieketspan gekeur mag word.[8]
Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugkrieket in die Verenigde State. Net soos ander krieketlande beskik die Verenigde State oor ’n o/19-nasionale span wat aan dieo/19-krieketwêreldbeker deelneem.[9]
Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die professioneleMajor League Cricket, waaraan in 2024 ses spanne deelneem, is die belangrikste krieketliga in die Verenigde State en is in 2023 ten einde van die Amerikaanse krieket se verdere ontwikkeling gestig. Benede die Major League Cricket word sedert 2021 dieMinor League Cricket beslis, waaraan in 2024 26 spanne deelneem.
Die huisvesting van internasionale toernooie is ook een van hul take. VSA Krieket het saam metWes-Indië dieT20I-wêreldbeker 2024 aangebied.[10]
VSA Krieket se kenteken toon ’n rooi krieketkolf voor ’n rooi-wit-gestreepte skild met die wit beletteringUSA Cricket onder op ’n blou agtergrond; wit, blou en rooi is die Verenigde State se nasionale kleure.