Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

V-2-vuurpyl

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
V-2-vuurpyl

Peenemünde-Museum se replika van 'n V-2
Tipeonbemande geleide ballistiese vuurpyl
OorsprongVlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland
Diensgeskiedenis
In gebruik1944–1952
Gebruik deurTweede Wêreldoorlog

Naoorlogs:

Produksiegeskiedenis
OntwerperHeeresversuchsanstalt Peenemünde
VervaardigerMittelwerk GmbH
Koste per eenheid100 000 RM in Januarie 1944, 50 000 RM in Maart 1945[1]
Vervaardig16 Maart 1942–1945 (Nazi-Duitsland)
sommige naoorlogse gebruikers
Spesifikasie
Massa12 500 kg
Lengte14 m
Diameter1,65 m
Vulsel1 000 kg;Amatol (plofbare gewig: 910 kg)
Ontstekings-
meganisme
Impak

Operasionele
bereik
320 km
Dryfmiddel3 810 kg 75%etanol
25% water
4 910 kg vloeibare suurstof
Vlerkwydte3,56 m
Vlieghoogte88 km maksimum hoogte op langafstandbaan
206 km maksimum hoogte wanneer vertikaal afgevuur
SnelheidMaksimaal: 5 760 km/h
By impak: 2 880 km/h
LeistelselGyroskope om rigting te bepaal
Müller-tipe hangende gyroskopiese versnelling vir die afsny van enjins op die meeste gebruikte vuurpyle[2][3]
LanseerplatformMobiele (Meillerwagen)

DieV-2 was die eerste onbemande geleide ballistiesevuurpyl. Die A-4 (Aggregat 4), later hernoem na V2, was die opvolger van dieV-1. Die hoofmotor van die vuurpyl hetmetanol envloeibare suurstof as brandstof gebruik. Die brandstofpompe is aangedryf metwaterstofperoksied en natriumpermanganaat.

'n V-2 kon 'n maksimum hoogte van 83 tot 93 km bereik en het 'n reikafstand van tussen 321 en 362 km gehad. Die plofkop het bestaan uitAmatol Fp60/40, het ongeveer 738 kg geweeg en kon 'n hele blok huise in een slag vernietig. Net voor dit opgestyg het, het die V-2 sowat 4 040 kg geweeg. Die vuurpyl het een swaarteversnelling met opstyging bereik wat mettertyd toegeneem het tot met 8 swaarteversnellings net voor die motor afgeskakel is. Die vuurpyl het 'n valsnelheid van 3 600 km/h bereik en het sy teiken getref teen drie keer diespoed van klank.

Die vuurpyl is vir die eerste keer in operasionele gebruik geneem op8 September1944; metParys enLonden as teikens. Die V2-offensief het geduur vanaf September 1944 tot en met Maart van 1945. In hierdie periode is meer as 3 000 vuurpyle afgevuur. Die gebied rondomLonden is deur meer as 500 V2's getref en 'n paar honderd het verder weg neergekom.Londen enAntwerpen was eers belangrike teikens maar daar is ook vele V2's opIpswich enNorwich asook op die Geallieerde besette dele vanBelgië,Frankryk,Nederland en op die ou einde selfs op besette dele vanDuitsland.

Aandrywing

[wysig |wysig bron]
'n V-2 vuurpyl word gelanseer

Die hoofmotor se brandstof het bestaan uit 'n mengsel vanalkohol (75%etanol en 25% water) en vloeibare suurstof. Die stelsel het ongeveer 250kN se stukrag met opstyging en sowat 725 kN se stukrag teen sy topsnelheid gelewer. Die vuurpylmotor het vir ongeveer 70 sekondes lank gebrand en die V2 het 'n topsnelheid van 1 341 meter per sekonde bereik.

Die V2 se motor het 'n groot hoeveelheid brandstof in die verbrandingskamer ingepomp deur middel van twee brandstofpompe wat deur 'n enkelegasturbine aangedryf is. Die gasturbine het teen 5000 toere per minuut gedraai en het twee spesiale brandstowwe gebruik: natriumpermanganaat (20%) en waterstofperoksied (80%); waarvan daar sowat 130 liter in 'n klein tenk gestoor is. Die vloeistof is uit die tenk uitgedruk deur saamgeperste stikstof wat in 'n gasbottel gestoor is. Die versterkte raam was 'n baie belangrike deel van die motor se ontwerp. Dit kon 250 kN se stukrag weerstaan maar was tog baie lig gewees.

Geleiding

[wysig |wysig bron]

Die V2 se geleiding het bestaan uit 'n gevorderdegiroskopiese stelsel wat seine na dieaërodinamiese stuurvinne en lemme in die uitlaat van die verbrandingskamer gestuur het. Van die V2 vuurpyle kon vanaf die grond gelei word deur 'n radiostraal wat op die missiel gerig was. Slegs sowat 25% van die V2's het oor die gevorderde geleidingstelsel beskik; die meerderheid was voorsien van 'n growwe meganiese stelsel. Hierdie vuurpyle se akkuraatheid was beperk en kon teen die vuurpyl se maksimum reikafstand enige plek binne 'n radius van 7 tot 17 km van die teiken af land. Die wapen was dus slegs geskik vir gebruik teen digbevolkte gebiede. Die wapen se akkuraatheid was aanmerklik beter op korter afstande.

Gebruik in die Tweede Wêreldoorlog

[wysig |wysig bron]

Die eerste V2 het op die 7de Oktober 1944 teBrasschaat geval. Byna 1 300 V2's is opAntwerpen afgevuur en het duisende sterftes tot gevolg gehad. In Engeland is meer as 2 700 sterftes deur meer as 1 100 V2's veroorsaak wat hoofsaaklik vanafDen Haag afgevuur is. In totaal as daar ongeveer 10 000 vuurpyle gebou waarvan tussen 3 000 en 4 000 tydens dieTweede Wêreldoorlog afgevuur is. Die vuurpyle is grotendeels met behulp van slawe-arbeid gebou in 'n ondergrondse fabriek,Mittelbau-Dora teNordhausen waar die V1 en die Wasserfall ook vervaardig is.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Kennedy, Gregory P. (1983).Vengeance Weapon 2: The V-2 Guided Missile. Washington, DC: Smithsonian Institution Press. pp. 27, 74.
  2. 10% van die Mittelwerk se vuurpyle het 'n geleidingsbalk vir afsny gebruik.
  3. Neufeld, Michael J (1995).The Rocket and the Reich: Peenemünde and the Coming of the Ballistic Missile Era. New York: The Free Press. pp. 73, 74, 101, 281.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019. Besoek op15 November 2019.

Verdere leeswerk

[wysig |wysig bron]
  • Cornwell, J.,Hitler's scientists. Science, war and the devil's pact, Londen, Viking,2003

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=V-2-vuurpyl&oldid=2663221"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp