Utenaluister(hulp·inligting) (Duits:Utenen,Pools:Uciana) is die kernstad van die gelyknamige rajonmunisipaliteit in die noordooste vanLitaue en administratiewe setel van die gelyknamige distrik. Die kernstad se bevolking is in 2017 as 26 491 bepaal, dié van die rajonmunisipaliteit (Utenos rajono savivaldybė)as 38 890. Utena se stadsbeeld word oorheers deur die groot Dauniškis-meer in sy sentrum. Anders as sy omgewing in die suide, noorde en ooste met uitgestrekte bosse en talle mere is Utena eerder 'n nywerheidstad as 'n toeristetrekpleister.
In Litaue word Utena veral met die plaaslike brouery en sy gewilde bierhandelsmerkUtenos verbind.[1]
- ↑Bodo Thöns:Litauen entdecken. Europas neuer Mittelpunkt im Baltikum. Derde hersiene uitgawe. Berlin: Trescher 2006, bl. 253