Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ur-Nammu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ur-Nammu
Koning Ur-Nammu, stigter van die Derde Dinastie van Ur, op ’n silinderseël.
Koning Ur-Nammu, stigter van dieDerde Dinastie van Ur, op ’nsilinderseël.
Bewindc. 2112-2094 v.C.
VoorgangerUtu-hengal
OpvolgerShulgi
KindersShulgi
KoningshuisDerde Dinastie van Ur
Ur-Nammu het dieGroot Ziggoerat van Ur laat bou.
Ur-Nammu se wydingstablet vir die Tempel van Inanna in Uruk.[1] Dit lui: "Vir sy dame Inanna, Ur-Nammu die magtige man, koning van Ur en koning van Sumer en Akkad".

Ur-Nammu (ofOer-Nammoe,Ur-Namma,Ur-Engur,Ur-Gur;Sumeries:𒌨𒀭𒇉; bewind omstreeks 2112-2094 v.C.,middelchronologie) het dieSumerieseDerde Dinastie van Ur in Suid-Mesopotamië gestig nadat die streek verskeie eeue lank onderAkkadiese enGoetese heerskappy was. Sy groot prestasie was om ’n staat op te bou en hy word veral onthou vir sy regskode, dieKode van Ur-Nammu, die oudste bewaarde voorbeeld ter wêreld. Sy titels was "koning vanUr" en "koning vanSumer enAkkad".

Bewind

[wysig |wysig bron]

Volgens dieSumeriese Koningslys het Ur-Nammu 18 jaar lank regeer.[2] Jaarname vir 17 van dié jare is bekend, maar die volgorde is onseker. Een jaarnaam vermeld die verwoesting vanGoetium, terwyl twee blykbaar sy regshervormings gedenk.[3]

Onder sy militêre suksesse tel die verowering vanLagasj en die oorwinnings oor sy vorige oorheersers byUruk. Hy is eindelik erken as ’n belangrike streekheerser (vanUr,Eridu en Uruk) op ’n kroning inNippur en hy het glo geboue in Nippur, Larsa, Kisj, Adab en Umma laat bou. Hy het ook die paaie en algemene orde herstel ná die Goetese tydperk.[4] Dit is nou bekend dat die bewind vanPuzur-Inshushinak inElam met syne oorvleuel het.[5] Ur-Nammu, wat homself "koning van Sumer en Akkad" genoem het, is moontlik die persoon wat vroeg in sy bewind die gebiede van Sentraal- en Noord-Mesopotamië verower het wat Puzur-Inshushinak beset het, waarskynlik ten koste van die Goeteërs, voordat hySusa verower het.[6]

Ur-Nammu het opdrag vir die bou van ’n paarziggoerats gegee, insluitende dieGroot Ziggoerat van Ur.[7]

Hy is in ’n geveg teen die Goeteërs dood nadat sy leër hom versaak het.[4] Hy is ná sy dood vergoddelik en deur sy seunShulgi opgevolg.[2] Sy dood op die slagveld is gedenk in die lang geskrif "Dood van Ur-Nammu".[4][8][9]

Jaarname van Ur-Nammu

[wysig |wysig bron]

Feitlik al die jaarname van Ur-Nammu is bekend en dit gedenk groot gebeure tydens sy bewind. Die belangrikste naamjare is:

Jaar: "Ur-Namma (is) koning"
Jaar: "Ur-Namma verklaar amnestie in die land"
Jaar: "Die muur van Ur word gebou"
Jaar: "Die koning ontvang koningskap van Nippur"
Jaar: "Die tempel van Nanna word gebou"
Jaar: "Die A-Nintu-kanaal word gebou"
Jaar: "Die land van die Goeteërs word verwoes"
Jaar: "Die god Lugal-bagara word in sy tempel ingebring"

Belangrikste jaarname van die bewind van Ur-Nammu.[10]

Artefakte

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Enderwitz, Susanne; Sauer, Rebecca (2015).Communication and Materiality: Written and Unwritten Communication in Pre-Modern Societies (in Engels). Walter de Gruyter GmbH & Co KG. p. 28.ISBN 978-3-11-041300-7.
  2. 2,02,1Thorkild Jacobsen,The Sumerian King List (Chicago: University of Chicago Press, 1939),pp. 122f
  3. Year-names for Ur-Nammu
  4. 4,04,14,2Hamblin, William J.,Warfare in the Ancient Near East to 1600 BC (New York: Routledge, 2006).
  5. Wilcke; SeeEncyclopedia Iranica articles AWAN, ELAM
  6. Steinkeller, Piotr.Puzur-Inˇsuˇsinak at Susa: A Pivotal Episode of Early Elamite History Reconsidered (in Engels). pp. 298–299.
  7. "The ziggurat (and temple?) of Ur-Nammu". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 8 Julie 2007. Besoek op8 Julie 2007.
  8. Shipp, R. Mark (2002).Of Dead Kings and Dirges: Myth and Meaning in Isaiah 14:4b-21 (in Engels). BRILL. pp. 61–63.ISBN 978-90-04-12715-9.
  9. Kramer, Samuel Noah (1967). "The Death of Ur-Nammu and His Descent to the Netherworld".Journal of Cuneiform Studies.21: 104–122.doi:10.2307/1359365.ISSN 0022-0256.JSTOR 1359365.
  10. "Year names of Ur-Nammu".
  11. "Hash-hamer Cylinder seal of Ur-Nammu".British Museum.

Skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ur-Nammu&oldid=2586296"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp