Universiteit van Fort Hare | |
---|---|
![]() | |
Die hoofingang na die universiteit op Alice. | |
Leuse: | In lumine tuo videbimus lumen |
Leuse inAfrikaans: | In U lig sien ons die lig |
Leuse inEngels: | In your light we shall see the light |
Gestig: | 8 Februarie1916 |
Tipe: | Openbare universiteit |
Studentetal: | 11 074 (2011) |
Ligging: | Hoofkampus:Alice Ander:Bhisho en Oos-Londen,Oos-Kaap 32°47′13.4″S26°50′56.7″O / 32.787056°S 26.849083°O /-32.787056; 26.849083 |
Webtuiste: | ufh.ac.za |
DieUniversiteit van Fort Hare (UFH) was die tweede universiteit inSuid-Afrika en die eerste plaaslike instelling wat tersiêre onderwys aanAfrikane verskaf het. Die Universiteit was 'n voortvloeisel van die teologiese skool wat aan die einde van die19de eeu in hierdie gebied deur die Skotse sendeling James Stewart en sy vrou gestig is. DieAfrikaanssprekende bevolking sou eers heelwat later hulle eie universiteit kry, naamlik dieUniversiteit van Stellenbosch.
Die universiteit lê aan dieTyhumerivier inAlice in dieOos-Kaap en het 'n ryk geskiedenis. Die gebied was gedurende die 19de eeu vir 'n lang tyd die oorlogsterrein in nege oorloë teen dieXhosas. Dit was eers 'n aparte Britse kolonie (British Kafraria genoem). Die Britte het stukke land aan die Xhosas wat bereid was om aan hul kant te veg (die amaFengu) gegee. Fort Hare was self oorspronklik 'n Britse fort en 'n aantal ruïnes is nog op die kampus van die universiteit sigbaar.
Die universiteit het omstreeks 1923 'n heraldiese wapen in gebruik geneem. Dit is in 1938 by die Departement van Binnelandse Sake geregistreer.[1] Die wapenskild word horisontaal in twee verdeel; die boonste deel toon 'n goue opkomende son teen 'n blou agtergrond, en die onderste 'n wit ope Bybel met die woordeIn lumine tuo videbimus lumen daarop, teen 'n swart agtergrond.
Die universiteit het 'n groot rol gespeel in die ontwikkeling van die ANC en ander swart organisasies in Suider-Afrika en was lank as 'n onrustige kampus bekend gewees. In die apartheidstydperk het dit deel geword van dieCiskei en blankes wat by die universiteit werksaam was, hoofsaaklik vanuit Fort Beaufort en Hogsback, moes die grens oorsteek om na hulle werk toe te gaan.
Ná die eerste volle demokratiese verkiesing in 1994 het eers Sibusiso Bhengu adjunk-kanselier geword en toe hy Onderwysminister geword het, het Mbulelo Mzamane hom opgevolg. In sy tyd het die aantalle studente tot 3 000 verminder. Ongeveer 90% was jong swartmense van die Oos-Kaap, veral van Mdantsane, die ou Ciskei, maar ook die Transkei. Die res kom vernamelik uit Zimbabwe. Onder Mzamane het die universteit egter skielik bankrot gespeel en toe die banke weier om salarisse te betaal het studente en personeel die administrasie buite die poort gehou.
'n Nuwe bestuur onder Derrick Swartz het in 1999 die situasie gestabiliseer[2] en die universiteit het selfs uitgebrei na Bhisho en Oos-Londen. In 2015 het dit opnuut in die nuus gekom toe in verkiesings vir die studenteraad die meerderheid van die studente virDASO gestem het.[3] In 2016 stem amptelik 43% vir SASCO (wat met die ANC verbind is) en slegs 40% vir DASO. DASO wys egter op die feit dat dié verkiesings nie deur die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK), maar deur 'n onbekende privaatbesigheid georganiseer is.[4]
Op 20 Mei 2016 vier die universiteit sy honderdjarige bestaan,[5] maar twee dae voor die fees word motorbande weer verbrand omrede daar aan studente vertel is dat daar nie geld vir hulle studielenings is nie.[6] Die universiteit is weereens byna bankrot. DASO het die geweld veroordeel, maar ook oproepe gedoen om die fees uit te stel tot die finansiële probleme opgelos is.[7] Die herdenking het egter plaasgevind en een van die alumni, presidentRobert Mugabe het 'n toespraak gehou waarin hy gesê het dat hy (91 jaar oud) in sy pos sal aanbly omrede die Verenigde State 'n regimeverandering (inZimbabwe) beplan, wat hy moes verhoed.[8] In sy toespraak het president Zuma verklaar dat Fort Hare nie net 'n suksesverhaal vir Suid-Afrika is nie, maar vir die hele kontinent van Afrika.[9]
![]() | Wikimedia Commons bevat media in verband metUniversity of Fort Hare, South Africa. |