Umdloti | |
---|---|
![]() Ingang na Umdloti | |
Koördinate:29°40′S31°07′O / 29.667°S 31.117°O /-29.667; 31.117 | |
Land | ![]() |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Munisipaliteit | eThekwini |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,59 km2 (0,61 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 778 |
• Digtheid | 1 118/km2 (2 900/vk. myl) |
Rasverdeling(2011) | |
• Wit mense | 76.7% |
• Indiërs/Asiërs | 8.5% |
• Swart mense | 12.3% |
• Ander | 0.3% |
Taal(2011) | |
• Engels | 72.7% |
• Afrikaans | 14.3% |
• Zoeloe | 7.1% |
• Xhosa | 1.7% |
• Ander | 4.2% |
Umdloti is 'ndorpie en vakansieoord aan die noordkus vanKwaZulu-Natal inSuid-Afrika. Dit is by die mond van dieMdlotirivier, noord vanDurban geleë en vorm deel vaneThekwini, die Groter Durban Metropolitaanse Munisipaliteit. Die naam Mdloti is 'nZoeloewoord vir 'nspesie wildetamatie wat hier groei.
Die dorp is bekend vir diedolfyne wat soggens naby diestrand swem.Walvisse kan van Augustus tot November vanaf die strand gesien word. 'n Natuurlike rotspoel bied 'n veilige swemplek vir vakansiegangers.
Umdloti het 'n permanente bevolking van sowat 3 000 mense, maar dit verhoog tienvoudig oor Kersfees en Paasfees. Dit beskik oor 'n poskantoor en verskeierestaurante.