'n Baba in sy ma se baarmoeder, soos gesien deur 'n sonogram.
Ultraklank isklank met 'nfrekwensie hoër as die boonste hoorbaarheidsgrens van die mens, rondom20kilohertz/20 000 hertz. Sommige diere, sooshonde,dolfyne,vlermuise enmuise het 'n boonste hoorbaarheidsgrens wat baie hoër is as dié van die mens en kan hulle dus ultraklank ook hoor. Kinders kan sommige hoë-frekwensie klanke hoor wat volwassenes nie kan hoor nie, aangesien die boonste hoorgrens laer word met ouderdom.
Geneeskundige ultrasonografie (sonografie) is 'n ultraklank gebaseerde diagnostiesebeeldverwerkingstegnieke wat gebruik word om spiere en interne organe en ander interne organe te visualiseer om hulle grootte, struktuur en enige "patologiese letsels" vas te stel. "Verloskundige"sonografie word algemeen gebruik tydensswangerskap.
Ultraklank vind ook ander terapeutiese toepassings:-
Die behandeling van kwaadaardige asook nie-kwaadaardige gewasse en ander afwykings deur 'n proses wat bekend staan asGefokusde Ultraklank Chirurgie ofHoë Intensiteit Gefokusde Ultraklank. Hierdie prosedures gebruik in die algemeen laer frekwensies as mediese diagnostiese ultraklank, maar beduidend hoër intensiteite (~500 kHz tot 2 Mhz).
Kragtiger ultraklank bronne kan gebruik word om tande skoon te maak vir mondhigiëne of om plaaslike verhitting van biologiese weefsels te bewerkstellig, soos infisioterapie eneksperimentele kankerbehandeling.
Ultraklank word ook gebruik in die staalvervaardigingsnywerheid om foute in die metaal ensweisnate van drukvate en pype op te spoor. Die voordele van die tegnieke is dat dit nie die vernietiging van die monster vereis nie.
Ultraklank bronne/luidspreker stelsels word bemark en beweer dat hulle rotte, muise en insekte verwilder, maar daar is egter geen wetenskaplike bewys dat hulle werk nie; beheerde toetse het getoon dat rotte en muise vinnig leer dat die luidsprekers skadeloos is.
Sommige soorte ultraklank kan biologiese selle laat disintegreer insluitend sommigebakterieë. Die verskynsel vind toepassing inbiologiese studies en die doodmaak van bakterieë inriool. Sien byvoorbeeld:-
Ultraklank kan onder sekere omstandighede eksotiese verskynsels teweeg bring soos die uitstraling van lig vanuit 'n medium wat aan die ultraklank blootgestel is. Hierdie verskynsels is ondersoek deels vanweë die moontlikheid vanborrelfusie ('n hipotese bestaan dat 'n kernfusie reaksie plaasvind tydens sonoluminesensie ).
'n Algemene gebruik van ultraklank is vir afstandbepaling. Die basiese beginsel waarop hierdie toepassing berus is dat wanneer die ultrasoniesepuls in 'n sekere rigting versend word dit terugreflekteer vanaf 'n voorwerp in die pad van die golf en die sender kan dan die eggo bespeur en die afstand tot die voorwerp bepaal vanuit die tydsinterval tussen die versending van die puls en die terugkeer van die puls by die versender.
Vlermuise gebruik egospeuring om hulle prooi op te spoor.Sonar is ook 'n ander gebruik van ultraklank.