Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ubuntu (Linux)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ubuntu
Die Ubuntu Linux kenteken
Die Ubuntu Linux kenteken

Ubuntu 22.04 wat GNOME loop
Webwerf:ubuntu.comEdit this at Wikidata
Maatskappy/
ontwikkelaar:
Canonical Ltd / Ubuntu Foundation
Bedryfstelsel-familie:Linux
Bronkodemodel:Vrye en Oopbron Sagteware
Jongste stabiele uitgawe:25.10[1] Edit this on Wikidata / 9 Oktober 2025
Platforms wat ondersteun word:i386, AMD64, ARM
Kerntipe:Monolitiese kern
Verstek-gebruikerskoppelvlak:GNOME
Lisensie:GPL en ander lisensies
Status:Tans aktief

Ubuntu,/ùbúntú/ (oe-boen-toe), is 'n hoofsaaklik tafelrekenaar georiënteerdeLinux-verspreiding, gebaseer opDebianGNU/Linux. Dit word geborg deurCanonical Ltd (wat deurMark Shuttleworth besit word), en die naam kom van dieSuid-Afrikaanse konsepUbuntu—rofweg, "menslikheid teenoor andere". Dit verskil van Debian in die opsig dat daar elke 6 maande 'n uitgawe is en dat ondersteuning vir ten minste 18 maande na die vrystelling van die uitgawe verskaf word,[2] en die sterk klem wat op bruikbaarheid geplaas word.

Ubuntu uitgawe 6.06 LTS, met die kodenaam "Dapper Drake", is op1 Junie2006 vrygestel en sal vir 3 jaar op tafelrekenaars en 5 jaar op bedieners ondersteun word, inplaas van die gewone 18 maande.[3] Ubuntu poog om slegsvrye sagteware te gebruik om 'n nuwerwetse dog redelik stabiele bedryfstelsel vir die gemiddelde gebruiker te verskaf. Ubuntu het 'n lewendige gebruiker- en steungemeenskap.[4][5]

Kubuntu enXubuntu is amptelike subprojekte van die Ubuntu-projek om dieKDE en Xfce Werkskermomgewings onderskeidelik na die Ubuntu kern te bring. Edubuntu is 'n amptelike subprojek wat "vir skool omgewings ontwerp is, en wat ewe geskik behoort te wees vir kinders om tuis te gebruik."

Geskiedenis en ontwikkelingsproses

[wysig |wysig bron]

Ubuntu se eerste uitgawe is op20 Oktober2004 vrygestel as 'n tydelike vertakking van dieDebian Linux projek.[6] Dit is gedoen om 'n uitgawe-elke-6-maande vrystellingsiklus te verskaf, wat 'n meer op datum stelsel tot gevolg het. Ubuntu uitgawes sluit altyd die jongsteGNOME uitgawe in en dit word ongeveer 'n maand na GNOME vrygestel. In teenstelling met vorige algemene gebruik vertakkings van Debian soos MEPIS, Xandros, Linspire, Progeny, en Libranet, waarvan baie afhanklik was van toekode byvoegings as deel van hulle besigheidsmodel, het Ubuntu gebly by Debian se filosofie van die gebruik vanVrye sagteware waar ook al moontlik.

Ubuntu pakkette is oor die algemeen gebaseer op pakkette vanDebian se onstabiele tak, en beide verspreidings gebruik Debian se deb-formaat en APT/Synaptic om geïnstalleerde pakkette te bestuur. Ubuntu dra alle veranderings direk en onmiddellik terug by tot Debian, eerder as om dit slegs tydens vrystelling te doen[6] (Debian en Ubuntu pakkette is egter nie noodwendig 'binêr-aanpasbaar' met mekaar nie[7]). Baie Ubuntu-ontwikkelaars is ook onderhouers van sleutel pakkette binne Debian self. Ian Murdock, die stigter vanDebian, het egter al kommer uitgespreek dat oor nie-aanpasbaarhede tussen pakkette daarvan en die van Debian en dat Ubuntu te ver van Debian Sarge divergeer het om aanpasbaar te bly.[8]

Ubuntu word tans deur Canonical Bpk. befonds. Op8 Julie2005 kondigMark Shuttleworth en Canonical Bpk die skep van die Ubuntu Stigting aan en verskaf hy aanvanklike befondsing van $10 miljoen. Die doel van die stigting is om ondersteuning en ontwikkeling van die projek vir alle toekomstige uitgawes van Ubuntu te verseker maar teen 2006 is die stigting steeds dormant. Mark Shuttleworth beskryf die stigting as 'n noodfonds ingeval alles anders misluk.

Die verspreiding

[wysig |wysig bron]

Kenmerke

[wysig |wysig bron]
Ubuntu 5.04 wat Gnome 2.10, Firefox 1.0.7 en OpenOffice.org 1.1.3 loop
'n Skermkiekie van Ubuntu 6.06 LTS, wat dieDawn of Ubuntu muurpapier vertoon, een van verskeie vooraf-geïnstalleerde keuses.

Ubuntu fokus opbruikbaarheid,[9] insluitend wye gebruik van diesudo-gereedskapstuk vir administratiewe take,[10][11] en dieUbiquity installeerder[12] (voorheen genaamd Espresso) wat in die LiveCD weergawe van die "Dapper" uitgawe ingesluit is. Ubuntu lê verder klem optoeganklikheid eninternasionalisering om soveel as moontlik mense te bereik. Van 5.04 af isUTF-8 die verstekkarakter-enkodering. Die Ubuntu tuisblad stel dat dit aan gebruikers in hulle moedertale verskaf moet word.

Ubuntu bied 'n volledige stelkenmerke aan wat reg na 'n standaard installering beskikbaar is, maar tog op 'n enkele CD in pas. 'nLive CD en 'n tradisionele installasie CD is vir elke uitgawe beskikbaar gestel. Die Live CD word deur baie mense gebruik om hardeware aanpasbaarheid te toets voor met installasie voort gegaan word. Alle uitgawes van Ubuntu sal gratis verskaf word.[13] Ubuntu CD's word selfs gratis aan enige iemand gestuur wat dit versoek,[14] enCD images is vir aflaai beskikbaar.

'n Nuwe installeerder naamlikWubi maak dit moontlik om Ubuntu op 'n Windows partisie op te stel sonder om 'n ISO-lêer te gebruik. Dit maak ook van die Windows migrasiegereedskap gebruik wat gebruikers in staat stel om hulle Windows konfigurasies na Ubuntu oor te dra.Wubi kan ook op die nuutste Live CD gevind word.

Die huidige uitgawe se verstek voorkoms van die gebruikerskoppelvlak word gekenmerk deur 'n oranje tema. Tot April 2005 het Ubuntu 'n opsionele pakket genaamd ubuntu-calendar gehad wat elke maand 'n nuwe werkskermmuurpapier, wat die bruin tema by gepas het, afgelaai het. Die muurpapier het gedeeltelik naak mense vertoon en is gekritiseer as onnodig riskant. Dit het daartoe gelei dat Ubuntu byname soos "Linuxxx"[15] en "The Porn Distro"[16] gekry het.

Pakket klassifikasie en ondersteuning

[wysig |wysig bron]

Ubuntu verdeel alle sagteware in vier afdelings, genaamdcomponents,[17] om tussen die verskille in lisensiëring en ondersteuning wat beskikbaar is te onderskei.Pakkette word as volg aan komponente toegeken:

Vrye sagtewarenie-vrye sagteware
ondersteunMainRestricted
nie-ondersteunUniverseMultiverse

"Vrye" sagteware sluit in die geval slegs die in wat voldoen aan Ubuntu lisensie vereistes, dit wil sê, wat onder 'n GPL of GPL-aanpasbare lisensie vrygestel is.

Nie-vrye sagteware word gewoonlik nie ondersteun nie (Multiverse), maar 'n paar uitsonderings (Restricted) word gemaak vir baie belangrike nie-vrye sagteware, soos nie-vrye toestelaandrywers, wat as dit sou ontbreek 'n gebruiker daarvan verhoed om Ubuntu op sy/haar stelsel te loop – veral slegs-binêregrafikakaarttoestelaandrywers. Die ondersteuningsvlak is meer beperk as virmain, aangesien ontwikkelaars moontlik nie toegang tot diebronkode het nie.

Die bedoeling is datMain enRestricted al die sagteware moet bevat wat nodig is vir 'n algemene-gebruik Linux-stelsel. Alternatiewe programme vir die selfde take en programme vir gespesialiseerde toepassings word inUniverse enMultiverse geplaas.

Bo en behalwe die amptelike bronkode bewaarplekke is daar ookUbuntu Backports,[18] wat 'n amptelik erkende projek is wat nuwer uitgawes van sekere sagteware wat slegs in onstabiele uitgawes van Ubuntu beskikbaar is tebackport. Die bewaarplek is nie omvattend nie; dit bestaan hoofsaaklik uit gebruiker-versoekte pakkette wat goedgekeur word as hulle aan kwaliteitsstandaarde voldoen.

Beskikbaarheid van eiendom sagteware

[wysig |wysig bron]

Ubuntu het 'n sertifikasie stelsel[19] vir derde party sagteware. Ubuntu gesertifiseerde eiendom sagteware behoort goed in Ubuntu te werk. Baie programme waaraan gebruikers van nie-vrye bedryfstelsels soosMicrosoft Windows gewoond is, is nie aanpasbaar met en nie Ubuntu gesertifiseer nie. Sommige eiendom sagteware wat nie verspreiding beperk nie word in Ubuntu semultiverse komponent ingesluit.

'n Paar voorbeelde van sagteware wat nie deur Ubuntu versprei word nie:

  • Sagteware wat die terugspeel vanstreeksuitgeslote videoDVD's moontlik maak, as gevolg van die twyfelagtige wetlike status van dieDeCSS oopbron DVD-dekodeer biblioteek in sommige dele van die wêreld.
  • Enkodeer- en dekodeerbiblioteke vir baieproprietary media formate soosWindows Media.
  • Sommige gewilde proprietary webblaaier inpropprogramme, soosMacromedia seFlash enShockwave-spelers.

Sommige spesifieke proprietary sagteware produkte is tans glad nie vir Ubuntu beskikbaar nie. Dit sluit baie gewilde rekenaarspeletjies in – in die afgelope aantal jare het speletjie vervaardigers egter begin om hulle sagteware vir Linux beskikbaar te stel.Epic Games verkoop byvoorbeeld 'n weergawe van hulleUnreal Tournament 2004 wat op Ubuntu en ander Linux verspreidings geïnstalleer kan word. Die probleem word ook aangespreek deuremulasie en API-vertalings projekte soos dieWine enCedega, wat dit moontlik maak om nie-Linux-gebaseerde sagteware op Linux stelsels te loop, of deur 'n proprietary bedryfstelsel te emuleer of deur die proprietary API roepe (e.g., calls to Microsoft'sWin32 orDirectX APIs) na inheemse Linux API roepe te vertaal.

Uitgawes

[wysig |wysig bron]

'n Nuwe uitgawe van Ubuntu word elke ses maande vrygestel, en elke vrystellinghet beide 'n kodenaam en uitgawenommer. Die uitgawenommer is gebaseer op die jaar en maand van die vrystelling. Die heel eerste uitgawe van Ubuntu, 4.10, is byvoorbeeld in Oktober 2004 vrygestel.[20] Onder volg 'n lys van vorige en beplande uitgawes.

UitgaweVrystellingsdatumKodenaam
4.1020 Oktober2004Warty Warthog
5.048 April2005Hoary Hedgehog
5.1013 Oktober2005Breezy Badger
6.06 LTS1 Junie2006Dapper Drake
6.1026 Oktober2006Edgy Eft
7.0419 April2007[21]Feisty Fawn
7.1018 Oktober2007Gutsy Gibbon
8.04 LTS24 April2008Hardy Heron
8.1024 Oktober2008Intrepid Ibex
9.0424 April2009Jaunty Jackalope
9.1010 Oktober2009Karmic Koala
10.04 LTS29 April2010Lucid Lynx
10.1010 Oktober2010Maverick Meerkat
11.0428 April2011Natty Narwhal
11.1013 Oktober2011Oneiric Ocelot
12.04 LTS26 April2012Precise Pangolin
12.1018 Oktober2012Quantal Quetzal
13.0425 April2013Raring Ringtail
13.1017 Oktober2013Saucy Salamander
14.04 LTS17 April2014Trusty Tahr
14.1023 Oktober2014Utopic Unicorn
15.0423 April2015Vivid Vervet
15.1022 Oktober2015Wily Werewolf
16.04 LTS21 April2016Xenial Xerus
16.1013 Oktober2016Yakkety Yak
17.0413 April2017Zesty Zapus
17.1020 Oktober2017Artful Aardvark
18.0426 April2018Bionic Beaver
18.1018 Oktober2018Cosmic Cuttlefish
19.0418 April2019Disco Dingo
19.1017 Oktober2019Eoan Ermine
20.0423 April2020Focal Fossa
20.1022 Oktober2020Groovy Gorilla
21.0422 April2021Hirsute Hippo
21.1014 Oktober2022Impish Indri
22.0421 April2022Jammy Jellyfish
22.1020 Oktober2022Kinetic Kudu
23.0423 April2023Lunar Lobster
23.1010 Oktober2023Mantic Minotaur
24.0425 April2024Noble Numbat
24.1010 Oktober2024Oracular Oriole

Ubuntu 6.06, 8.04, 10.04, 12.04, 14.04, 16.04, 18.04, 20.04 en 22.04 is Langtermyn Ondersteunde uitgawes (Engels:Long Term Support (LTS) release).[3]

Ontwikkelings/Onstabiele Vertakking

[wysig |wysig bron]

In die toekoms sal daar 'n vertakking met die kodenaam Grumpy Groundhog wees. Dit sal 'n permanent onstabiele ontwikkeling- en toets vertakking wees wat bronkode direk uit diehersieningsbeheerstelsel van die verskillende programme en toepassings wat as deel van Ubuntu verskeep word trek.

Afgeleide projekte

[wysig |wysig bron]
Ubuntu CD's

Verskeie afgeleide verspreidings wordamptelik erken:

Daar is ook verskeienie-amptelike afleidings:

  • nUbuntu, 'n verspreding wat baie sekuriteitgereedskap insluit.
  • Ubuntu Lite, 'n vedrspreiding virargaïese stelsels (ouer rekenaars).
  • zUbuntu, 'n vertaling van die Ubuntu verspreding na die zSeries hoofraam van IBM.
  • Ebuntu, 'n vertakking van Ubuntu met dieEnlightenment 0.17venstermaker.
  • Daar was wydverspreide gerugte datGoogle 'n Ubuntu afleiding genaamGoobuntu sou ontwikkel en versprei. Google het bevestig dat hulle 'n aangepaste uitgawe van Ubuntu ontwikkel het, maar het ook aangedring dat hulle geen planne het om die uitgawe buite die matskappy te versprei nie.[22][23]

Hoe is dit ontvang?

[wysig |wysig bron]

Ubuntu word reeds vir meer as 'n jaar as die mees gewilde Linux verspreding op Distrowatch aangedui,[24] en het die Leserstoekenning vir die beste Linux verspreiding ontvang by die 2005 Linux World Conference & Expo in London.[25] Dit het ook gunstige resensies ontvang in aanlyn en gedrukte publikasies.[26][27] Baie Ubuntu resensente wys daarop dat die hoof aspek van Ubuntu se sukses die feit is dat dit 'n baie groot gemeenskap het,[4][5] including Ubuntu Forums.[28]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Utkarsh Gupta (9 Oktober 2025)."Ubuntu 25.10 ("Questing Quokka") released". Besoek op9 Oktober 2025.
  2. "ubuntu/releases – Ubuntu" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2008. Besoek op11 Maart 2006.
  3. 12"Announcing Beta release of Ubuntu 6.06 LTS" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op26 April 2006.
  4. 12"community – Ubuntu" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op11 Maart 2006.
  5. 12"XYZ computing article on kubuntu" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2006. Besoek op11 Maart 2006.
  6. 12"ubuntu/relationship "Debian is the rock upon which Ubuntu is built"" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2008. Besoek op25 Mei 2006.
  7. "Mark Shuttleworth on binary compatibility" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2020. Besoek op25 April 2006.
  8. "internetnews.com Sarge vs. The Hoary Hedgehog?" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op25 April 2006.
  9. "About Ubuntu Linux" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2013. Besoek op25 April 2006.
  10. "RootSudo – Ubuntu Wiki" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2020. Besoek op25 April 2006.
  11. Similar toMac OS X.
  12. "Skermkiekies van Espresso/Ubiquity" (in Katalaans). Geargiveer vanafdie oorspronklike op 25 Februarie 2008. Besoek op3 Mei 2006.
  13. "ubuntu/philosophy". Besoek op25 April 2006.
  14. "Shipit – free shipment of Ubuntu CDs". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 23 Oktober 2017. Besoek op26 April 2006.
  15. "Humorix: The Hottest New Distribution: LinuXXX" (in Engels). Geargiveer vanafdie oorspronklike op 5 Februarie 2011. Besoek op27 April 2006.
  16. "Community MX: LinuXXX?". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 3 Mei 2006. Besoek op27 April 2006.
  17. "ubuntu/components" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2008. Besoek op16 Maart 2006.
  18. "UbuntuBackports" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2016. Besoek op16 Maart 2006.
  19. "parters/certification/software" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2007. Besoek op16 Maart 2006.
  20. "Ubuntu 4.10 announcement" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op26 April 2006.
  21. "ubuntu-devel-announce mailing list: Planning for Ubuntu 7.04 – the "Feisty Fawn"" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2017. Besoek op18 Oktober 2006.
  22. "The Register: Google at work on desktop Linux". Besoek op25 April 2006.
  23. "Slashdot: Google working on Desktop Linux" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2009. Besoek op25 April 2006.
  24. "DistroWatch: Linux Distribution Popularity".Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2011. Besoek op27 April 2006.
  25. "LinuxWorld Expo UK 2005"(PDF). Besoek op9 Mei 2006.
  26. "Ubuntu – A New Approach to Desktop Linux". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 10 Mei 2006. Besoek op9 Mei 2006.
  27. "Linux in Government: Linux Desktop Reviews, Part 6 – Ubuntu" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op9 Mei 2006.
  28. "Ubuntu Forums" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2020. Besoek op25 April 2006.

Bronne

[wysig |wysig bron]

Verdere gedrukte leesstof

[wysig |wysig bron]
Tans beskikbaar

Thomas, K (2006).Beginning Ubuntu Linux. US: APress.ISBN 1-59059-627-7. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 18 Julie 2006. Besoek op4 Junie 2006.

Beplan vir vrystelling laat in 2006

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metUbuntu (Linux).
Amptelike Projekte
Amptelike aanlyn hulpbronne
Nie-amptelike aanlyn hulpbronne
Gebruikersgemeenskappe
Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ubuntu_(Linux)&oldid=2744640"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp