Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Gekoördineerde Universele Tyd

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafUTC)
Toe hierdie bladsy gelaai het, was dit2025-11-25T21:56 UTC
(W3C Datum- en Tydformate)
Dietydbal byGreenwich is op Burgerlike Tyd ingestel.

Gekoördineerde Universele Tyd ofUniversal Time Coordinated, UTC, dikwels ookBurgerlike Tyd genoem, is die huidige tydstandaard of wêreldtyd. Die Gekoördineerde Universele Tyd het reeds in 1926 die vroeër gebruiklike MiddelbareGreenwichtyd (MGT) vervang (wat volgens astronomiese beginsels gewerk het) en is 'n kombinasie van die Internasionale Atomiese Tyd (TAI) en die Universele Tyd (UT). Volgens 'n internasionale konvensie word tydsones as 'n positiewe of negatiewe afwyking van UTC aangedui. Die Suid-Afrikaanse Standaardtyd (SAST) word dus as UTC+2 aangedui.

By toepassings op globale vlak (byvoorbeeld dieinternet) word tydstippe gereeld in UTC en op 'n universele manier genoteer, o.a. met die behulp van 'n 24 uur notasie, sonder punte, nm/vm ens. Die notasie 1315 UTC beteken dus kwart-oor-een die middag, volgens die standaardkonvensie (op die nul-meridiaan).

In die militêre sfeer en in die burgerlike lugvaart word soms ook die afkorting "Z" of "Zulu" gebruik soos in "1320z". Die "Z" verwys na diezero meridian of nulmeridiaan.

UTC is die standaardverwysing vir die volgende tydsbepalings:

  • in die lugvaart en seevaart,
  • in die sinoptiese weerkunde,
  • vir algemene wetenskaplike doeleindes (behalwe vir spesifieke tydsbepalings),
  • vir internasionale projekte wat oor 'n aantal tydsones strek,
  • vir amateurradio,
  • op dieInternasionale Ruimtestasie (ISS),
  • inAntarktika,
  • op talle internasionale Internet-portale,
  • in vonkposse.

Benaming

[wysig |wysig bron]
OorsprongAfgekortIn woorde
EngelsUTCCoordinated Universal Time
FransUTCTemps Universel Coordonné
ooreengekomUTCnie-amptelike in Engelse: "Universal Time, Coordinated"

Die Gekoördineerde Wêreldtyd word internasionaal afgekort asUTC. Aanvanklik is die term GMT vervang deur die meer neutrale benaming UT ("Universal Time" of Universele Tyd). Aangesien die UT op die meridiaan-deurgange van sterre baseer en sodoende die aarde se vertragende omwenteling volg, is dit – wat die tydsbepaling van sekondes aangaan – nie geskik vir die wêreldwye koördinasie van presiese instrumente en tegnologieë soos byvoorbeeld GPS nie.

Die nuwe tydstelsel, wat vervolgens ingevoer is, voeg reëlmatig skrikkelsekondes by om vir die aarde se vertragende omwenteling te kompenseer. Hierdie nuwe gekoördineerde wêreldtyd het die benaming UTC gekry. Vir die internasionale benaming en afkorting is 'n kompromie getref wat sowel die Engelse (Coordinated Universal Time = CUT) as die Franse afkorting (Temps universel coordonné = TUC) in ag neem.

180° tot < 90°W
90°W tot < 0°
0° tot < 90°O
±00:00 •+00:20 •+00:30 •+01:00 •+01:30 •+02:00 •+03:00 •+03:30 •+04:00 •+04:30 •+04:51 •+05:00 •+05:30 •+05:40 •+05:45
90°O tot < 180°
+06:00 •+06:30 •+07:00 •+07:20 •+07:30 •+08:00 •+08:30 •+08:45 •+09:00 •+09:30 •+10:00 •+10:30 •+11:00 •+11:30
180° tot < 90°W)
+12:00 •+12:45 •+13:00 •+13:45 •+14:00
Sleutelbegrippe
Meting
enstandaarde
Horologie
Meetstelsels
Kalenders
Klokke
  • Godsdiens
  • Mitologie
Menslike ervaring
engebruik van tyd
Tyd inwetenskap
Geologie
Fisika
Ander vakgebiede
Verwante onderwerpe
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gekoördineerde_Universele_Tyd&oldid=2849028"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp