Tydsones is streke van dieAarde wat 'n eenvormige standaardtyd het. Voorheen is die plaaslikesontyd (oorspronklik die aangeduide en toe die gemiddelde) gebruik, wat beteken het dat tyd effens verskil het vandorp tot dorp. Tydsones volg gewoonlik meridiane (denkbeeldige lyne wat van pool tot pool strek), maar plek-plek word dit geskuif sodat 'n hele land in een tydsone kan pas. Soos die bygaande kaart aandui, word die grense van die tydsones dikwels verstel ter wille van staats-, lands- of administratiewe grense. Daar is veronderstel om 24 tydsones en 15 lengtegrade te wees wat elke uur van mekaar af is. In werklikheid is daar 40 tydsones, want baie lande gebruik ook halfuursones.
Namatetelekommunikasie verbeter envervoerstelsels uitgebrei het, het dit al hoe meer ontoereikend geraak. Tydsones het die probleem gedeeltelik opgelos deurdat mense hulle horlosies gestel het volgens 'n streek met dieselfde gemiddelde sontyd. Tydsones verander in die algemeen volgenslengtelyne, wat veelvoude van 15° is, en verskil een uur van die tydsones weerskante daarvan.
Alle tydsones is relatief totGekoördineerde Universele Tyd (UTC). Die verwysingspunt vir tydsones is diehoofmeridiaan (lengteligging 0°), wat deur dieRoyal Greenwich Observatory inGreenwich inLonden,Engeland, getrek word.[1] Om hierdie rede is die termGreenwich Mean Time (GMT) steeds in gebruik (byvoorbeeld deur dieBBC) om die "basistyd" aan te dui waarvolgens alle ander tydsones bepaal word. UTC is die amptelike, internasionale afkorting vir vandag se atomies gemete tyd.
UTC is toevallig slegs plaaslike tyd in Greenwich tussen 01:00 UTG van die laaste Sondag in Oktober en 01:00 UTG van die laaste Sondag in Maart. Die res van die jaar is plaaslike tyd UTG+1 — bekend in dieVerenigde Koninkryk asBritish Summer Time (BST).
Die Internasionale Datumgrens, wat vandag en môre skei, volg min of meer die 180-lengtegraad. In die lande oos van die grens is dit een dag lateras in lande wes daarvan. Die grens strek grotendeels deur die see, maar waar dit deur of naby 'n land loop, word dit gebuig sodat een plek nie twee verskillende datums beleef nie.