Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Twentse derby

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

DieTwentse derby (ook wel"Derby van het Oosten") is 'nsokkerwedstryd tussen die twee professionelesokkerspanne uit dieNederlandse streekTwente:FC Twente (uitEnschede) enHeracles Almelo (uitAlmelo). Diederby is 'n wedstryd tussen die twee grootste stede in Twente, waartussen (seker in Almelo) baie mededinging bestaan.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Voor1965 (toeFC Twente gestig is) het baie sokkerspanne in Twente bestaan. Die strafste derbies was toe dieEnschedese derby (tussenSportclub Enschede enEnschedese Boys) en die ouTwentse derby (tussenSportclub Enschede enSC Heracles) gewees. Die nuweTwentse derby (dus tussenFC Twente enHeracles) het nie dadelik baie geleef by die ondersteuners nie, ook aangesienHeracles al vinnig (in1966) na dieEerste divisie relegeer, waar die span (op een seisoen na) tot2005 sou bly. Verder is die derby gespeel toeFC Twente ook het gerelegeer (vir een seisoen in1983) na die Eerste divisie en 'n paar keer vir dieKNVB-Beker.Sedert 2005 staan dieDerby van die Ooste weer twee keer per jaar op die kalender van dieEredivisie en deur die toegeneem invloed vanFC Twente énHeracles, het die wedstryd gewen aan aandag en belang onder ondersteuners.

Die wedstryd

[wysig |wysig bron]
Heracles (swart-wit) en FC Twente (rooi) vir die Twentse derby.

AangesienFC Twente ryker is asHeracles (dus beter spelers kan koop), hetFC Twente die meeste wedstryde gewen. Maar omdat die derby meer leef by die ondersteuners vanHeracles, speel hierdie span altyd sy beste wedstryd teen hulle vyand.

Op10 Februarie2012 hetHeracles vir die eerste maal sedert hul promosie byFC Twente gewen met2-3. By die terugkoms van die spelersbus in Almelo het honderde ondersteuners hul opgewag om hierdie fees te vier.

Ondersteuners

[wysig |wysig bron]

Die jeugdakademies van beide sokkerspanne het saamgesmelt in dieVoetbalacademie FC Twente en baie ondersteuners van die klubs ondersteun ook ('n bietjie) die ander span, wanneer hulle teen 'n nie-Twentse span speel. Die atmosfeer is daardeur vriendelik rondom die wedstryd.InAlmelo woon sowat 400 ondersteuners (wat 'n jaarkaartjie het) vanFC Twente, terwyl inEnschede sowat 150 mense woon met 'n jaarkaartjie vanHeracles.

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Twentse_derby&oldid=2077301"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp