Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Twente

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die vlag van Twente
Twente in Nederland

Twente is 'n streek in die ooste vanNederland. Die grootste deel val in dieprovinsieOverijssel (en 'n klein deeltjie inGelderland). Daar woon ongeveer 584 000 mense (2023). Twente lê (suid)oostelik vanSalland (ook Overijssel) en noordelik van dieAgterhoek in die provinsieGelderland.

Enschede is die grootste stad in die streek.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

In die 1ste eeu v.C. word die huidige streekTwente bewoon deur 'nGermaanse stam dieTubante. Tydens die periode van dieRomeinse Ryk het die stam same met andere Germaanse stamme baie oorloë gevoer teen die Romeine. Die Romeine kon nooit die land van die Tubante verower nie, maar sommige Tubante het sich ingeskryf vir die Romeinse legioene. By dieMuur van Hadrianus in dieVerenigde Koninkryk het hulle inskripsies gevonde van Tubante in Romeinse dienst.

Sint Plechelmusbasiliek inOldenzaal, ouste stene kerk in Nederland

Sedert diemiddeleeue word Twente bewoond deur dieSakse. Die streek word in die 8e eeu verower deur dieFranke, wat dieChristendom het verspreid. Vanaf die 10e eeu het die bestuur van Twente geval onder die biskoppe vanUtrecht. Tydens die middeleeue het acht Twentse plaatsestadsregte gekry:

Tydens dieTagtigjarige Oorlog is die grootste deel van Twentekatoliek gebly, waardeur er in hierdie streek swaar geveg is. Die stede Oldenzaal, Enschede en Ootmarsum (in die tyd die belangrikste stede) het hulle stadsmure verloor in die oorlog. Tydens dieEngels-Nederlandse oorloë het dieBiskop van Münster tweemaal Twente verower, wat er mede voor gesorg het dat die bevolking katoliek is gebly (waar die grootste deel van Nederlandprotestant is).

As in1830België die onafhanklikheid uitroep (waar toen die swaartepunt van Nederland seindustrie was), stimuleer die regering die industrie in Twente. Die bevolking van Twente het in die 19e eeu baie gegroei. VeralEnschede,Hengelo enAlmelo het uitgegroei tot grote stede deur die tekstiel- en metaalindustrie. Ook nuwe industriedorpe asNijverdal word gestig. In hierdie tyd groei Twente uit tot 'n belangrike streek vir Nederland.

Aanvanklik het gelyk dat Twente dieTweede Wêreldoorlog sonder grote probleme sou deurstaan. VirJode het hier reltief baie onderduikmoontlikhede gewees (meer Jode as in die rest van Nederland het die oorlog oorleef). Teen die eind van die oorlog het dieGeallieerdes egter die stede Enschede en Hengelo gebombardeer, omdat hulle het gedink dit hetDuitse stede gewees. Twente is in die lente van1945 deurKanadese bevry.

In die sestiger jare van die 20e eeu het die Twentse industrie ingestort, deur konkurensie vanlae lone lande. Net enkele fabrieke het gebly. In1961 is dieUniversiteit Twente (in Enschede) gestig, wat die instroming van tegnologische maatskappye in Twente bie het bevorder. Op13 Mei2000 is Enschede en Twente wêreldnuus as in die wykRoombeek 'n vuurwerkfabriek ontplof, waarby 23 mense het gesterf.

Onderwys

[wysig |wysig bron]

Twente het net eenuniversiteit: dieUniversiteit Twente in Enschede.

Kultuur

[wysig |wysig bron]

Tale

[wysig |wysig bron]

Die amptelike taal in Twente isNederlands, maarNedersaksies word algemeen in die streek gepraat en geniet ook nasionale erkenning as streektaal. InRijssen is Nedersaksies naas Nederlands 'n amptelike taal.

Sport

[wysig |wysig bron]
Grolsch Veste tydens 'n wedstryd vanFC Twente

Twente is internasionaal bekend vir sysokkerspanne:FC Twente enHeracles Almelo (en daarby dieTwentse derby). Ook die oustemarathon van Nederland, dieEnschede Marathon en die grootsteafloswedloop ter wêreld, dieBatavierenrace (vanNijmegen na Enschede) het 'n groot internasionaal deelnemersveld.Ook kom die professionelefietsryspanArgos-Shimano uit hierdie regio, hoewel die span hom as nasionaal bekend maak. Skil-Shimano het in2009 vir die laaste keer deelgeneem aan dieTour de France.

Munisipaliteite

[wysig |wysig bron]

Die 14 volgende munisipaliteite lê in die (kultuurhistoriese) Twente-streek:

¹ Gedeeltelik in dieSalland-streek.

Administratiewe streek Twente

Administratiewe streek Twente

[wysig |wysig bron]

Daar was ook 'n administratiewe streek Twente wat effens verskil van die kultuurhistoriese streek Twente. In hierdie administratiewe streek het al die bogenoemde munisipaliteite aan Twente behoort.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Andere streke in Overijssel:

Streek in Gelderland:

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Twente&oldid=2644409"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp