Tuu Taa-ǃKwi | |
---|---|
Geografiese verspreiding: | ![]() ![]() |
Genetiese klassifikasie: | Primêre taalfamilie Tuu |
Onderafdelings: | Taa ǃKwi |
![]() Tuu-tale in pienk. |
DieTuu-tale, ookTaa-ǃKwi genoem, is ’ntaalfamilie wat uit twee takke bestaan en inSuid-Afrika enBotswana gepraat word of gepraat is. Die verband tussen die twee takke, Taa en ǃKwi, word nie betwyfel nie, maar dit is nie naby nie. Die naamTuu kom van die woord vir "mens" wat in albei takke aangetref word.
Die Tuu-tale is nie naby verwant aan enige ander taalfamilie nie, hoewel hulle baie ooreenkomste met dieKxʼa-tale toon. Dit is vermoedelik vanweë duisende jare van kontak en wedersydse invloed (’nspraakbond), maar sommige geleerdes glo daar sal later bewys kan word die twee families is verwant.
Die Tuu-tale is eers beskou as ’n tak van dieKhoi-San-taalfamilie en is ookSuid-Khoi-San genoem.
Die ǃKwi-tak van Suid-Afrika is bedreig, met net een taal wat nog gepraat word, naamlik Nǁng (minder as vyf ouer sprekers). ǃKwi-tale was eens wydverspreid oor Suid-Afrika; die bekendste taal,ǀXam, word gebruik vir die leuse op dieSuid-Afrikaanse landswapen,ǃke eː ǀxarra ǁke.
Die Taa-tak van Botswana het meer (2 500) sprekers, maar net een taal, ǃXóõ, word nog gepraat. Omdat baie van die Tuu-tale sonder enige rekords uitgesterf het, is daar aansienlike verwarring oor watter van die baie name aparte tale of selfs dialekte is.
NaasǂʼAmkoe is dit die enigste tale ter wêreld met tweelippige klikke as ’n kenmerkende spraakklank. Taa en die naburige tale ǂʼAmkoe en Gǀui (van die Khoi-familie) vorm ’n spraakbond (taalgebied), met van die ingewikkeldste lyskonsonante enklinkers in die wêreld. Al die tale in hierdie taalfamilies gebruik stemtoon om betekenisverskille aan te dui.