Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Turkye

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Turkye
  • [Türkiye Cumhuriyeti]Error: {{Lang}}: invalid parameter: |sjabloon= (help)  (Turks)
Vlag van TurkyeEmbleem van Turkye
VlagEmbleem
Nasionale leuse:
Egemenlik, kayıtsız şartsız Milletindir[1]
(Turks vir: "Soewereiniteit behoort onvoorwaardelik aan die nasie")
Volkslied:İstiklâl Marşı
(Turks vir: "Onafhanklikheidsmars")
Ligging van Turkye
HoofstadAnkara

39°55′N32°50′O / 39.917°N 32.833°O /39.917; 32.833

Grootste stadIstanboel

41°1′N28°57′O / 41.017°N 28.950°O /41.017; 28.950

Amptelike taleTurks
Regering

President
• Adjunkpresident
Unitêre presidensiële
grondwetlikerepubliek
Recep Tayyip Erdoğan
Fuat Oktay
Onafhanklikheid
Opvolging
• Ankara-regering
• Verdrag van Lausanne
• Republiek
• Huidige grondwet

van dieOttomaanse Ryk
23 April1920
24 Julie1923
29 Oktober1923
7 November1982
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
814 578[2] km2  (37ste)
302 535 myl2
1,3
Bevolking
 - 2016-skatting
 -Digtheid
 
79 463 663[3] (18ste)
102[3] / km2 (107de)
262 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$1 665 miljard[4] (17de)
$21 198[4](63ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$861 miljard[4] (17de)
$11 014[4](67ste)

MOI (2021) 0,838[5] (48ste)  – baie hoog
Gini (2019)41,9[6] – medium
GeldeenheidLira (₺) (TRY)
Tydsone
 -Somertyd
FET (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD.tr
Skakelkode+90

Turkye (Turks:Türkiye [ˈtyɾcije]), amptelik bekend as dieRepubliek van Turkye (Türkiye Cumhuriyeti [ˈtyɾcije d͡ʒumˈhuɾijeti]luister(hulp·inligting)), is 'n land inEurasië wat strek oor dieAnatoliese Skiereiland inWes-Asië en dieBalkangebied vanSuid-Europa. Turkye grens aan agt lande:Bulgarye in die noordweste,Griekeland in die weste,Georgië in die noordooste,Armenië,Iran en dieNachitsjewan-eksklawe vanAzerbeidjan in die ooste enIrak enSirië in die suidooste. Die land grens aan dieSwartsee in die noorde, dieEgeïese See in die weste en dieMiddellandse See in die suide. Turkye bevat ook dieSee van Marmara, wat gewoonlik deur aardrykskundiges as die grens tussenEuropa enAsië beskou word, wat beteken dat Turkye 'ntranskontinentale land is.

Nasa-Satellietbeeld van Turkye
Topografiese kaart van Turkye

Die streek waaruit die moderne Turkye vandag bestaan, was die geboorteplek van baie beskawings insluitende dieArmeense-,Bisantynse-,Seldjoek- enOttomaanse Ryk. Vanweë sy strategiese ligging op die grens van twee kontinente, is die Turkse kultuur 'n unieke vermenging van die Oosterse en Westerse kulture en word ook dikwels na die land verwys as die brug tussen die twee beskawings.

Turkye is 'ndemokratiese, sekulêre eenheidstaat met 'n republikeinse grondwet. Die huidige politieke bestel van Turkye is in 1923 gevestig onder leierskap vanMustafa Kemal Atatürk ná die val van die Ottomaanse Ryk in die nadraai van dieEerste Wêreldoorlog.

Sedertdien het Turkye toenemend met die Weste geïntegreer, alhoewel die land steeds betrekkinge met die Oosterse wêreld in stand hou. Turkye is een van die stigterslede van dieVerenigde Nasies,[7] dieOrganisasie van Islamitiese Samewerking,[8] dieOrganisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling,[9] asook dieOrganisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa.[10] Turkye is ook sedert 1949 'n lid van die Europese Raad[11] en sedert 1952 'n lid vanNAVO.[12] Verder is die land sedert 2005 betrokke by onderhandelinge met dieEuropese Unie om aan te sluit en is al sedert 1963 'n medelid van die EU.[13] Turkye is ook 'n lid van die G20-nywerheidslande wat die 20 grootste ekonomieë van die wêreld byeenbring.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Voor-Turkse geskiedenis van Anatolië

[wysig |wysig bron]
Gedeeltes van die legendariese mure vanTroje, wat geïdentifiseer is as die plek waar dieTrojaanse Oorlog plaasgevind het (circa 1200 v.C.)

Die Anatoliese Skiereiland (ook bekend asKlein-Asië), wat die grootste deel van Turkye insluit, is een van die oudste bewoonde gebiede ter wêreld vanweë sy ligging tussen Asië en Europa. Die vroegste Neolitiese nedersettings soos Çatalhöyük, Çayönü, Nevali Cori,Göbekli Tepe en Mersin word as van die vroegste menslike nedersettings ter wêreld beskou.[14] Die bewoning vanTroje het tydens die Neolitiese tydperk begin en tot in dieYstertydperk voortgeduur.

Die eerste betekenisvolle ryk in die gebied was dié van dieHetiete, vanaf die 18de tot die 13de eeu v.C. Daarna het dieFrigiërs, 'n Indo-Europese volk, opgang gemaak totdat hulle koninkryk in die 7de eeu v.C. deur die Simeriërs vernietig is.[15][16]

Die magtigste van Frigië se opvolgerstate was Lidië,Karië en Licië. Die Lidiërs en Liciërs het basiesIndo-Europese tale gepraat, maar albei tale het elemente bevat wat nie Indo-Europees was nie en was die gevolg van invloede wat die Hetitiese en Griekse tydperk voorafgegaan het.

Die weste van Anatolië het later bekend gestaan asIonië en is beset deur die Ioniërs, een van dieantieke Griekse volke. Die gebied is tydens die 6de en die 5de eeu v.C. in sy geheel deur die Persiese Achaeminiede Ryk verower en is later, in 334 v.C., deurAlexander die Grote verower.[17]

Anatolië is toe later verdeel in 'n aantal Griekse koninkryke (insluitende Bithinië,Kappadosië,Pergamon enPontos), waarvan almal teen die middel van die eerste eeu v.C. voor dieRomeinse Ryk geswig het.[18]

In 324 n.C. het die Romeinse keiserKonstantyn die GroteBisantium as die nuwe hoofstad van die Romeinse Ryk gekies en dit herdoop totKonstantinopel (nouIstanboel). Ná die val van dieWes-Romeinse Ryk het dit die hoofstad van die Oostelike Romeinse of Bisantynse Ryk geword.[19]

Die Turke en die Ottomaanse Ryk

[wysig |wysig bron]
Hoofartikel:Ottomaanse Ryk.
Die Ottomaanse Ryk op sy hoogtepunt (ca. 1680)

DieHuis van Seldjoek was 'n vertakking van dieKinik Oğuz Turke wat in die 9de eeu aan die rand van die Moslemwêreld gewoon het, net noord van dieKaspiese See enAralmeer.[20] In die 10de eeu het die Seldjoeke uit die gebied van hulle voorvaders gemigreer na die oostelike Anataliese gebiede waar baie Oğuz-Turkse stamme hulle aan die einde van die eerste millennium gevestig het.

DieSultan Ahmed-moskee (Blou Moskee) is een van die beroemdste nalatenskappe van die Ottomaanse Ryk.

Ná hulle oorwinning oor die Bisantynse Ryk tydens die Slag van Manzikert in 1071 het dieTurke begin om nomadiese gewoontes te laat vaar ten gunste van 'n meer permanente rol in Anatolië, wat gelei het tot die ontstaan van die Seldjoekse Ryk.[21] Hierdie ryk het egter nie lank bestaan nie en is deur dieMongole verslaan. Hul mag het stadig maar seker ineengestort. Een van die koninkryke wat deurOsman I geregeer is, het die leemte gevul en het stadig ontwikkel en aanleiding gegee tot die ontstaan van die Ottomaanse Ryk.[22]

Die Ottomaanse Ryk het regdeur sy 623-jarige geskiedenis met beide die Oosterse en die Westerse beskawing kontak gehad. In die 16de en 17de eeu was dit een van die wêreld se magtigste moondhede en het dit dikwels slaags geraak met die moondhede vanOos-Europa tydens sy bestendigeuitbreiding deur dieBalkan en die suidelike deel van diePools-Litause Gemenebes.[23]

Ná die agteruitgang van die ryk het die Ottomaanse Ryk hom in dieEerste Wêreldoorlog begewe deur sy alliansie met dieDuitse Keiserryk enOostenryk-Hongarye in 1914 en is uiteindelik verslaan. Ná die oorlog het dieGeallieerde oorwinnaars die verdeling van die Ottomaanse Ryk met dieVerdrag van Sèvres geëis.

Die Republikeinse Era

[wysig |wysig bron]
Mustafa Kemal Atatürk, stigter en eerste president van die Republiek van Turkye.

Die besetting van Istanboel enIzmir deur die Geallieerdes ná die Eerste Wêreldoorlog het daartoe gelei dat die Turkse nasionale beweging gestig is. Onder die leierskap vanMustafa Kemal Pasha, 'n militêre bevelvoerder wat homself onderskei het tydens dieSlag van Gallipoli, is 'n onafhanklikheidsoorlog gevoer met die doel om die bepalings van die Verdrag van Sèvres ongedaan te maak.[24]

Teen 18 September 1922 is die besettende magte verdryf en is die nuwe staat genaamd Turkye gebore. Op 1 November het die nuutgestigte nasionale vergadering die sultanaat amptelik ontbind en daarmee die 623 jaar oue Ottomaanse heerskappy beëindig. Die Verdrag van Lausanne van 1923 het gelei tot internasionale erkenning van die onafhanklikheid en soewereiniteit van dieRepubliek van Turkye as opvolger van die Ottomaanse Ryk en op 29 Oktober 1923 is die republiek amptelik geproklameer in die nuwe hoofstadAnkara.

Kemal Pasha het die republiek se eerste president geword en baie radikale hervormings ingestel met die doel om 'n nuwe sekulêre republiek tot stand te bring. In 1934 is hy deur die Turkse parlement vereer met die naam "Atatürk" (Vader van die Turke).

Turkye het op 23 Februarie 1945 aan dieTweede Wêreldoorlog begin deelneem aan die kant van dieGeallieerdes, grootliks as 'n seremoniële gebaar. Dit het in 1945 'n lid van dieVerenigde Nasies geword.Griekeland se probleme ná die oorlog om 'n kommunistiese opstand te onderdruk, saam met eise deur dieSowjetunie vir militêre basisse in die Turkse seestraat, het daartoe gelei dat dieVerenigde State van Amerika die veiligheid van Turkye en Griekeland gewaarborg het. Hulle het ook grootskaalse militêre en ekonomiese bystand verleen.[25]

Ná sy deelname in dieKorea-oorlog saam met die Verenigde Nasies het Turkye in 1952 by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aangesluit en 'n bastion in die Middellandse Kom teen Sowjet-uitbreiding geword.

Ná 'n dekade vanburgeroorlog inSiprus en die militêre staatsgreep wat deurAthene ondersteun is, het Turkye in 1974 militêr ingegryp. Dit het gelei tot die stigting van die wegbreekrepubliekNoord-Siprus wat slegs deur Turkye erken word.[26]

Nadat ’n tydperk van ’n eenpartystaat in Turkye in 1945 tot 'n einde gekom het, het Turkye baie interne spanning ervaar en was daar tussen die 1960's en die 1980's baie konflikte tussen linkse en regse partye wat gelei het tot 'n aantal militêre staatsgrepe. Die liberalisering van die Turkse ekonomie wat in die tagtigs begin het, het die land ingrypend verander.

Regeringsvorm en politiek

[wysig |wysig bron]
Recep Tayyip Erdoğan, die huidige president van Turkye.

Turkye het 'n parlementêre verteenwoordigende demokrasie. Sedert die stigting van die republiek in 1923 het die land 'n sterk sekulêre tradisie ontwikkel.[27]

Die grondwet bepaal die raamwerk van die land se regstelsel. Dit sit die hoofbeginsels van die regering uiteen en bepaal dat Turkye 'n eenheidstaat met 'n sentrale regering is. Die huidige grondwet is in 1982 deur 'n referendum bekragtig en is sedertdien verskeie kere gewysig. Die staatshoof is die president van die republiek en vervul grootliks 'n seremoniële rol. Hy word vir sewe jaar deur die parlement verkies, maar hoef nie noodwendig 'n lid van die parlement te wees nie. Die huidige presidentRecep Tayyip Erdoğan is op 28 Augustus 2014 ingesweer nadat hy die eerste minister was. Hy is die eerste president van dié land, wat deur die bevolking en die Turkse diaspora direk verkies is.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Motto" (in Turks). Gov.tr. 23 Februarie 2013.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2018. Besoek op25 Mei 2016.
  2. "Türkei" (in Duits). November 2015.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2017. Besoek op25 Mei 2016.
  3. 3,03,1"The Results of Address Based Population Registration System, 2015" (in Engels). Turkish Statistical Institute. 28 Januarie 2016.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2017. Besoek op28 Januarie 2016.
  4. 4,04,14,24,3(en)"Report for Selected Countries and Subjects".IMF World Economic Outlook Database, April 2016. 24 April 2016. Besoek op25 Mei 2016.
  5. "Human Development Report 2021/2022"(PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 8 September 2022. Besoek op8 September 2022.
  6. "Gini index (World Bank estimate) – Turkey". World Bank. 2019. Besoek op15 November 2021.
  7. Growth in United Nations membership (1945–2005), Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  8. OIC MembershipGeargiveer 21 Februarie 2001 opWayback Machine, Datum afgetrek = 30 Oktober 2006
  9. OECD membership, Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  10. OSCE Participating states, Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  11. Turkey and the Council of Europe, Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  12. Greece and Turkey accede to the North Atlantic Treaty Organisation, Datum afgetrek 30 Oktober 2006
  13. Chronology of Turkey-EU relationsGeargiveer 15 Mei 2007 opWayback Machine Laaste afgetrek 30 Oktober 2006
  14. Time trajectories for the Neolithic of Central AnatoliaGeargiveer 5 Junie 2007 opWayback Machine, laaste afgetrek 21 Desember 2006
  15. Anatolia and the Caucasus (Asia Minor), 2000 – 1000 B.C. inTimeline of Art History., laaste afgetrek 21 Desember 2006
  16. Anatolia and the Caucasus (Asia Minor), 2000 – 1000 B.C. inTimeline of Art History., Laaste afgetrek 21 Desember 2006
  17. Ancient Greece: The Persian WarsGeargiveer 9 Maart 2007 opWayback Machine, Aftrekdatum 2006-12-22
  18. Anatolia and the Caucasus (Asia Minor), 1000 B.C. - 1 A.D. inTimeline of Art History., Aftrekdatum 21 Desember 2006
  19. Constantinople/Istanbul, Aftrekdatum 26 Desember 2006
  20. Al Hind: The Making of the Indo Islamic World, Vol. 1, Early Medieval India and the Expansion of Islam, 7th-11th Centuries, Andre Wink, Brill Academic Publishers, 1990,ISBN 90-04-09249-8
  21. The Oxford History of Byzantium, Cyril Mango, Oxford University Press, USA, 2002,ISBN 0-19-814098-3
  22. The Ottoman Centuries: The Rise and Fall of the Turkish Empire, Patrick Kinross, Morrow, 1977,ISBN 0-688-03093-9
  23. History of the Ottoman Empire and Modern Turkey, Stanford Jay Shaw, Kural Shaw, Ezel, Cambridge University Press, 1977,ISBN 0-521-29163-1
  24. Ataturk, Andrew Mango, Overlook, 2000,ISBN 1-58567-011-1
  25. Outposts and Allies: U.S. Army Logistics in the Cold War, 1945–1953, James A. Huston, Susquehanna University Press, 1988,ISBN 0-941664-84-8,[1]
  26. Timeline: Cyprus, Britse Uitsaaikorporasie, aftrekdatum 25 Desember 2006
  27. Religion and Politics in Turkey, Ali Çarkoǧlu, Routledge (VK), 2004,ISBN 0-415-34831-5[2]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Vlag van Bulgarye BulgaryeSwartseeVlag van Georgië Georgië
Vlag van Griekeland GriekelandVlag van Armenië ArmeniëVlag van Azerbeidjan AzerbeidjanVlag van Iran Iran
  Vlag van Turkye Turkye    
Vlag van Griekeland GriekelandMiddellandse SeeMiddellandse SeeVlag van Sirië SiriëVlag van Irak Irak
Portaal:
Lande en gebiede inAsië
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Australië
Verenigde Koninkryk
Volksrepubliek China
Lande van
1. Landdeels inAfrika. 2. Land deels inEuropa. 3. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.
Lande en gebiede inEuropa
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Finland
Koninkryk van Denemarke
Noorweë
Portugal
Verenigde Koninkryk
Lande van
1. Landdeels inAsië. 2. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as dieKanaaleilande.
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Turkye&oldid=2740113"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp