Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Turku

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Turku
Åbo


Europese Kultuurhoofstad 2011
Euroopan kulttuuripääkaupunki 2011


KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Finland Finland
 Landskap Eintlike Finland
 ProvinsieSuidwes-Finland
 Koördinate60°27′N22°16′O / 60.450°N 22.267°O /60.450; 22.267
 Stigting13de eeu
 Stadstatus1525
 Oppervlakte: 
 - Totaal306,36vk km[1]
 - waarvan land245,67vk km
 Hoogte bo seevlak20 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2022)197 900[2]
 - Bevolkingsdigtheid646/vk km
 TydsoneUTC +2 (OET)
 -SomertydUTC +3 (OEST)
 Klimaat 
 - TipeKontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur5,8 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie−3,8 / 17,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae684 mm
 BurgemeesterMinna Arve
 Amptelike webwerfwww.turku.fi

Turku (Fins: [ˈturku],luister(hulp·inligting);Sweeds:Åbo, [ˈoːbu],luister(hulp·inligting)) is 'nstad en munisipaliteit aan die suidweskus vanFinland. Met 'n oppervlakte van 306,36 vierkante kilometer en 'n bevolking van 197 900 (2022) is dit die sesde grootste stad in dié land náHelsinki (Helsingfors),Espoo (Esbo),Tampere (Tammerfors),Vantaa (Vanda) enOulu (Uleåborg), asook die sentrum van die derde grootste metropolitaanse gebied na Helsinki en Tampere met 'n bevolking van meer as 300 000.

Die domkerk van Turku
Die kasteel van Turku

Turku is die oudste stad van Finland en het tot en met 1812 ook as die hoofstad van die land gefungeer. Turku was daarnaas ook die setel van Finland se eerste universiteit, die SweedstaligeÅbo Akademi. Ook die Universiteit van Finland is hier gestig, maar in 1828 naHelsinki verskuif.

Nadat die Sweedse koning Gustav Wasa in 1525 stadstatus aan Turku verleen het, was dit eeue lank 'n beduidende sentrum van Finland se Sweedssprekende gemeenskap. Die stad is vandag nog steeds amptelik tweetalig, tog is Sweeds tans 'n minderheidstaal wat deur 5,2 persent van die bevolking gepraat word.

Turku is 'n beduidende seehawe (met veerbootverbindings naMariehamn opÅland en naStockholm), die setel van 'n universiteit en 'n Evangelies-Lutherse aartsbiskop. Saam met dieEstniese hoofstadTallinn is Turku as die Europese Kultuurhoofstad van die jaar 2011 aangewys.

'n Aantal brande het baie van die ouer geboue in Turku vernietig; die 13de eeuse katedraal, wat in 1827 deur 'n brand verniet is, is onmiddellik herbou en is die setel van die Aartsbiskop van Finland. Die ou kasteel, waarvan die oudste deel ook in die 13de eeu gebou is, huisves 'n historiese museum.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (fi)(sv)"Suomen pinta-ala kunnittain – Finlands areal kommunvis"(PDF). Nasionale Landopname van Finland. 1 Januarie 2018. Besoek op13 Mei 2024.
  2. (en)"Municipal key figures by Region 2023 and Information". Statistiek Finland. 2022. Besoek op13 Mei 2024.[dooie skakel]

Bronnelys

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Turku&oldid=2730750"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp