| Welkom byWikipedia, dievrye ensiklopedie watdeur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word. | |
| Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
| Inleiding •Hulp •Kontak | Gebruikersportaal •Voorbladartikels •Kategorieë •Stel ’n vraag |
Voorbladartikel Brandenburg (Duits: [ˈbʁandn̩ˌbʊʁk]luister(hulp·inligting);Nederduits:Bramborg/Brannenborg;Neder-Sorbies:Bramborska), amptelik dieDeelstaat Brandenburg (Land Brandenburg, afkorting: BB;Land Brannenborg;Kraj Bramborska), is 'ndeelstaat in die noordooste vanDuitsland. Die administratiewehoofstad en grootste stad isPotsdam. Brandenburg grens in die ooste aanPole, in die suide aan die deelstaatSakse, in die weste aan die deelstaatSakse-Anhalt, in die uiterste weste langs 'n klein deel van dieElbe se rivierloop aan die deelstaatNedersakse en in die noorde aanMecklenburg-Voorpommere. Die Duitse hoofstadBerlyn, wat 'n eie deelstaat vorm, word volledig deur Brandenburg omring. Brandenburg se wisselvallige geskiedenis word in historiese bronne gedokumenteer wat sowat tien eeue terugstrek. Die land se status en grense was voortdurend aan veranderinge onderworpe. So het Brandenburg aanvanklik asmarkgraafskap bestaan, om later 'n keurvorstedom, die kerngebied vanPruise en een van sy provinsies en uiteindelik 'n deelstaat van dieDuitse Demokratiese Republiek (DDR) te word wat reeds vyf jaar ná sy stigting in 1947 weer ontbind en in drie administratiewe distrikte – Potsdam, Frankfurt (Oder) en Cottbus – omgeskep is. Met die hereniging van Wes- en Oos-Duitsland op 3 Oktober 1990 het Brandenburg sy vorige status herwin om een van die sestien deelstate van die Federale Republiek Duitsland te word. Brandenburg is ten opsigte van sy oppervlakte die grootste van vyf nuwe oostelike deelstate wat op die gebied van die voormalige DDR gevorm is. Syinfrastruktuur is veral op Berlyn gerig, wat soos 'n eiland in die hart van Brandenburg lê. So word na Brandenburg dikwels as 'n deelstaat sonder geografiese hartland verwys. Saam met Berlyn vorm Brandenburg die metropolitaanse gebied (Duits:Metropolregion) Berlyn-Brandenburg en ook die welvarendste nedersettings van Brandenburg is in die omgewing van Berlyn geleë. Baie voormalige bewoners van die Duitse hoofstad het hulle hier in die landelike groen gordel gevestig. Die periferie van Brandenburg word deur yl bevolkte gebiede gekenmerk, wat veral op die landbou steun, soosPrignitz,Fläming,Spreewald,Oderbruch ofUckermark. In die omgewing van die stadCottbus in die suidooste lê uitgestrekte dagboumyngebiede, waar groot hoeveelhedebruinkool vir die termiese kragsentrales van die gebied ontgin word. Op die oog af is Brandenburg met meer as 3 000 mere en sowat 33 000 kilometer se rivierlope een van die waterrykste deelstate van Duitsland. Maar ondanks hierdie groot hoeveelhede oppervlakwater is daar 'n tekort aan grondwater en die gebied ontvang in vergelyking met ander deelstate 'n lae reënval. Brandenburg is bowendien 'n sanderige streek waar die grond sonder aangepaste landboumetodes meestal te arm is vir intensiewe boerdery.
In die nuus
Het u geweet... ... datmagnesium diechemiese element in dieperiodieke tabel is met die agste grootste verspreiding? Diéaardalkalimetaal beslaan ongeveer 2% van dieaardkors en is die element wat die derde meeste voorkom in oplossing in seewater.
Vandag in die geskiedenis 12 Februarie:Darwindag (1809), Lincoln se Verjaarsdag (Arizona,1892)
Voorbladbeeld 'nFinnairAirbus A319-112 OH-LVL land byHelsinki-Vantaa-lughawe insneeutoestande op 24 Februarie 2017. | Vind artikels | |
Geografie -Geologie Afrika •Suider-Afrika •Amerika •Antarktika •Asië •Europa •Oseanië Rusland •Turkye •Verenigde State van Amerika Lande •Baaie •Berge •Eilande •Mere •Oseane •Riviere •Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale | ||
| Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية •مصرى •Cebuano •Deutsch •English •Español •فارسی •Français •Italiano •日本語 •Nederlands •Polski •Português •Русский •Svenska •Українська •Tiếng Việt •Winaray •中文 | ||
| Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
| Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه •Нохчийн •Čeština •Suomi •Magyar •Bahasa Indonesia •한국어 •Norsk (bokmål) •Română •Српски / srpski •Türkçe •Татарча / tatarça | ||
| Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская •Български •Cymraeg •Dansk •Ελληνικά •Esperanto •Eesti •Euskara •עברית •Հայերեն •Қазақша •Baso Minangkabau •Bahasa Melayu •Srpskohrvatski / српскохрватски •Simple English •Slovenčina •Oʻzbekcha •Bân-lâm-gú | ||
| Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans •Asturianu •Azərbaycanca •বাংলা •Bosanski •Galego •हिन्दी •Hrvatski •ქართული •Latina •Ladin •Lietuvių •Latviešu •Malagasy •Македонски •मराठी •မြန်မာဘာသာ •Norsk (nynorsk) •Occitan •Slovenščina •Shqip •Kiswahili •தமிழ் •తెలుగు •Тоҷикӣ •ไทย •اردو •粵語 | ||
| Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés •Башҡорт •Беларуская (тарашкевіца) •Brezhoneg •کوردی •чӑвашла •Frysk •Gaeilge •گیلکی •Hausa •Kreyòl ayisyen •Ido •Íslenska •Basa Jawa •Kurdî / كوردی •Кыргызча •Lëtzebuergesch •lombard •മലയാളം •مازِرونی •Plattdüütsch •नेपाल भाषा •ਪੰਜਾਬੀ •Piemontèis •شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) •Basa Sunda •Ślůnski •Tagalog •Vèneto | ||
Susterprojekte | ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u dievoorblad verfris. |