'nTsoenami (uitgespreek as tsoe-NA-mie), 'n tipe vloedgolf, is 'n reeks golwe (genoem 'n "golftrein") wat in 'n watermassa veroorsaak word deur 'npuls of skielike versteuring wat 'n waterkolom vertikaal verplaas.Aardbewings, aard- ofgrondverskuiwings,vulkaniese uitbarstings, ontploffings en die impak van buiteaardse liggame soosmeteoriete kan 'n vloedgolf veroorsaak. Tsoenami's kankuslyne 'n geweldige slag toedien en verpletterende skade aan eiendom, beserings en lewensverlies deur besering of verdrinking veroorsaak.
Die term "tsoenami" vind sy oorsprong in dieJapannees "津波":tsu (hawe) ennami (golf). Die term is geskep deur vissers wat per boot teruggekeer het en die hawe en omgewing vernietig gevind het, alhoewel hulle nie die golf op die oop see opgemerk het nie. Omdat tsoenamigolwe onder die water beweeg en baie langgolflengtes (soms meer as 100km) het, veroorsaak dit net 'n effense boggel in die see wat gewoonlik onopgemerk verbygaan. Die golf word eers groter wanneer die snelheid vertraag word deur die vlakker water aan die kus.
Die ander term (in beideAfrikaans enNederlands),"vloedgolf", is ook aanvaarbaar, alhoewel dit gewoonlik eerder gebruik word in verband met plaaslike vloede as gevolg van weerstoestande. Tradisioneel is daar na tsoenami's verwys as "getygolwe" ("tidal waves" in dieEngels), omdat hulle dieselfde eienskappe as 'n geweldige instromendegety openbaar wanneer hulle die land nader, eerder as die brekende golwe wat deur die wind se uitwerking op dieoseaan gevorm word, en die term waaraan mense gewoond is. Omdat tsoenami's in werklikheid nie verband hou met diegetye nie, beskou oseanograwe die term "getygolf" as misleidend, en hulle keur die gebruik daarvan af.
'n Tsoenami kan ontstaan deur enige versteuring wat 'n groot massa water verplaas in die see, soos 'naardbewing, grondverskuiwing ofmeteoorinslag.
Tsoenami's kan ontstaan wanneer die seebodem skielik vervorm word en die boliggende water vertikaal verplaas word. Tektoniese aardbewings is 'n spesifieke soort aardbewing wat verband hou met die vervorming van die aardkors; wanneer hierdie aardbewings onder die see plaasvind, word die see bokant die vervormde gebied vanuit sy ewewigsposisie versteur. Golwe word gevorm wanneer die verplaaste water onder die invloed van swaartekrag weer poog om die ewewig te herwin. Wanneer groot areas van die seebodem styg of daal kan 'n tsoenami ontstaan. Groot vertikale bewegings van die aardkors kan byplaatgrense plaasvind. Plate werk op mekaar in langs hierdie grense wat "breuke" genoem word. Byvoorbeeld, rondom die grense van die Stille Oseaan gly die digter oseaniese plate onder die kontinentale plate in deur 'n proses bekend as subduksie. Subduksie-aardbewings is baie doeltreffend om tsoenami's op te wek.
Ondersese grondverskuiwings, wat dikwels groot aardbewings vergesel, sowel as die ineenstorting van vulkane se wande kan ook die boliggende waterkolom versteur wanneer sediment en rotse teen die hellings afgly en oor die seebodem versprei. Net so kan 'n geweldige ondersese vulkaniese uitbarsting ook 'n waterkolom oplig en 'n tsoenami veroorsaak.
Groot grondverskuiwings en hemelliggame wat die aarde tref veroorsaak ook tsoenami's wanneer die momentum van die puin oorgedra word aan die watermassa waarin dit val. Oor die algemeen is tsoenami's wat so veroorsaak word (teenoor die tsoenami's wat in dieStille Oseaan deur aardbewings veroorsaak word) van korte duur, en het hulle min invloed op kuslyne ver daarvandaan. Indien die grondverskuiwing of hemelliggaam groot genoeg is mag dit wel 'nmegatsoenami veroorsaak: 'n tsoenami wat honderde meter hoog is en gewoonlik veroorsaak word deur 'n ineenstortende eiland, asteroïede-impak of groot blokke ys wat in 'n groot waterliggaam val.
Tsoenami's verskil grootliks van tipiese onstuimige deinings aan die kuslyn deurdat die golwe teen hoë snelhede en oor groot afstande voortplant, selfs oor oseane heen, sonder om veel energie te verloor. 'n Tsoenami kan duisende kilometers vanaf sy oorsprong skade veroorsaak, en etlike ure kan dus verbygaan vandat dit ontstaan het tot wanneer dit die kus tref — meer tyd as wat ditseismiese golwe neem om die kus te bereik.
Hierdie eienskappe bestaan omdat tsoenami's uiters langperiodes (van 2 minute tot meer as 'n uur) engolflengtes (meer as 100 km) het. Vergelyk dit met 'n tipiese windgedrewe deining by 'n strand wat tipies deur 'n storm ver weg op see veroorsaak is: die golwe rol ritmies een na die ander in met 'n periode van ongeveer 10sekondes en 'ngolflengte van 150 m.
Tipies genereer ondersese aardbewings tussen drie en vyf aparte golfkruine, waarvan die tweede of derde gewoonlik die grootste is.
In gevalle waar die leidende rand van die tsoenami die trog is, trek die see weg van die kus, 'n halfperiode voor die golf se aankoms. Indien die helling vlak is kan hierdie terugtrekking 800 m oorskry — mense onbewus van die komende gevaar word dan juis deur hierdie vreemde verskynsel aangetrek uit nuuskierigheid, of om vis van die seebodem te versamel.
In gevalle waar die leidende rand van die tsoenami sy eerste kruin is word die laagliggende kusgebiede eers oorstroom voordat die hoër tweede kruin daar aankom. Weereens is dit belangrik om ingelig te wees oor tsoenami's en te besef dat wanneer die watervlak die eerste keer daal die gevaar nog nie verby is nie.
'n Golf word 'n vlakwatergolf wanneer die verhouding tussen die waterdiepte en sy golflengte baie klein begin word. Aangesien 'n tsoenami 'n lang golflengte het, kan 'n tsoenami as 'n vlakwatergolf optree selfs as dit in diep oseaanwater is. Vlakwatergolwe beweeg teen snelhede wat gelyk is aan dievierkantswortel van die produk van dieswaartekragversnelling (9.8 m/s2) en die diepte van die water. In die Stille Oseaan, waar die tipiese waterdiepte ongeveer 4000 m is, kan 'n tsoenami teen ongeveer 200 m/s (ongeveer 712 km/h) beweeg met baie min energieverlies oor lang afstande. By waterdieptes van 40 m is die snelheid ongeveer 20 m/s (ongeveer 71 km/h) wat baie stadiger is, maar wat menslik-onmoontlik is om voor weg te hardloop.
In diep water bly dieenergie van 'n tsoenami konstant as 'n funskie van sy hoogte en spoed. Soos die golf dus die land nader verminder sy spoed terwyl sy hoogte toeneem. Terwyl 'n persoon op die oppervlak van die diepsee waarskynlik nie die tsoenami sal opmerk nie, kan die golf se hoogte styg tot 30 m en meer soos dit die kuslyn nader en saamgedruk word. Tsoenami's kan ernstige verwoesting saai oor kuste en eilande, selfs by plekke baie ver van die oorsprong af, waar die oorsprongsgebeurtenis nie sonder instrumente opmerkbaar is nie.
Tsoenami's plant uitwaarts voort vanaf hul oorsprong, dus is kuslyne in die "skaduwee" van landmassas wat aangetas is gewoonlik redelik veilig. Tsoenamigolwe kan egter rondom landmassasbuig (soos gesien kan word in hierdiebewegende uitbeelding van 'n Indiese Oseaantsoenami soos die golwe suidelikeSri Lanka enIndië bereik). Hulle hoef ook nie noodwendig simmetries te wees nie; tsoenamigolwe kan baie sterker in een rigting wees as in die ander, afhangende van die aard van die oorsprong en die omliggende geografie.
Daar bestaan bewyse datmegatsoenamis, 'n tsoenami van meer as 100 meter hoog, moontlik is. Hierdie skaars gebeurtenisse word tipies veroorsaak wanneer beduidende dele van 'n eiland in die oseaan stort, en kan uiters verwoestend wees aan verafgeleë kusstreke.
Verwant aan 'n tsoenami is 'nseiche, 'n onderwater, ongereelde wisseling of ritmiese swaaiing van die water in 'n meer. Groot aardbewings veroorsaak gereeld beide tsoenami's en seiches terselfdertyd, en daar is bewyse dat seiches deur tsoenami's veroorsaak is.
Die hoogste tsoenami wat ooit opgeteken is, was baie gelokaliseerd: veroorsaak deur 'n grondverskuiwing in Lituyabaai,Alaska in1958, het 'n tsoenami wat meer as 500 m hoog was die bome en grond afgestroop van die steil wande van 'nfjord. Toe dit die oop see bereik, het dit vinnig weggekwyn. Die hoogte van die golwe was meer deur die topografie van die omgewing bepaal as die energie wat deur die grondverskuiwing opgewek is.
Vele stede rondom dieStille Oseaan, veral inJapan maar ook inHawaii, het waarskuwingstelsels en ontruimingsprosedures in geval van 'n ernstige tsoenami. Tsoenami's word voorspel deur verskeieseismologiese instellings regoor die wêreld en hulle ontwikkeling word deursatelliete dopgehou.
Drukopnemers op die seebodem gekoppel aan 'n boei met kommunikasietoerusting op die oppervlak word gebruik om golwe op te spoor wat nie noodwendig deur 'n menslike waarnemer op die oop see opgemerk sal word nie. Die eerste primitiewe stelsels wat gepoog het om gemeenskappe te waarsku teen 'n naderende tsoenami is inHawaiï in die vroeë1920's geïmplementeer. Meer gevorderde stelsels is ontwikkel ná die tsoenami's van1 April1946 en23 Mei1960, wat ontsaglike vernietiging inHilo op die eilandHawaiï veroorsaak het. DieVerenigde State het diePacific Tsunami Warning Center in1949 gestig en dit in1965 gekoppel aan internasionale data- en waarskuwingsnetwerke.
Een stelsel wat tsoenamiwaarskuwing verskaf is die CREST-projek (Consolidated Reporting of Earthquakes and Tsunamis) wat aan die Weskus (Cascadia), Alaska en Hawaiï van die Verenigde State geskep is deur die USGS,NOAA, die Pacific Northwest Seismograph Network en drie ander universiteite se seismiese netwerke.
Die voorspelling van tsoenami's bly egter 'n gebrekkige wetenskap. Alhoewel dieepisentrum van groot aardbewings onder water en die waarskynlike aankomstye van die tsoenami's vinnig bereken kan word, is dit amper onmoontlik om te weet of massiewe grondverskuiwings onder water plaasgevind het wat tsoenami's kan veroorsaak. As gevolg hiervan is vals alarms algemeen.
Geen stelsel kan egter beskerming bied teen 'n skielike tsoenami nie. 'n Vernietigende tsoenami het aan die kus vanHokkaido in Japan plaasgevind as gevolg van 'n aardbewing op12 Julie1993. As gevolg daarvan het 202 mense op die klein eilandOkushiri hulle lewens verloor en honderde meer is vermis of beseer. Hierdie tsoenami het slegs drie tot vyf minute na die aardbewing toegeslaan, en meeste van die slagoffers was besig om na hoër grond en veilige plekke te vlug nadat hulle die aardbewing oorleef het.
Alhoewel die kans vir grootskaalse vernietiging deur 'n tsoenami steeds bestaan, kan waarskuwingstelsels tog doeltreffend wees. Byvoorbeeld, as daar 'n baie groot subduksiesone-aardbewing (grootte 9.0 op dieRichterskaal) aan die kus van die V.S.A. plaasvind, kan die mense inJapan meer as 12 uur waarskuwing hê, wat heelwat geleentheid bied om laagliggende gebiede te ontruim.
Alhoewel tsoenami's mees dikwels in dieStille Oseaan voorkom, kom hulle ook elders voor. Baie antieke beskrywings bestaan wat skielike en katastrofiese golwe beskryf, veral in en rondom dieMiddellandse See. DuisendePortugese wat die groot aardbewing van1755 inLissabon oorleef het is deur 'n tsoenami dood gemaak wat 'n paar minute later gevolg het. Voordat die groot golf die kus getref het, het die hawe se water teruggetrek en verlore vragte en vergete skeepswrakke blootgelê. In dieNoord-Atlantiese Oseaan het 'n ander groot gebeurtenis, die Storeggaverskuiwing, plaasgevind.
Iewers tussen1650 v.C. en1600 v.C., het die vulkaniese Griekse eilandSantorini opgeblaas na 'n gewelddadige uitbarsting wat 'n 100 tot 150 meter hoë tsoenami tot gevolg gehad het, wat die noordkus vanKreta, 70 km verder weg, vernietig het.
In1883 was daar 'n verwoede uitbarsting van die eilandvulkaanKrakatoa. 'n Reeks groot tsoenamigolwe het ontstaan as gevolg van die uitbarsting, met sommige golwe wat 'n hoogte van 40 meter bó seevlak bereik het. Tsoenamigolwe is regdeur dieIndiese Oseaan, dieStille Oseaan, die Weskus van Amerika, Suid-Amerika en selfs so ver weg as dieEngelse kanaal waargeneem. Op die kuste vanJava enSumatra het die see baie kilometer binnelands ingedring en só 'n groot lewensverlies veroorsaak dat een gebied nooit weer herbewoon is nie, en weer oerwoud geword het — dit is nou dieUjung Kulonnatuurreservaat.
Die groot Chileense aardbewing, die grootste aardbewing wat ooit opgeteken is, aan die kus van Suid-sentraalChili, het een van die mees vernietigende tsoenami's van die20ste eeu veroorsaak. Toe die tsoenami Onagawa in Japan byna 22 ure na die aardbewing getref het, is 'n golfhoogte van meer as 3 meter bo die getyhoogte aangeteken.
Ná die 9.2-grootte Goeie Vrydag aardbewing het tsoenami'sAlaska,Brits-Kolombië,Kalifornië en die kusstreek van diePasifiese Noordweste getref, waarin 122 mense gesterf het. Die tsoenami's was tot 6 meter hoog wat 11 mense so ver weg as Crescent City, Kalifornië gedood het.
Anders as vir dieStille Oseaan, bestaan daar geen waarskuwingstelsel vir dieIndiese Oseaan nie. Dit is deels te wyte aan die afwesigheid van enige groot tsoenamigebeurtenis sedert1883, nadat die klem meer op die ontwikkeling van 'n waarskuwingstelsel virtropiese siklone gelê het.
Daar is meer as VS$2 miljard in hulpbydraes ingesamel.
Om aardbewings beter te begryp moet 'n mens jou die aarde voorstel as groot, plat rotsplate, kilometers dik, wat rus op ’n dik, warm massa wat soos 'n waterstroom vloei. Vastelande, stede, dorpe en mense beweeg saam met die plate, maar jy merk niks op nie, omdat die beweging so ontsettend stadig is. Waar plate mekaar ontmoet, bots hulle of skuur hulle teen mekaar. Die kant van die een plaat kan dalk onder die ander een inskuif, of hulle kan van mekaar af wegskuif. Die krake in die aardkors waar plate bymekaarkom, word deur die geleerdes "breuke" (Engels "faults") genoem.
Wetenskaplikes sê dat die tsoenami van 26 Desember 2004 juis veroorsaak is deur 'n seismiese versteuring van die seebodem deurdat een van die rotsplate van die aardkors onder 'n ander een ingeskuif het. Die rand van die sogenaamde Indiese plaat het onder die Birmese mikroplaat ('n deel van die Eurasiese plaat) ingeduik en 'n deel van laasgenoemde in die proses saam met hom afwaarts getrek. Die tsoenami is veroorsaak toe die afgetrekte deel van die Birmaanse plaat weer opwaarts teruggespring en 'n magtige hoeveelheid energie aan die water daar bokant oorgedra het. 'n Foto wat deur 'n navorsingskip van dieBritse Vloot geneem is, toon skouspelagtig hoe die seebodem in die proses geplooi, verwring en gebreek is.
Ander tsoenami's wat voorgekom het sluit die volgende in:
Die1755 Lissabon aardbewing, saam met die gevolglike tsoenami en brande het byna tot die vernietiging van diePortugese hoofstad gelei.
Een van die ergste tsoenamirampe het hele dorpe langs die Sanrikukus in Japan oorstroom in 1896. 'n Golf van ongeveer 20 m hoog het gelei tot die verdrinking van sowat 26 000 mense.
1946: 'n Aardbewing in dieAleoetiese Eilande het 'n tsoenami naHawaii gestuur en 159 mense laat sterf (slegs vyf mense is inAlaska dood).
1958: 'n Tsoenami wat grootliks beperk was tot Lituyabaai in Alaska, is die hoogste een ooit waargeneem: meer as 500 m bo seevlak. Dit het nie baie verder as die opening van die fjord waarin dit ontstaan het, gevorder nie, maar het twee mense in 'n visserskuit se dood veroorsaak.
1964: 'n Aardbewing inAlaska het 'n tsoenami tot gevolg gehad wat oor die 6 m hoog was en het 11 mense so ver weg asKalifornië laat sterf met 'n totale dodetal van 120.
1976: 16 Augustus (middernag) sterf meer as 5000 mense in die Moro Golfgebied van dieFilippyne
1983: 104 mense sterf in westelike Japan as gevolg van 'n tsoenami wat ontstaan uit 'n nabygeleë aardbewing.
17 Julie1998: 'n Tsoenami inPapoea-Nieu-Guinee veroorsaak die dood van ongeveer 3000 mense. 'n 7.1-grootte aardbewing 24 km vanaf die kus is binne 10 minute gevolg deur 'n tsoenami wat ongeveer 12 m hoog was. Die dorpies Arop en Warapu is vernietig.
In2001 het wetenskaplikes voorspel dat 'n toekomstige uitbarsting van die onstabieleCumbre Vieja vulkaan inLa Palma ('n eiland van dieKanariese-eilande) 'n superreuse ondersese grondverskuiwing kan veroorsaak. Die volgende vulkaniese uitbarsting word in die tweede helfte van die21ste eeu verwag, maar dit sal nie noodwendig die een wees wat die grondverskuiwing sal veroorsaak nie. In hierdie voorspelde verskuiwing sak die westelike helfte van die eiland (wat sowat 500 biljoen ton weeg) in die oseaan; só 'n verskuiwing kan 'n 100 m megatsoenami veroorsaak wat die kus van noordwes-Afrika verwoes, en 'n 30-50 m tsoenami wat 7-8 uur later die ooskus vanNoord-Amerika sal bereik en grootskaalse verwoesting langs die kus veroorsaak, tesame met die dood van miljoene mense inMiami, woonbuurte vanNew York, dele vanBoston en al die kusstede tussen-in.[1][2]
Aardbewings aan die Wes-Amerikaanse kus kan tsoenami's genereer watHawaii enJapan bedreig.
"The Big Bang that Triggered A Tragedy", deur Richard Macey, The Sydney Morning Herald, 1 Januarie 2005, p. 11 - aanhaling van Dr Mark Leonard, seismoloog byGeoscience Australia.