Tsjeggië (Tsjeggies:Česko, [ˈtʃɛsko],luister(hulp·inligting)), amptelik dieTsjeggiese Republiek (Česká republika, [ˈtʃɛskaː ˈrɛpuˌblɪka],luister(hulp·inligting)), is 'nlandingeslote land inSentraal-Europa. Dit is die westelike deel van die voormaligeTsjeggo-Slowakye. Dit grens in die weste en noordweste aanDuitsland, in die noordooste aanPole, in die ooste aanSlowakye en in die suide aanOostenryk. Diehoofstad en grootste stad isPraag. Die land bestaan uit die historiese gebiede vanBoheme in die weste enMorawië in die ooste, wat deur 'n uitgestrekte plato, dieBoheems-Morawiese Hoogland, van mekaar geskei word, asook dele vanSilesië (die vroeëre Oostenryks-Silesië, tans meestalTsjeggies-Silesië genoem). Hulle vervul tans geen administratiewe funksie meer nie omrede die federale tradisies van die voorloperstaat Tsjeggo-Slowakye nie voortgesit word nie. Die Tsjeggiese Republiek is sedert 1999 lid vanNAVO en sedert 2004 lid van dieEuropese Unie.
Die onafhanklike Tsjeggo-Slowaakse Republiek is in 1918 gevorm ná die ineenstorting van die Oostenryk-Hongaarse ryk as gevolg van dieEerste Wêreldoorlog. Ná dieMünchen-ooreenkoms, Duitse besetting, die daaropvolgende Westerse trouebreuk in die ooreenkomste van dieVerdrag van Versailles, en dankbaarheid vir die bevryding van die grootste deel van Tsjeggo-Slowakye deur dieRooi Leër, het die Kommunistiese Party van Tsjeggo-Slowakye 'n meerderheidsoorwinning (38%)[7] in die verkiesing van 1946 behaal. In 'nstaatsgreep het die land in 1948 'nkommunistiese staat geword.
In 1968 het groterwordende ontevredenheid met die regering tot pogings gelei om die kommunistiese bewind te hervorm. Die gebeurtenisse, wat as diePraagse Lente van 1968 bekend staan, is beëindig met 'n inval deur die magte van dieWarskouverdraglande (met uitsluiting vanRoemenië); die troepe het tot die sogenaamde Fluweelrewolusie in 1989 in die land gebly, toe die kommunistiese bewind ineengestort het. In 1993 het Tsjeggo-Slowakye vreedsaam in sy samestellende state, Tsjeggië enSlowakye, verdeel.
Stamvader Tsjech op berg Rip – skildery deur Josef Mathauser
Die tradisionele Afrikaanse naam "Boheme" is ontleen aan dieLatynseBoiohaemum, wat "tuiste van dieBoii" ('nGalliese stam) beteken. Die huidige Afrikaanse naam is afgelei van diePoolse etnoniem wat verbind is aan die gebied, en oorspronklik ontleen is aan die Tsjeggiese woordČech. Dié naam is ontleen aan dieSlawiese stam (Tsjeggies:Češi,Čechové) en, volgens 'n legende, hul leierTsjech, wat hulle na Boheme gebring het waar hulle hulle op bergŘíp gevestig het. Die etimologie van die woordČech kan teruggespoor word na dieProtoslawiese wortel*čel-, wat beteken "lid van die volk; bloedverwant", wat dit diekognaat maak van die Tsjeggiese woordčlověk ('n mens).[8]
Die land is tradisioneel verdeel in drie lande:Boheme (Čechy) in die weste,Morawië (Morava) in die ooste enTsjeggies-Silesië (Slezsko; die kleiner, suidoostelike deel van die historieseSilesië, waarvan die grootste deel in die huidige Pole geleë is) in die noordooste.[9] Sedert die 14de eeu is dit bekend as "die lande van die Boheemse kroon", maar ook ander name is gebruik om na dié land te verwys, insluitende "Tsjeggies/Boheemse lande", "Boheemse kroon", "Tsjeggië"[10] en die "lande van die kroon vanWenceslaus die Heilige". Toe die land sy onafhanklikheid ná die ontbinding vanOostenryk-Hongarye in 1918 herwin het, is die nuwe naamTsjeggo-Slowakye uitgedink om die unie van die Tsjeggiese en Slowaakse nasies in een land te onderstreep.[11]
Nadat Tsjeggo-Slowakye op 31 Desember 1992 ontbind is, isČesko as die Tsjeggiese kortnaam vir die nuwe land goedgekeur en die departement van buitelandse sake van die Tsjeggiese Republiek beveel "Tsjeggië" as die Afrikaans-talige ekwivalent aan.[12]
Nasa-Satellietbeeld van TsjeggiëKaart van beskermde gebiede in Tsjeggië: nasionale parke (grys) en beskermde beskermde landskapgebiede (groen)
Tsjeggië is in die hartland van Sentraal-Europa geleë. Meer as vier vyfdes van sy oppervlakte word deur bergstreke en hooglande beslaan, met meerdere bekkenlandskappe wat daartussen geleë is. Die hoogste bergpiek, Sněžka (op 1 602 m bo seevlak), is in die Oos-BoheemseReusegebergte of Krokonoše-bergreeks geleë. Ander belangrike bergreekse is dieBoheemse Woud (Šumava, met hoogtes van tussen 1 000 en 1 400 m) langs die suidwestelike grens van Tsjeggië, die Ertsgebergte (met die bergpiek Krušné hory op 1 244 m) en die Sudetereeks (Sudety). Die Boheemse Middelgebergte se pieke verrys suidoos van die Ertsgebergte aan weerskante van dieElberivier.
Tsjeggië beskik oor vier nasionale parke: Die oudste is Reusegebergte- Nasionale Park (Krkonošský národní park) en die ander is Boheemse Woud- Nasionale Park (Národní park Šumava), Thayavallei- Nasionale Park (Národní park Podyjí) en Boheemse Switserland- Nasionale Park (Národní park České Švýcarsko).
Naam
Stigting
Oppervlakte [ha]
Ligging
Kaart
Beeld
Reusegebergte- Nasionale Park (Krkonošský národní park)
1963
36 300
Liberecký-streek, Královéhradecký-streek
Thayavallei- Nasionale Park (Národní park Podyjí)
1991
6 300
Jihomoravský-streek
Boheemse Woud- Nasionale Park (Národní park Šumava)
1991
68 520
Jihočeský-streek, Plzeňský-streek
Boheemse Switserland- Nasionale Park (Národní park České Švýcarsko)
'n Stabiele hoëdrukgebied in die najaar met sonnige weer word as "Goue Oktober" waargeneem. Beukebome tower die Nasionale Podyjí Dyjepark in Suid-Morawië op met hul rooi herfskleure en weerkaats in die rustige wateroppervlak van 'n klein meer
Die Tsjeggiese Republiek is 'n landingeslote land wat in die gematigde breedtegrade van dieNoordelike Halfrond geleë is. Sy gematigdeklimaat varieer volgens geografiese streke, afhangende van die hoogte bo seevlak en seisoen.[13] So word in die bergreekse laer gemiddelde temperature aangeteken as in die laer landsdele en oefen gebergtes, wat in die grensgebiede geleë is, merkbare invloed uit op die vloei van lugmassa's en neerslae in laagliggende streke.
Die wisselende hoogte van dieson in die loop van 'n jaar veroorsaak dat vier verskillende seisoene met kenmerkende verskille ten opsigte van temperature en neerslae mekaar afwissel. Net soos in ander dele van die Noordelike Halfrond se gematigde sone begin die kalenderjaar in Tsjeggië met 'n kouewinter, gevolg deurlente, 'n warmsomer en 'n koelherfs. Weerstoestande is egter wisselvallig, met groter afwykings van die langtermyn gemiddeldereënval entemperatuur. Dié variasie spruit voort uit die veranderende ligging en grootte van twee belangrike drukgebiede – dieYslandse Laedrukgebied en dieAsore-hoëdrukgebied. Veral gedurende die warm middel van die jaar het 'n uitbreiding van die hoëdrukgebied na Tsjeggië warmer en droër weerstoestande tot gevolg, terwyl die Yslandse Laagdrukgebied bewolking en reënval saambring as dit in rigting van Tsjeggië beweeg.
Topografiese verskeidenheid is die belangrikste klimatologiese faktor in Tsjeggië, en so hang die gemiddelde temperatuur van 'n bepaalde streek hoofsaaklik af van sy ligging bo seevlak. Wanneer die lug op die land se hoogste bergpiek, Sněžka (Schneekoppe) in die Reusegebergte op 1 602 meter, afkoel tot slegs 0,4 °C, word in die Suidoos-Morawiese laagland nog byna 10 °C aangeteken. Die hoogste gemiddelde jaarlikse temperature word in die hoofstad Praag gemeet – danksy die sogenaamde "warmte-eilandffek" in beboude stedelike gebiede.
Ook die gemiddelde jaarlikse reënval word deur die hoogte bo seevlak bepaal. Die natste gebiede is die hoogste bergreeks se steil noordwestelike hellings met meer as 1 200 millimeter. Die droogste streke is die laagliggende suidooste van Morawië en die noordweste van Boheme. Die laasgenoemde is in die Krušné-bergreeks se reënskadu geleë.
Desember, Januarie en Februarie word as die wintermaande gereken. Die laagste temperature word in Januarie aangeteken wanneer die maandelikse gemiddeld selfs in laer geleë landsdele benede vriespunt is. Neerslae in die berggebiede val dan gewoonlik assneeu, in die laagland reën of sneeu dit na gelang van temperature. Van die bergstreke, wat maande lank met sneeu bedek is, het tot gewilde wintersportbestemmings ontwikkel.
Temperature styg skerp in die lentetyd gedurende Maart, April en Mei. 'n Gewilde gesegde beskryf die kenmerkende eienskappe van elkeen van die lentemaande:
Březen – za kamna vlezem, duben – ještě tam budem, máj – půjdeme v háj.
In Maart – sit ons voor die kaggel. In April – sit ons steeds daar. In Mei – stap ons uit na die tuin.
Herfskleure in Křivoklátsko, Wes-Tsjeggië
Die laaste sneeu smelt gewoonlik in die middel van die lente, en selfs in die hoogste Tsjeggiese bergstreke is April die begin van die blomtyd. Danksy die smeltende sneeu bereik Tsjeggiese riviere in dié tyd hul hoogste watervlakke. Baie volkstradisies word met dié tyd van die jaar verbind.
In Julie, die warmste somermaand, is die gemiddelde temperatuur sowat 20 °C hoër as in Januarie, met uiterstes van meer as 30 °C op baie warm dae. Watertemperature is in die tweede helfte van die somer hoog genoeg om swemmers na die riviere te lok – of diegene, wat van koeler temperature hou, na die berggebiede laat stroom. In Augustus kom dikwels langer periodes met warm weerstoestande voor.
September, Oktober en November is die herfsmaande in Tsjeggië, met dikwels nog betreklik warm en droë weerstoestande in September. Eers vroeg in Oktober begin die kwik weer merkbaar daal, met 'n gemiddeld van minder as 10 °C. Die Tsjeggiese term vir "November",listopad, verwys na vallende blare. Strawwe ryp en koue nagtemperature kondig die winterseisoen aan.
Vir die teenwoordigheid van mense tydens dieOu-Paleolitikum is daar slegs indirekte vondse. Die oudstegereedskapsvonde dateer uit die Cromerië-warmtydperk, hul status as argeologiese artefakte word egter dikwels betwyfel. Uit dieMiddel-Paleolitikum is gereedskap gevind, wat deur dieHomo erectus vervaardig is, en grotte asook rusplekke van dieNeanderdaller. DieVroeë Paleolitikum is dieCro-Magnon-mens se tydperk. Die bekendste paleolitiese verskynsel op die gebied van die huidige Tsjeggië is dieMammoet-jagter se kultuur uit dieGravettien, wat rondom 29 000–24 000 v.C. opgebloei en veral metMorawiese vondse soosDolní Věstonice verbind word.[14]
Vir die tydperk van 5300 tot 4500 v.C. is 'n grootNeolitiese vestiging opgespoor. Aan die einde van dieLaat-Neolitikum was dieToubekerkultuur met verskeie groot grafvelde in Noord-Boheme en dieKlokbekerkultuur teenwoordig. In dieBronstydperk is veral dieÚněticekultuur noemenswaardig. Daarop het die Grafheuwel- enUrnveldkulture gevolg. In dieLatènetydperk het dieKeltiese stamBoii hulle in dele van die huidige Tsjeggië gevestig, wie seLatynse naamBoiohaemum die oorsprong van die landsnaam Boheme is. Op die Kelte het aan die begin van die eerste eeu n.C.Germaanse stamme soos dieMarkomanne in Boheme en dieQuade in Morawië gevolg. Tydens dieVolksverhuising word volgens argeologiese en historiese bronne 'n ontvolking van die gebied vermoed. Rondom 550 hetSlawiërs hulle in die gebied gevestig, hul oorsprong was vermoedelik oos van dieDnjepr. Hulle het van 623 tot 658 oor die eerste ryk geheers, die sogenoemde Ryk vanSamo. Van 768 tot 814 is Boheme waarskynlik deur dieFrankiese Ryk onderKarel die Grote beheer.
In die eerste derde van die 9de eeu ten laaste het onder vorsMojmir I dieMorawiese Ryk ontstaan; hy is deur die vorsteRastislav in 846 enSvatopluk I in 870 opgevolg. In 864 het dieBisantynsemonnikeCyrillus en Methodius in Morawië aangekom. Hulle het die grondslag vir die Slawiese liturgie geleë. In 869 is Cyrillus oorlede, waarmee die Bisantynse missie tot 'n einde gekom het. Van 888/890 tot 895 was Boheme deel van die Morawiese Ryk. In 894 is Rastislav se opvolger Svatopluk I dood, dit het die begin van die Morawiese Ryk se einde ingelui, en die terugkeer na die Westelike Latynse kerk en kultuur. In 895 het die Morawiese vorsSpytihněv I inRegensburg die Oos-Frankiërs se gesag oor Boheme aanvaar. In 907 het die ryk ineengestort.
In 1085 het dieHeilige Romeinse keiserHendrik IV die PřemyslideVratislav II as die eerste Boheemse koning gekroon. In die 12de/13de eeu het Duitse settlers hulle langs die Boheemse grensgebiede gevestig. In dieSisiliaanse Goue Bul van 1212 het keiserFrederik II die Boheemse heerserOttokar I van Boheme die erflike koningstitel toegestaan. Sedertdien was die Koninkryk Boheme 'n deel van die Heilige Romeinse Ryk, maar met 'n groot outonomie. Die Boheemse heersers het nou tot die sewekeurvorste behoort. As lede van die kollege het die Boheemse koning dikwels 'n groot politieke gesag binne die ryk uitgeoefen. OnderOttokar II van Boheme het die Přemysliden hul hoogtepunt aan mag bereik.
Van 1300 af was daar 'n kortstondige Boheemse-Poolse personele unie onderWenceslaus II van Boheme enWenceslaus III van Boheme (die titulêre koning in Pole). In 1306 is Wenceslaus III inOlomouc vermoor, waarmee die Přemysliden-dinastie tot 'n einde gekom het.
Boheme en ander besittings vanKarel IVStandbeeld van Karel IV by dieKarelsbrug
In 1310 hetJohan van Luxemburg, seun van keiserHendrik VII, in die huwelik getree met die Boheemse prinsesElisabeth, dogter vanWenceslaus II van Boheme, en Boheemse koning geword tot in 1346. Ná sy dood tydens dieSlag by Crécy is hy in 1347 opgevolg deur sy seunKarel IV as Boheemse koning. In 1348 het Karel IV dieKarelsuniversiteit as eerste universiteit noord van dieAlpe gestig. In 1355 is Karel IV inRome deurpous Innocentius VI as keiser van die Heilige Romeinse Ryk gekroon. Hy hetPraag as sy hoofstad verkies. In 1356 het Karel IV 'nGoue Bul, die belangrikste van die Heilige Romeinse Ryk se "grondwette" tot die einde van die ou ryk in 1806, laat uitvaardig. In die Goue Bul van Karel IV is onder andere die verkiesing van die Heilige Romeinse Ryk se konings deur die keurvorste en hul kroningseremonie bepaal. In 1378 het Karel IV in sy testament sy erfgrond onder sy seuns verdeel. Die hoofgebied Koninkryk Boheme het sy seunWenceslaus IV geërf, wie ook Duitse koning geword het. Hy is in 1420 deurSigismund as Boheemse koning opgevolg.
In 1415 is die kerkhervormerJan Hus tydens dieKonsilie van Konstanz asKetter veroordeel en op die brandstapel verbrand. Dit het dieHussietebeweging ingelui, wat tussen 1415 en 1434 die politieke en godsdienstige situasie in Boheme aansienlik beïnvloed en aanleiding gegee het tot die Hussiete-oorloë, wat ná diePraagse defenestrasie van 1419 uitgebreek het. Ná verskeie nederlae van sy magte in Boheme was die invloedsfeer van die Boheemse en Hongaarse koning en Romeinse keiserSigismund in sy erfland tydelik op slegs buitewyke (onder andere Suid-Boheme onder die gesag van die adellike familieHuis Rosenberg, dieLausitz,Silesië en dele van diemarkgraafgrap Morawië) beperk. Die Hussiete se belangrikste bevelvoerders wasJan Žižka en ná sy dood in 1424Prokop Holý. Die Hussietebeweging se sentrum was die nuutgestigte nedersettingTábor. Die beweging se radikale vleuel kon eers in 1434 tydens dieSlag by Lipany verslaan word. In 1458 het die Boheemse standeGeorge van Podiebrad (Tsjeggies:Jiří z Poděbrad) as koning van Boheme verkies en hy het daarmee die eerste voor-Protestantse koning in Europa geword.
Ná die dood van koning Jiří z Poděbrad in 1471 het die Boheemse stande diePools-Litause Jagiellone-dinastie as nuwe heersers van die Koninkryk verkies. Eers wasWladislaus II van Hongarye die verkose koning van Boheme. Die tweede heerser uit die dinastie,Lodewyk II, is tydens dieSlag van Mohács teen die Turke dood, wat in 'n rampspoedige nederlaag vir sy magte geëindig het. Vervolgens was die Boheemse en Hongaarse Kroon weer vry.
Van 1526 tot 1918 was die Koninkryk Boheme met al die lande van dieWenceslaskroon deel van dieHuis van Habsburg se heerskappy. In 1526 het die Boheemse stande die HabsburgseFerdinand I as koning aanvaar. In 1547 het die Boheemse stande in opstand gekom teen Ferdinand I. Nadat dit onderdruk is, is eerste beperkings op die Koninkryk Boheme se voorregte ingestel, die faktiese godsdienstige vryhede is egter nie aangetas nie.
In 1583 het keiserRudolf II, Ferdinand I se kleinseun, met die hele hof vanWene na Praag verhuis. Die Boheemse hoofstad het weer 'n belangrike sentrum van politiek, kuns en wetenskap geword. In 1609 het Rudolf II die Majesteitsbrief oor godsdienstige vryheid goedgekeur. Op 23 Mei 1611, gedurende Rudolf II se leeftyd, het sy broerMatthias die mag in die Koninkryk Boheme oorgeneem. Ná Rudolf se dood is Matthias op 20 Januarie 1612 ook as Romeinse keiser verkies. Matthias het die hof terug na Wene verskuif en die politiek grootliks oorgelaat aan sy kanselierKhlesl, wat op gelykstelling tussen die denominasies bly fokus het. Die denominasionele geskille in Boheme het egter opnuut opgevlam, toe Matthias se neef en aangewese opvolgerFerdinand II (keiser van 1619 tot 1637) die mag in die koninkryk oorgeneem het. In 1617 het die stande hom as Boheemse koning verkies, hoewel hy bekend was vir sy strengteenreformasiebeleid.
In 1618 het op die hoogtepunt van die ontevredenheid met die Habsburgers se beleid teenoor hul land verskeie verteenwoordigers van die oorwegend Boheemse Protestanse stande diePraagse kasteel se kanselary (Hradschin) binnegedring en twee keiserlike goewerneurs asook een skrywer by die venster uitgegooi. Al drie persone het die sluipmoordpoging oorleef met beswaarlik min beserings. Hierdie sogenoemdeTweede Praagse defenestrasie het aanleiding gegee tot dieBoheemse Opstand. Dié opstand het gelei tot dieDertigjarige Oorlog (1618–1648), wat groot dele van veral Duitsland en Tsjeggië verwoes het.
In 1619 is keiser Matthias oorlede. In Augustus het die Boheemse stande die Duitse ProtestantFrederik van die Palts as nuwe Boheemse koning verkies. Toe Frederik inherfs in Praag gekroon is en daar ingetrek het, het die konflik met die Habsburgers 'n saak van die ryk geword. In 1620 het dieSlag op die Witte Berg by Praag in 'n beslissende nederlaag van die Boheemse stande teen die keiserlike troepe geëindig.
Frederik van die Palts het uit die land gevlug (hy is "winterkoning" genoem, aangesien hy slegs eenwinter aan bewind was). Die leiers van die opstand, altesaam 27 adelikes en Praagse burgers van sowel Tsjeggiese as Duitse herkoms, is op 21 Junie 1621 op die Praagse Sentrale Markplein tereggestel, sommiges op 'n wrede manier. Baie Protestante, waaronder belangrike verteenwoordigers van die Boheemse adel en die geestelike lewe soos die biskop van dieBoheemse BroersJohann Amos Comenius, het die land verlaat en in ballingskap gegaan. Van hul omvangryke goedere is in beslag geneem en oorhandig aan dieRooms-Katolieke Kerk en keiserlike ondersteuners soosWallenstein.
Die vir Boheme ná dieSlag op die Witte Berg beginnende noodlottige tydperk word in die Tsjeggiese geskiedskrywing as dietemno-tydperk, die "tydperk van duisternis", genoem. Tydens die Dertigjarige Oorlog het keiser Ferdinand II 'n streng onderdrukkingsbeleid afgedwing teenoor nie-Katolieke in sy heerskappy, veral die Habsburgse erflande insluitende die Koninkryk Boheme. In die Boheemse lande het Duits aanvanklik die tweedeamptelike taal geword, maar spoedig Tsjeggies as die amptelike en die hoërklas se taal amper volledig vervang. Die Koninkryk Boheme se grondwetlike voorregte binne die Ryk is formeel slegs min beperk, maar dié land se onafhanklikheid het fakties vir 'n lang tydperk tot 'n einde gekom. Die gesag oor die land is voortaan en tot in 1918 deur die keiserlike hof en regering in Wene uitgeoefen.
Tussen 1780 en 1790 het keiserJosef II onder die leuseAlles vir die volk; niks deur die volk nie" (Alles für das Volk; nichts durch das Volk) syJosefiniese hervormings in die gees van dieverligte despotisme deurgevoer. Een belangrike hervorming was byvoorbeeld die opheffing vanlyfeienskap in 1781. Aangesien die Boheemse adel se gewoonteregte deur dié hervorming glo in gevaar gestel is, het hulle in teenreaksie die konsep van Boheemse staatsreg uitgevaardig, wat later ook deur burgerlike politici oorgeneem is.
Van die einde van die 18de eeu tot omtrent 1885 het die nasionale wedergeboorte van die Tsjegge plaasgevind. In reaksie op die Weense sentralisme het van die einde van die 18de eeu intellektuelles die Tsjeggiese nasionale beweging (wedergeboorte) ondersteun. Hulle het die instandhouding, erkenning en gebruik van die Tsjeggiese taal bevorder (ook ondersteun deur die Duitse romantici). Daarop het later die strewe na politieke outonomie gevolg. Die wens na kulturele outonomie het tot die stigting van wetenskaplike geselskappe soosMatice česká enMatice moravská en die gimnastiese bewegingSokol gelei.
Onmiddellik ná die Slawiese kongres in Praag in Junie 1848 is diePraagse Pinksteropstand onderdruk. Dieindustrialisasie het begin en die gesofistikeerde Boheemse lande het die "industriële ruggraat" van die Donaumonargie gevorm.
Nadat keiserFrans Josef I die neo-absolutisme met die oujaarsaandpatent van 1851 goedgekeur het, was daar met die Oktoberdiploma van 1860, die Februariepatent van 1861 en die Desembergrondwet van 1867 verskeie pogings, om aan die Tsjegge sekere vryhede te verskaf. Soos voorheen was en het hulle egter afgeskeep gevoel in vergelyking teenoor dieDuitsers enMagjare. Nietemin het die Koninkryk Boheme tot in 1918 bestaan, maar nie al die Habsburgers het dit hoegenaamd as noodsaaklik geag om hulle in Praag as koning van Boheme te laat kroon nie. Terwyl Hongarye as koninkryk in personele unie met Oostenryk baie nasionale regte geniet het, was in die lande van die Boheemse Kroon (Boheme, Morawië en Oostenryks-Silesië) nie eens die publikasie van Tsjeggiestalige koerante toegelaat nie.
Ten einde van 'n Oostenryks-Tsjeggiese kompromie het die Oostenrykse eerste ministerBadeni in 1897 'n nasionaliteiteregulasie uitgevaardig, waarvolgens al die munisipaliteite in Boheme en Morawië tweetalig bestuur moes word. Daarmee is Tsjeggies in albei kroonlande van 'n minderheids- tot 'n nasionale taal verhef. Vervolgens het die Duitse verteenwoordigers die Ryksraad lamgelê. In 1899 is die nasionaliteiteregulasie weer opgehef. Die Morawiese kompromie van 1905 het ook geen volgehoue suksesse tot gevolg gehad nie, waarop die Boheemse parlement op 26 Julie 1913 eindelik deur 'n keiserlike patent ontbind is.
Van 1914 tot 1918 het Tsjegge in dieEerste Wêreldoorlog geveg. Teen die monargie het in ballingskap 'n Tsjeggiese en Slowaakse, deurTomáš Garrigue Masaryk aangevoerde opposisie gevorm. Op 28 Oktober 1918 het leidende Tsjeggiese onafhanklikheidstryders ná die ontbinding van die Habsburgse monargie Tsjeggo-Slowakye met Masaryk as eerste staatspresident gestig. Slowakye, wat toe administratief ondergeskik was aan die Koninkryk Hongarye, het onder leiding vanMilan Rastislav Štefánik by die nuwe staat aangesluit. In 1919 hetKarpate-Oekraïne toegetree (wat in 1946 deur dieSowjetunie geannekseer is) en in 1920Teschen.
Van 1918 tot 1938 het die Eerste Tsjeggo-Slowaakse Republiek bestaan. Voor die skeiding van die Tsjeggiese Republiek en die Slowaakse Republiek het vroue op 29 Februarie 1920 in Tsjeggo-Slowakye die algemene aktiewe en passiewe stemreg verkry. Daarmee is die vrouestemreg op nasionale vlak ingevoer.[15][16] Die verkiesing vir die Tsjeggo-Slowaakse nasionale vergadering is op 18 en 25 April 1920 gehou.[17]
Daar was 'n groot Duitstalige minderheid wat in die Sudeteland die bevolkingsmeerderheid gevorm het. Tydens die 1930-sensus was die aandeel aan die algehele bevolking op die gebied van die huidige Tsjeggië 29,5%.[18] Die Duitsers in Tsjeggo-Slowakye is van 1919 af deur die Duitse Nasionale Party (Deutsche Nationalpartei) verteenwoordig. Die Duitse sosiaaldemokratie was van 1920 tot 1935 die grootste fraksie in die Praagse Huis van Verteenwoordigers en het in 1929 met hul vooristterLudwig Czech, wie verskeie poste beklee het, ook regeringsparty geword. In 1933 hetKonrad Henlein die Sudete-Duitse Party (Sudetendeutsche Partei, SdP) gestig. Met ondersteuning deur Duitsland het die SdP op verrykende outonomie en 'n afstigting van die Duitstalige gebiede van Tsjeggo-Slowakye aangedring en met dieKarlsbadse program op 24 April 1938 dieSudetekrisis verskerp.
Ná die "Anschluss" vanOostenryk in Maart 1938 hetAdolf Hitler met die inval in die Sudeteland gedreig. DieVerenigde Koninkryk enFrankryk het as beskermingsmagte ná dieVertrag van Saint-Germain beskermingsverpligtinge teenoor Tsjeggo-Slowakye gehad. Daarbenewens was Frankryk en dieSowjetunie bondgenote van Tsjeggo-Slowakye. Die regerings van Frankryk en die Verenigde Koninkryk was van mening, dat hulle deur toegewings ("Paaibeleid") 'n dreigende oorlog kon verhoed. Sonder die Tsjeggo-Slowaakse regering se teenwoordigheid het Hitler,Mussolini,Chamberlain enDaladier op 29 September 1938 dieMünchen-ooreenkoms onderteken, waarvolgens Tsjeggo-Slowakye die Sudeteland aanNazi-Duitsland moes aftree. Die Tsjegge het na dié ooreenkoms as "München-diktaat" of "München-verraad" verwys. Sowat een derde van die Tsjeggo-Slowaakse grondgebied is daarmee by die Duitse Ryk ingelyf. Vervolgens het op 1 Oktober die federale Tweede Tsjeggo-Slowaakse Republiek ontstaan.
Adolf Hitler op die Praagse kasteel op 15 Maart 1939
Op 5 Oktober 1938 het presidentEdvard Beneš bedank en na ballingskap in die Verenigde Koninkryk gegaan. Hy is deurEmil Hácha opgevolg.
Ná die besetting van Tsjeggo-Slowakye op 15 Maart 1939 het die nasionaalsosialiste dieProtektoraat Boheme en Morawië gestig. Die Slowaakse Staat was 'n satellietstaat van die Duitse Ryk. Op 27 September 1941 is die goewerneur op permanente verlof,Neurath, deur die nuweReichsprotektorReinhard Heydrich vervang. Op 27 Mei 1942 het Tsjeggo-Slowaakse weerstandsvegters 'nsluipmoord op Heydrich uitgevoer. In 'n vergelding het die nasionaalsosialiste al die inwoners van die twee nedersettingsLidice enLežáky vermoor. Tydens die Duitse besetting was op Tsjeggiese bodem dieTheresienstadt-konsentrasiekamp en verskeie buitekampe van dieFlossenbürg-konsentrasiekamp, waaronder dieLeitmeritz-buitekamp (Litoměřice) in bedryf.
In 1945 is met dieKaschau-program onder die nuwe regering van die eerste ministerZdeněk Fierlinger Tsjeggo-Slowakye fakties herstel. Amerikaanse, Sowjetse en Tsjeggo-Slowaakse magte het die land bevry. Die afbakeningslyn tussen die Amerikaanse en die Sowjetse invloedsfere, waarop tydens dieJalta-byeenkoms ooreengekom is, het langs die stedeBudweis,Pilsen enKarlsbad verloop.
Einde van die Tweede Wêreldoorlog en Reale Sosialisme Realsozialismus
MaarskalkIwan Konef tydens die bevryding van Praag op 8 Mei 1945
Op 5 Mei 1945 het diePraagse Opstand teen die Duitse besettingsmag begin en op 8 Mei was dieTweede Wêreldoorlog verby. Op 9 Mei het Sowjetse magte Praag binnegeval. President Beneš het weer die bewind oorgeneem. Tydens die herstel van die staat is die sogenoemdeBeneš-dekrete goedgekeur. Naas die gewone administratiewe aangeleenthede het dié wette ook die beslaglegging op eiendom en die uitsetting van die Duitsers uit Tsjeggo-Slowakye gereël, wat ná die oorlog as "staatsvyande" beskou is.
Op 26 Mei 1946 het dieKommunistiese Party van Tsjeggo-Slowakye (Komunistická strana Československa, KSČ) die verkiesings gewen, deel van die regering geword en kon, ondersteun deur die Sowjetunie, 'n ontsaglike politieke invloed uitoefen. Vervolgens hetKlement Gottwald (KSČ) die eerste minister geword.
Met dieFebruariestaatsgreep in 1948 het die Kommuniste die mag heeltemal oorgeneem, gevolg deur 'n grondwetwysiging en die herorganisasie van die land volgens die Sowjetmodel. Die eerste sogenoemde "Arbeidspresident" was Klement Gottwald. In November 1952 is die voormalige partysekretarisRudolf Slánský saam met elf ander aangeklaagdes in die "Slánský-proses" terdood veroordeel. President Antonín Novotný, wat in 1957 verkies is, het dieStalinistiese onderdrukking van daardie tyd verteenwoordig. Op dieKafka-konferensie in 1964 inLiblice isFranz Kafka, wat tot op daardie stadium grootliks verbied was, gerehabiliteer. Oproepe na hervormings het toegeneem en hul hoogtepunt bereik op die vierde Tsjeggiese skrywerskongres in Junie 1967 met direkte kritiek op die politieke leierskap.
Tussen 3 en 5 Januarie 1968 het die Tsjeggo-Slowaakse Kommunistiese Party se Sentraalkomitee president Novotný afgesit.Alexander Dubček het die KSČ se nuwe voorsitter geword en generaalLudvík Svoboda president. Aan die begin van Maart is diesensuur gelig. Die "Praagse Lente" het begin en verdere ontwikkeling het meestal spontaan plaasgevind. Op 5 April 1968 is 'n aksieprogram van die KSČ onder Alexander Dubček goedgekeur. Hulle het op 'n "sosialisme met 'n menslike gesig" gemik (gewaarborgde vryheid van vergadering, klein entrepreneurskap, vrylating van politieke gevangenes).
Op 21 Augustus 1968 het die militêre intervensie teen die Praagse Lente begin: Sowjetse en anderWarskouverdragtroepe het Tsjeggo-Slowakye beset.
Ná aanleiding van dié besetting het Moskou met dieBrezjnef-leerstelling die "Beperkte soewereiniteit van die sosialistiese lande" afgekondig“. Vervolgens het baie Tsjegge die land verlaat. Die daaropvolgende politieke fase is "normalisering" genoem. Op 1 Januarie 1969 het met die inwerkingtreding van die Tsjeggo-Slowaakse Federasie se grondwet die Tsjeggiese Sosialistiese Republiek een van Tsjeggo-Slowakye se twee deelrepublieke geword. Op 17 April 1969 is Dubček vervang en Gustáv Husák is verkies as sekretaris-generaal van die KSČ.
Die selfverbrandings van die twee studenteJan Palach enJan Zajíc (op 16 Januarie en 25 Februarie 1969 onderskeidelik) in protes teen die begin van "normalisering" het heelwat opskudding veroorsaak. Gevolglik was Tsjeggo-Slowakye een van die mees konserwatiewe lidlande van dieOosblok. Op 1 Januarie 1977 is die opposisieburgerbeweging "Charta 77" gestig.
Op 17 November 1989 het die polisie 'n studentebetoging wreed onderdruk, wat groot demonstrasies met soms meer as 750 000 mense tot gevolg gehad het. Op 19 November 1989 het die burgerforum die dryfkrag van die "fluweelrewolusie in Tsjeggo-Slowakye geword. Op 10 Desember 1989 het staatspresident Gustáv Husák bedank.
Václav Havel, die laaste Tsjeggo-Slowaakse en eerste Tsjeggiese staatspresident
Die federale vergadering het op 28 Desember 1989 Alexander Dubček as sy president verkies. Op 29 Dezember 1989 is die burgerregte-aktivisVáclav Havel deur die federale vergadering as president van Tsjeggo-Slowakye verkies. Op 23 April 1990 – ná die sogenoemde streepoorlog – is Tsjeggo-Slowakye herdoop in "Tsjeggiese en Slowaakse Federale Republiek" (ČSFR).
Op 8 Junie 1990 is die eerste vrye algemene verkiesings in die ČSFR gehou. Op 5 Julie 1990 het die nuutverkose parlement Václav Havel as staatspresident bevestig. Op 21 Februar 1991 het die ČSFR by dieRaad van Europa aangesluit. Op 16 Desember 1991 is die assosiasie-ooreenkoms met dieEuropese Gemeenskap onderteken.
Op 5 Junie 1992 is algemene verkiesings in die ČSFR gehou. Die ekonomVáclav Klaus (Demokratiese Burgerparty,Občanská demokratická strana, ODS) het die Tsjeggiese eerste minister geword. Hy het 'n deur dieThatcherisme geïnspireerde ekonomiese beleid ("markekonomie sonder 'n adjektief") gehandhaaf. Deur 'n koeponprivatisering het agt miljoen Tsjegge aandeelhouers van privaat maatskappye geword. Klaus enVladimír Mečiar, die eerste minister van Slowakye, het teen die wil van die bevolking ooreengekom om Tsjeggo-Slowakye in twee state te verdeel.[19] Op 20 Julie 1992 het president Havel bedank. Op 25 November 1992 het die federale parlement die wet oor die ontbinding van die ČSFR goedgekeur.
Op 16 Desember 1992 is die Tsjeggiese Republiek in sy nuwe grondwet as 'n "demokratiese regstaat" bepaal. Die Handves van Grondregte en Vryhede, wat na die politieke omwenteling in Januarie 1991 deur die Tsjeggo-Slowaakse federale vergadering goedgekeur is, is onveranderd deur Tsjeggië oorgeneem. Ná onafhanklikheidwording in 1992 is die algemene stemreg vir vroue en mans in 1993 bekragtig.[15]
Op 1 Januarie 1993 is die Tsjeggo-Slowaakse Republiek in wedersydse ooreenkoms ontbind en sowel die Tsjeggiese Republiek as die Slowaakse Republiek as onafhanklike state gestig. Op 2 Februarie 1993 is die nuutverkose Tsjeggiese president Václav Havel ingesweer. Op 30 Junie 1993 het Tsjeggië by die Europese Raad aangesluit. In 1994/95 was die land 'n lid van dieVeiligheidsraad. In 1995 het Tsjeggië die nuwe assosiasie-ooreenkoms met dieEuropese Unie onderteken, in 1995 byOESO en in 1999 byNAVO aangesluit. Die geskille oor die besetting van die direkteur van die Tsjeggiese televisiestasieČeská televize het tot die grootste betogings in die Tsjeggiese Republiek sedert 1989 gelei. Op 28 Februarie 2003 is Václav Klaus as staatspresident verkies.
Op 1 Mei 2004 het Tsjeggië as deel van die EU-uitbreiding 'n lidland van dieEuropese Unie geword. In die voorafgaande referendum was 77,33% van die kiesers ten gunste van die toetreding (met 'n stempersentasie van 55,21%). Sedert Tsjeggië se toetreding tot dieSchengen-ooreenkoms op 21 Desember 2007 is al die grenskontroles met die vier buurlande opgehef. Tsjeggië het in die eerste helfte van 2009 en die tweede helfte van 2022 die voorsitterskap van die Europese Unie oorgeneem.
In Tsjeggië het die politieke stelsel na ongeveer agt jaar aangepas by 'n redelik gereelde afwisseling van sentrum-regse en sentrum-linkse regerings. Binne die Europese Unie behoort Tsjeggië aan dieVisegrád-groep, saam met Hongarye, Pole en Slowakye. Dié groep beywer hom vir samewerking in militêre, ekonomiese, kulturele en energiesake, asook meer integrasie van die vier lidlande in die Europese Unie.[20]
Die algemene verkiesings in 2021 is deur die sentrum-regs-liberal-konserwatiewe koalisie Spolu onder leiding van die politieke wetenskaplike en voormalige minister van onderwysPetr Fiala gewen.[21] Hy is aansluitend as eerste minister ingesweer en het die sentralistiese populisAndrej Babiš vervang. Die koalisie Spolu het 'n regering gevorm met die liberalePirate Party en die sentristiese Beweging burgemeesters en onafhanklikes. In 2023 het die voormalige hoof van die algemene weermagstaf van die Tsjeggiese Republiek en Voorsitter van NAVO se Militêre Komitee, generaalPetr Pavel, die presidentsverkiesing gewen enMiloš Zeman vervang.[22] Pavel is 'n uitgesproke ondersteuner van Tsjeggië se aktiewe lidmaatskap in beide NAVO en die Europese Unie.[23][24]
Tsjeggië het een van die minsreligieuse bevolkings in die heleEuropa. Volgens die 2001-sensus is 59% van die landsbevolkingagnosties,ateïsties, ongelowig of 'n ongeorganiseerde gelowige, 26,8%Rooms-Katoliek, en 2,5%Protestants.[26] Volgens die nuutste Eurobarometeropname in 2005[27] het 19% van Tsjeggiese inwoners gestaaf dat hulle in 'ngod glo – die laagste koers onder EU-lidlande ná Estland (16%)[27] – terwyl 50% geantwoord het dat hulle in een of ander gees of lewensmag glo en 30% gesê het dat hulle nie glo dat enige tipe van gees, god of lewensmag bestaan nie.
'n Nuwer opname wat tussen Junie 2015 en Julie 2016 oor 18 Sentraal- en Oos-Europese lande gevoer is, het getoon dat 72% van Tsjeggiese volwassenes nou as agnosties, ateïsties, ongelowig of 'n ongeorganiseerde gelowige identifiseer en 66% het gesê dat hulle nie in 'n god glo nie.[28]
Dit is interessant aangesien ander Sentraal- en Oos-Europese lande wat ook onder 'n kommunistiese regime deurgeloop het, 'n veel hoër religieuse affiliasie toon. Navorsing wys dat Tsjeggië 'n weersin in religieuse en sekulêre outoriteit het wat na 1415 teruggevoer kan word toe volgelinge van die kerkhervormer Jan Hus, nadat hy op die brandstapel vir dwaalleer verbrand is, van die Rooms-Katolieke Kerk weggebreek het. Gedurende die 15de eeu het hierdie "Hussiete" genoeg invloed onder die Tsjeggiese bevolking verkry dat die oorgrote meerderheid nie meer as Katoliek geïdentifiseer het nie.[29] Alhoewel daar 'n tydperk ná die Dertigjarige Oorlog was wat die Rooms-Katolieke Oostenryks-Hongaarse regime die Hussiete en Protestante onderdruk het en weer Katolisisme ingestel het, is daar steeds 'n historiese en kulturele herinnering wat die bevolking lugtig vir religie maak.
Die staatsgebied van die huidige Tsjeggiese Republiek was een van die belangrikste nywerheidstreke in die Oostenryks-Hongaarse dubbelmonargie waar byna 70 persent van die industriële produksie gekonsentreer was en wat omstreeks 1900 ook in 'n Europese konteks as een van die ekonomies mees ontwikkelde gebiede beskou is.[30][31] Ook ná sy onafhanklikwording in 1918 kon Tsjeggo-Slowakye as gemeenskaplike Tsjeggies-Slowaakse staat dié suksesverhaal voortsit om binne twee dekades onder die wêreld se tien mees ontwikkelde ekonomieë gereken te word. Die land het tot 'n wêreldleier gegroei op gebiede soostekstiel-,glas- enskoenvervaardiging, terwyl ook meganiese ingenieurswese, elektrotegniese nywerhede en die energiebedryf beduidende vordering getoon het.
'n EVO1-trem in Praag. Tsjeggië was die vernaamste verskaffer van trems vir Oosbloklande. Tans vervaardig TW Aliance, 'n konsortium van drie ondernemings, trems vir die binnelandse en uitvoermarkte
Tsjeggië word tans onder die belangrikste ekonomieë en markte in Sentraal-Europa gereken. Sy lang tradisie as nywerheidsland, gekwalifiseerde mannekrag en die groot verskeidenheid van verskaffers van vervaardigingsonderdele maak van die land 'n gewilde bestemming vir buitelandse beleggings. Die Europese Unie stel miljarde € aan fondse vir die Tsjeggiese ekonomie beskikbaar wat van die land 'n gewilde afsetmark maak. Grootskaalse beleggings in energiedoeltreffendheid en omgewingstegnologie is 'n verdere aansporing vir buitelandse ondernemings om tot die Tsjeggiese mark toe te tree.
Dikwels word na die Tsjeggiese Republiek se suksesverhaal in verband met ekonomiese transformasie – die oorgang van 'n plan- na 'n markekonomie – verwys. Tsjeggië sebruto binnelandse produk (BBP) het sedert die afskeiding van Slowakye in 1993 Meer as vervyfdubbel en beloop tans sowat €160 miljard. Volgens koopkragpariteit het die Tsjeggiese ekonomie tot 90 persent van die Europese Unie se gemiddelde BBP gegroei.
Tsjeggië se hoogs gediversifiseerde ekonomie en nywerheidsektor is nou verweef met Europese afsetmarkte. Vir Duitsland is Tsjeggië, ondanks sy relatief klein bevolking van 10,5 miljoen, intussen die twaalfde grootste afsetmark, nog voorRusland,Japan ofIndië.[32]
Škoda 860 (1929–1932) in die Škoda-museum, Mladá Boleslav
Verouderde industriële aanlegte, wat uit die kommunistiese tydperk oorgeërf is, was in die vroeë 1990's een van die groot ekonomiese uitdagings vir die Tsjeggiese Republiek, 'n ekonomie wat tradisioneel sterk op nywerhede gesteun het. Sommige sektore het intussen merkwaardige transformasie beleef. So word die Tsjeggiese motor- en elektroniese bedryf onder die mees moderne en doeltreffendste ter wêreld gereken. Siviele ingenieursondernemings en verwante bedrywe is tans die vernaamste industriële sektor. Ander belangrike bedrywe sluit voedselverwerking en brouerye, chemiese nywerhede, rubber-, sement-, tekstiel-, skoen- en glasvervaardiging in.
Eweneens belangrik is yster- en staalvervaardiging. Tsjeggië se swaar nywerhede in dié bedryf was voor die val van dieYstergordyn van die grootstes inOos-Europa, al was hulle aangewese op die invoer van ertse (veral uitOekraïne). Tans word staal hoofsaaklik in aanlegte in Ostrava en sy omgewing (Morawië) vervaardig, met kleiner nywerhede in Boheemse stede soos Kladno, Plzeň en Chomutov. Uitvoergerigte swaar nywerhede vervaardig onder meer motors, vragwaens, motorfietse, trekkers, busse, trems, treinwaens, diesel- en elektriese lokomotiewe en vliegtuie.
Škoda Auto, wat in 1895 onder die naamLaurin & Klement as een van die eerste ondernemings in die jong motorbedryf gestig, is in die vroeë 1990's deur die Duitse motorreusVolkswagen AG oorgeneem en omvattend gemoderniseer. In die eerste dekade van die 21ste eeu het dit – met 'n aandeel van sowat tien persent van alle uitvoere – tot Tsjeggië se grootste uitvoerder gegroei.
Die Tsjeggo-Slowaakse nasionale sokkerspan was 'n bestendige presteerder op die internasionale toneel met agt deelnames byFIFASokker-Wêreldbekertoernooie, waartydens Tsjeggo-Slowakye by die1934 en1962 as naaswenner geëindig het. Dié span het ook die Europese Sokkerkampioenskap 1976 gewen, tydens die Europese Sokkerkampioenskap 1980 in die derde plek geëindig en tydens dieOlimpiese Somerspele 1980 die goue medalje gewen. Ná die verdeling van Tsjeggo-Slowakye het dieTsjeggiese nasionale sokkerspan tydens die Europese Sokkerkampioenskap 1996 in die tweede en tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2004 in die derde plek geëindig.
↑(de)Karel Valoch (2010).Paläolithische Archäologie in der ehemaligen Tschechoslowakei und ihr Beitrag zur mitteleuropäischen Forschung. pp. 71–115.{{cite book}}:|work= ignored (hulp)
↑(en)Mart Martin (2000).The Almanac of Women and Minorities in World Politics. Colorado: Westview Press Boulder. p. 102.
↑(en)Dana Mulilová (2012). Blanca Rodríguez-Ruiz, Ruth Rubio-Marín (red.).Mothers of the Nation: Women’s Vote in the Czech Republic. Leiden en Boston: Koninklijke Brill NV. pp. 207–223, 216.ISBN978-90-04-22425-4.{{cite book}}:|work= ignored (hulp)
1. Landdeels inAsië. 2. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as dieKanaaleilande.