Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Tsjad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Tsjad
جمهورية تشاد
Jumhūriyyat Tšād (Arabies)
République du Tchad (Frans)
Vlag van TsjadWapen van Tsjad
VlagWapen
Nasionale leuse:Unité, Travail, Progrès(Frans)
الاتحاد، العمل، التقدم(Arabies)
(Afrikaans: "Eenheid, Arbeid, Vooruitgang")
Volkslied:La Tchadienne(Frans)
نشيد تشاد الوطني(Arabies)
(Afrikaans: "Die Tsjadiese lied")
Ligging van Tsjad
HoofstadN'Djamena

12°07′N15°3′O /12.117°N 15.050°O /12.117; 15.050

Grootste stadN'Djamena
Amptelike taleArabies enFrans
RegeringUnitêre semi-presidensiële
grondwetlikerepubliek
Mahamat Déby
vakant
Allamaye Halina
Onafhanklikheid
• Republiek
• vanFrankryk
• Huidige grondwet

28 November1958
11 Augustus1960
4 Mei2018
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 284 000[1] km2 (20ste)
495 755 myl2
1,9
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2009-sensus
 -Digtheid
 
19 093 595[1] (65ste)
11 039 873[2]
14,87 / km2 (212de)
22,27 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$48,301 miljard[3] (147ste)
$2 620[3](179ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$18,697 miljard[3] (145ste)
$1 014[3](183ste)

MOI (2022) 0,394[4] (189ste)  laag
Gini (2022)37,4[5]  medium
GeldeenheidCFA-frank (XAF)
Tydsone
 -Somertyd
WAT (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD.td
Skakelkode+235

Tsjad (verouderde vorm:Tsjaad,Arabies: تشاد‎,Tshād, [ˈtʃaːd];Frans:Tchad, [tʃa(d)],luister(hulp·inligting)), amptelik dieRepubliek Tsjad (Arabies: جمهورية تشاد‎,Jumhūriyyat Tshād; Frans:République du Tchad; letterlik: "Republiek van die Tsjad"), is 'nlandingeslote land inSentraal-Afrika. Dit grens aanLibië in die noorde,Soedan in die ooste, dieSentraal-Afrikaanse Republiek in die suide,Kameroen enNigerië in die suidweste enNiger in die weste. Tsjad beslaan 'n oppervlakte van 1 284 000 km² en het 'n bevolking van 19 093 595 in 2024 gehad. Diehoofstad en grootste stad isN'Djamena, tot in November 1973 Fort Lamy genoem. Ander stede sluit inSarh in die suide enFaya-Largeau in die noorde.

Nasa-Satellietbeeld van Tsjad
Kaart van Tsjad

Die Republiek Tsjad is die noordelikste van die vier onafhanklike Afrikalande wat uit die vroeëre Frans-Ekwatoriale Afrika ontstaan het en het op 11 Augustus 1960 onafhanklik geword.

As gevolg van die land se afstand van die see en die grootlikswoestynklimaat word die land soms die "dooie hart van Afrika" genoem. In die noorde sluit dit dieTibestigebergte (3 415 m) in, die grootste bergreeks in dieSaharawoestyn. Die sentrale gedeelte van Tsjad vorm deel van dieSahel en die suide behoort tot dieSoedangebied. Die land beslaan ook 'n deel van dieTsjadmeer wat as gevolg van dehidrasie krimp. Hierdie meer is op 'n hoogte van 281 m geleë, is net meer as 'n meter diep en word deur 'n moerasgebied omring. Tsjad se belangrikste waterweë is die Chari- (1 200 km) en die Logonerivier (970 km), wat albei na die Tsjadmeer vloei.

Tsjad is een van die armste lande wêreldwyd, hoewel in onlangse jare die ontginning vanruolie begin het. Die kleinlandbousektor word deur die toenemende droogte in die streek ernstig bedreig. Naas die tweeamptelike tale Arabies en Frans word onder meerFula,Hausa enKanuri gebesig. Van dieetniese groepe sluit in Sara,Arabiere,Fula,Hausa enKanuri. Sowat 52% van die land se bevolking isMoslems, gevolg deurChristene.[1]

Nywerheidsontwikkeling is gering en die land het nouliks enige delfstowwe. Die bevolking bestaan uit 'n groot aantal stamme wat verskeie tale en dialekte praat. Die belangrikste teenstelling lê egter in die verskil tussen die relatief dig bevolkte vrugbare suide (met 'n bevolking wat waarde heg aan hut tradisionele Afrika-waardes), en ’n gearabiseerde bevolking in die onvrugbare, yl bevolkte noorde van die land.

Tsjad kan volgens sy landskap in drie streke ingedeel word. Die vrugbaarste deel is diesavannes in die suide, waar die meestereën val. Ook die sentrale deel van die land word deur grasagtige vlaktes gekenmerk, maar in die noorde is daar uitsluitend sand van dieSahara. Tsjad is oor die algemeen 'n baie plat land.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 123(en)"Chad".Central Intelligence Agency. Besoek op29 Mei 2024.
  2. (fr)DEUXIEME RECENSEMENT GENERAL DE LA POPULATION ET DE L'HABITAT (RGPH2, 2009): RESULTATS GLOBAUX DEFINITIFS(Report).INSEED.Maart 2012.p. 7.Archivedfromthe originalon 14 September 2014.https://web.archive.org/web/20140914133904/http://www.inseedtchad.com/IMG/pdf/rapport_resultats_definitifs_rapport.pdf.Besoek op 14 September 2014. 
  3. 1234(en)"Chad".Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op29 Mei 2024.
  4. (en)"Human Development Report 2023/2024"(PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op29 Mei 2024.
  5. (en)"Gini index – Chad".Wêreldbank. Besoek op29 Mei 2024.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Lande en gebiede inAfrika
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Frankryk
Portugal
Spanje
Verenigde Koninkryk
Lande van
1. Landdeels inAsië.
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Tsjad&oldid=2771278"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp