Dietroposfeer is die laagste laag van dieAarde seatmosfeer en die een waarin byna al dieweerstoestande plaasvind. Dit bevat 75% van die atmosfeer semassa en 99% van die totale massa van diewaterdamp enaërosols.[1] Die gemiddelde hoogte van die troposfeer is 13 km – dit is 18 km in dietrope, 17 km by die middelstebreedtegrade en in die winter 6 km in diepoolstreke.
Die laagste deel van die troposfeer, waarwrywing met die Aarde se oppervlak lugvloei beïnvloed, is die planeet se grenslaag. Dit is gewoonlik ’n paar honderd meter tot 2 km diep, na gelang van die landvorm en tyd van die dag. Bo die troposfeer is dietropopouse, wat die grens tussen tropo- enstratosfeer is. Die tropopouse is ’n inversielaag, waar die lug setemperatuur ophou om met die hoogte af te neem en dus konstant deur die hele laag bly.[2]
Die woord "troposfeer" is afgelei van dieGrieksetropos ("draai, omkeer, verander") ensphere.