Hierdie artikel bevat nie ’nbronnelys nie, wat beteken dat die inhoud niegeverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
Wêreldkaart wat die trope aandui.
Dietrope is die gebied tussen diekreefskeerkring in die Noordelike Halfrond en diesteenbokskeerkring in die Suidelike Halfrond. Hierdie gebied word gekenmerk deur 'n geringe verskil tussen die lengte van dag en nag. Die eilandryk vanIndonesië, suidelike Asië, die noordelike helfte vanAustralië, Middel-Amerika en die grootste deel van diekontinenteAfrika enSuid-Amerika is in die trope.
Let op dat daar 'n verskil is tussen die trope en tropies. Die "trope" verwys na 'n gebied terwyl "tropies" na 'n warm en vogtige klimaat verwys.Plante groei goed in 'n tropies klimaat, vandaar die tropiese reënwoude. 'n Klimaat kan tropies genoem word as die maandtemperatuur van die koudste maand nie onder die 18 °C daal nie.
Dit is dus nie so dat die trope noodwendig altyd 'n tropiese klimaat het nie.