Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Trinidad en Tobago

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Trinidad en Tobago
Republic of Trinidad and Tobago (Engels)
Vlag van Trinidad en TobagoWapen van Trinidad en Tobago
VlagWapen
Nasionale leuse:
Together we aspire, Together we achieve
(Engels vir: "Saam streef ons, saam bereik ons")
Volkslied:Forged from the Love of Liberty
(Engels vir: "Gesmee uit die liefde vir vryheid")
Ligging van Trinidad en Tobago
HoofstadPort of Spain

10°40′N61°31′W / 10.667°N 61.517°W /10.667; -61.517

Grootste stadSan Fernando
Amptelike taleEngels
RegeringUnitêre parlementêre
grondwetlikerepubliek
Christine Kangaloo
Kamla Persad-Bissessar
Onafhanklikheid
• Onafhanklikheid
• Republiek
• Huidige grondwet
van dieVerenigde Koninkryk
31 Augustus1962
1 Augustus1976
31 Oktober2000
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
5 128[1] km2  (173ste)
1 980 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2011-sensus
 -Digtheid
 
1 408 966[1] (157ste)
1 328 019[2]
275 / km2 (34ste)
712 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$51,682 miljard[3] (126ste)
$36 018[3](58ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$26,467 miljard[3] (107de)
$18 445[3](47ste)

MOI (2022) 0,814[4] (60ste)  – baie hoog
Gini (1992)40,2[5] – medium
GeldeenheidDollar (TTD)
Tydsone
 -Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD.tt
Skakelkode+1-868

Trinidad en Tobago (Engels:Trinidad and Tobago, [ˈtrɪnɪdæd ... təˈbeɪɡoʊ],luister(hulp·inligting);Spaans vir: "drie-eenheid" en "tabak"), amptelik dieRepubliek Trinidad en Tobago (Republic of Trinidad and Tobago), is 'neilandstaat inNoord-Amerika met 'n oppervlakte van 5 128 km² en 'n bevolking van 1 408 966 in 2024.[1] Die land bestaan uit twee eilande: Trinidad (4 828 km²) en Tobago (300 km²) wat albei aan dieKlein-Antille behoort. Trinidad word deur 'n seestraat van 11 km breed vanVenezuela geskei, terwyl Tobago 35 km noordwes van Trinidad geleë is.

Ligging en geografie

[wysig |wysig bron]
Nasa-satellietbeeld van Trinidad en Tobago
Kaart van Trinidad en Tobago
Topografiese kaart van Trinidad en Tobago

Trinidad en Tobago is in die oostelike deel van dieKaribiese See op die grens met dieAtlantiese Oseaan geleë. Dit is in die noordooste van Venezuela, in die noordweste vanGuyana en in die suide vanBarbados enGrenada geleë. Trinidad en Tobago is net noord van dieSuid-Amerikaanse kus en dieRío Orinoco se monding in dieAtlantiese Oseaan geleë, maar word weens historiese en kulturele redes as deel van Noord-Amerika beskou. Diehoofstad isPort of Spain en die grootste stad is Chaguanas, albei is op die hoofeiland Trinidad geleë.

Die hoofeiland is grotendeels plat. Daar is drie heuwelgebiede: die Noordelike Reeks, langs die noordkus met Mount Aripo (940 m) as die hoogste punt, die laerliggende Sentrale Reeks in die middel van die eiland (hoogste piek: Mount Tamana, 308 m) en die Trinity-heuwels langs die suidkus.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die eilande Trinidad en Tobago is in 1498 deurChristophorus Columbus tydens sy derde reis virEuropa ontdek en ná dieChristelike drie-eenheid, asook tabak genoem. Aansluitend is die eilande deur dieSpanjaarde gekoloniseer en byNieu-Spanje ingelyf. Die inheemse bevolking is uitgeroei en die eilande is metslawe uitAfrika bevolk. Die eilande is op 25 Maart 1802 volgens dieVrede van Amiens tydens dieNapoleontiese Oorloë deur Spanje aan dieVerenigde Koninkryk afgestaan. Tydens dieBritse koloniale bewind is talleIndiërs uitBrits-Indië in Trinidad en Tobago gevestig. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in dieKaribiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie.

Op 31 Augustus 1962 het Trinidad en Tobago van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword en op 1 Augustus 1976 'nrepubliek binne dieBritse Statebond. Volgens diebruto binnelandse produk per kapita is Trinidad en Tobago een van die rykste lande van dieAmerikas (naasKanada en dieVerenigde State).

Ekonomie

[wysig |wysig bron]

Dieekonomie is veral optoerisme en die vervaardiging van hulpbronne soosaardgas enruolie gebaseer.[1] Daarbenewens is Trinidad en Tobago vir sy kleurryke karnaval bekend wat die etniese diversiteit van dié land weerspieël.

Hierdie eilande voor die kus van Venezuela is veral aangewese op die inkomste wat uit die ontginning en raffinering vanruolie verkry word en maak nie staat oplandbou soos die meeste ander eilande in die Karibiese gebied nie. Groot nywerheidsontwikkeling het gevolglik in die land plaasgevind, terwyl toerisme ook 'n belangrike bron van buitelandse inkomste is.

Natuur en klimaat

[wysig |wysig bron]

Geologies gesien is Trinidad ’n voortsetting van die Suid-Amerikaanse vasteland, terwyl Tobago 'n voortsetting van die Venezolaanse kusgebergte en die Noordelike Reeks is. Net die suidwestelike deel van Tobago is plat, terwyl die res deur die hoofbergrug – metPidgeon Peak (579 m) in die noordooste as die hoogste punt oorheers word. Klein Tobago, voor die ooskus van Tobago, is bekend vir syparadysvoëls wat vanNieu-Guinee af ingevoer is, terwylBuccoorif voor die weskus vanweë die mooi en veelsydige seelewe by sportduikers gewild is.

Trinidad se toeristeaantreklikhede bestaan naas die mooi sandstrande uit 'n karnaval en tweejaarlikse Karibiese musiekfees. Trinidad het 'n tropiese klimaat wat gekenmerk word deur 'n bestendige hoë jaartemperatuur, die noordoospassaat en 'n reënseisoen van Junie tot Desember. Tobago se klimaat is koeler, maar albei eilande lê buite die tropiese sikloonsone.

Sport

[wysig |wysig bron]

Krieket is Trinidad en Tobago se gewildstesportsoort en word as nasionale sport beskou. Trinidad en Tobago is een van die eilandstate wat saam met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir dieWes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket mettoetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elkekrieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, die eerste twee toernooie in1975 en1979 gewen en slegs die2023-toernooi misgeloop. Daarbenewens kon hulle dieT20I-wêreldbekertoernooi twee keer (in2012 en2016), en beide dieKampioenetrofee (in2004) en dieo/19-krieketwêreldbeker (in 2016) eenkeer wen. Saam metAntigua en Barbuda, Barbados, Grenada, Guyana,Jamaika,St. Kitts en Nevis enSt. Lucia het dié eilandstaat dieKrieketwêreldbeker 2007 aangebied, wat deurAustralië gewen is. Trinidad en Tobago het ook saam met Antigua en Barbuda,Barbados,Guyana, St. Lucia,St. Vincent en die Grenadine en dieVerenigde State dieT20I-wêreldbeker 2024 aangebied, watIndië kon beklink.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,3(en)"Trinidad and Tobago".Central Intelligence Agency. Besoek op1 Mei 2025.
  2. (en) Trinidad and Tobago 2011 Population and Housing Census Demographic Report (Report). Trinidad and Tobago Sentrale Statistiekkantoor. p. 2. https://www.undp.org/content/dam/trinidad_tobago/docs/DemocraticGovernance/Publications/TandT_Demographic_Report_2011.pdf. Besoek op 30 Mei 2019. 
  3. 3,03,13,23,3(en)"Trinidad and Tobago".Internasionale Monetêre Fonds. April 2025. Besoek op1 Mei 2025.
  4. (en)"Human Development Report 2023/2024"(PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op1 Mei 2025.
  5. (en)"Gini Index – Trinidad and Tobago".Wêreldbank. Besoek op1 Mei 2025.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metTrinidad en Tobago.
Lande en gebiede inNoord-Amerika
Onafhanklike lande
Afhanklike gebiede
Frankryk
Koninkryk van Denemarke
Koninkryk van die Nederlande
Nederland
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Lande van
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Trinidad_en_Tobago&oldid=2768472"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp