Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Trimurti

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Trimurti (trimūrti)
Devanagari त्रिमूर्ति
Sanskrit-transliterasie trimūrti
Affiliasie Deva
Metgesel Tridevi

DieTrimurti (/trɪˈmʊərti/;[1]Sanskrit: त्रिमूर्तिtrimūrti, "drie vorme") is die driedubbele godheid inHindoeïsme[2][3][4][5] waarin die kosmiese funksies skepping, onderhoud en vernietiging verpersoonlik word deur ’ntriade van gode: gewoonlikBrahma die skepper,Vishnu die onderhouer enShiva die vernietiger/vervormer.[6][7] Individuele denominasies se weergawes kan egter verskil. Wanneer al drie gode van die Trimurti in ’n enkeleavatar geïnkarneer word, is die avatar bekend asDattatreya.[8]

Sienings in Hindoeïsme

[wysig |wysig bron]

Shaivisme

[wysig |wysig bron]

Shaiviste glo Shiva voer vyf aksies uit: skepping, onderhoud, vernietiging, diegeheimhouding van grasie en die onthulling van grasie. Die eerste drie aksies word vereenselwig met Shiva as Sadyojata (soortgelyk aan Brahma), Vamadeva (Vishnu) en Aghora (Rudra). Hulle is nie ander gode as Shiva nie, maar ander vorme van hom. Net so is die Trimurti ’n vorm van Shiva. Volgens Shaiviste is Shiva die opperwese wat verskeie kritieke rolle vervul en toepaslike name en vorme daarvoor aanneem.[9]

Die Trimurti en die Tridevi.

Shaktisme

[wysig |wysig bron]

Shaktiste glo die drie vorme van die Trimurti is vroulik en nie manlik nie: Mahasarasvati is die skepper, Mahalaxmi die onderhouer en Mahakali die vernietiger. Hierdie vroulike weergawe van die Trimurti word dieTridevi ("drie godinne") genoem. Die manlike gode Brahma, Vishnu en Shiva tree dan in ’n hulphoedanigheid vir die Tridevi op en as hul metgeselle.

Smartisme

[wysig |wysig bron]

InSmartisme word klem gelê op ’n groep van vyf gelykwaardige gode eerder as ’n enkele god.[10] DiePanchayatana puja-stelsel ("aanbidding van die vyf gode") is ’n praktyk waarin ikone van vyf gode gebruik word:[11] Shiva, Vishnu, ’n Devi (soos Parvati), Surya en enige ander god(in) wat die aanbidder verkies.[12] Dié ikone help aanbidders om die aspekte vanBrahman te visualiseer en daarop te fokus, eerder as op aparte wesens.

Vaishnavisme

[wysig |wysig bron]

Ondanks die feit dat dieVishnupurana lui Vishnu kom as Brahma te voorskyn om te skep en as Rudra (Shiva) om te vernietig,[13] erkenVaishnaviste gewoonlik nie die begrip Trimurti nie. Sommige volgelinge van dié tradisie glo die gode is gelykwaardig, terwyl ander nie ’n onderskeid tussen Vishnu en Shiva maak nie en glo hulle is verskillende vorme van dieselfde god.[14][15]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Trimurti".Random House Webster's Unabridged Dictionary.
  2. Grimes, John A. (1995).Ganapati: Song of the Self. SUNY Series in Religious Studies. Albany: State University of New York Press.ISBN 0-7914-2440-5.
  3. Jansen, Eva Rudy (2003).The Book of Hindu Imagery. Havelte, Holland: Binkey Kok Publications BV.ISBN 90-74597-07-6.
  4. Radhakrishnan, Sarvepalli (red. voors.) (1956).The Cultural Heritage of India. Calcutta: The Ramakrishna Mission Institute of Culture.
  5. Winternitz, Maurice (1972).History of Indian Literature. New Delhi: Oriental Books Reprint Corporation.
  6. Matchett, Freda. "ThePurāṇas", in: Flood (2003), p. 139.
  7. Zimmer (1972) p. 124.
  8. Mhatre, Sandeep."Datta Sampradaay and Their Vital Role" (in Engels). Swami Samarth temple.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016.
  9. How can the god of destruction be the Supreme?
  10. Flood (1996), p. 17.
  11. Gudrun Bühnemann (2003).Mandalas and Yantras in the Hindu Traditions. BRILL Academic. p. 60.ISBN 978-9004129023.
  12. Gavin D. Flood (1996).An Introduction to Hinduism. Cambridge University Press. p. 17.ISBN 978-0-521-43878-0.
  13. Flood, Gavin, An Introduction to Hinduism, Cambridge University Press, p. 111, ISBN 0-521-43878-0 
  14. "Verse 47, 84 van die Swaminaraya-geskrif Shikshapatri". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op23 April 2017.
  15. "Swaminarayan Satsang - Scriptures". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 16 Julie 2011. Besoek op23 April 2017.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • Flood, Gavin (1996).An Introduction to Hinduism. Cambridge: Cambridge University Press.ISBN 0-521-43878-0.
  • Flood, Gavin (Editor) (2003).The Blackwell Companion to Hinduism. Malden, MA: Blackwell Publishing Ltd.ISBN 1-4051-3251-5.{{cite book}}:|first= has generic name (hulp)
  • Zimmer, Heinrich (1972).Myths and Symbols in Indian Art and Civilization. Princeton, New Jersey: Princeton University Press.ISBN 0-691-01778-6.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Trimurti&oldid=2610427"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp