Die triseratops het ’n groot, benerige kraag en drie horings op sy groot, viervoetige lyf gehad en het nogal soos die modernerenoster gelyk. Dit is een van die herkenbaarste dinosourusse en die bekendsteseratopside. Dit het saam met die vreesaanjaendeTyrannosaurus bestaan en is waarskynlik deur laasgenoemde gejag,[2] hoewel dit minder seker is of die twee wel baklei het soos in tradisionele museums en gewilde prente uitgebeeld word.
Tweespesies,T. horridus enT. prorsus, word erken, hoewel baie ander spesies ook al genoem is. Volgens navorsing wat in 2010 gepubliseer is, isTorosaurus, ’n seratopside wat lank as ’n aparte genus beskou is, ’nTriceratops,[3][4] maar nie alle wetenskaplikes aanvaar dit nie.[5][6]
Individuele triseratopse het na raming lengtes van 7,9 tot 9 m gehaal en hoogtes van 2,9 tot 3 m,[7][8] en kon 6,1 tot 12 ton geweeg het.[9] Hul grootste kenmerk was hul groot skedel; dit was van die grootste onder alle landdiere. Die grootste bekende skedel (monster BYU 12183) was na raming 2,5 m lank[3] en kon tot sowat ’n derde van die dier se hele lengte uitgemaak het.[10] Dit het ’n enkele horing op die neus gehad, net bo die neusgate, asook ’n horing van sowat 1 m bo elke oog.[11] Aan die agterkant van die skedel was ’n relatief kort, benerige kraag, met skerp punte by sekere spesies. Die meeste anderseratopsides het groot openinge in die kraag gehad, terwyl die triseratops s’n solied was.[12]
Die dier se vel was ongewoon in vergelyking met ander dinosourusse s’n. Velafdrukke van ’n tot nog toe onbeskrewefossiel wys sommige spesies was dalk bedek met haaragtige stekels, soos dié van die meer primitieweseratopsiërPsittacosaurus.[13]
Triseratops-spesies was stewig gebou en het sterk ledemate gehad, asook kort hande met drie hoewe elk, en kort voete met vier hoewe elk.[14] Hoewel hulle beslisvierpotiges was, word al lank gedebatteer oor die diere se houding. Oorspronklik is geglo die voorpote was uitgesprei om die gewig van die kop beter te kon dra.[15] Gefossileerde voetspote van dinosourusse met horings en onlangse rekonstruksies van skelette (beide fisiek en digitaal) dui daarop triseratops en ander seratopsides het ’n regop houding gehad as hulle loop, met die elmboë gebuig – ’n houding tussen heeltemal regop en met die pote uitgesprei soos by modernerenosters.[14][16][17][18]
Die hande en voorarms van die triseratops het ’n taamlik primitiewe struktuur gehad in vergelyking met ander vierpotige dinosourusse soos dieThyreophora-spesies en baiesouropodes. In dié twee groepe was die voorpote van vierpotige spesies gewoonlik gedraai sodat die hande vorentoe en die palms agtertoe gewys het. Triseratopse het, nes ander seratopsiërs en die verwante vierpotigeornitopodes, geloop met hul vingers wat weg van die lyf na buite wys – die primitiewe manier wat ook aangetref is by tweepotige dinosourusse soosteropodes.
Triceratops is die bekendste genus vanCeratopsidae, ’nfamilie grootNoord-AmerikaanseCeratopsia-dinosourusse met horings. Daar is egter lank gedebatteer oor die presiese plasing vanTriceratops in die familie. Verwarring word veral veroorsaak deur die kombinasaie van kort, soliede krae (soorgelyk aan dié vanCentrosaurinae) en die lang horings bo die oë (meer soos dié vanCeratopsidae, ook bekend as Chasmosaurinae).[19] In die eerste oorsig van gehoringde dinosourusse het die Amerikaanse paleontoloog R.S. Lull twee teorieë oor moontlike linies gehad: een vanMonoclonius enCentrosaurus, wat totTriceratops gelei het, en die ander vanCeratops enTorosaurus, watTriceratops ’n sentrosourine maak soos wat die groep vandag verstaan word.[20] Latere hersienings het dié mening ondersteun en die eerste groep, met kort krae, beskryf as Centrosaurinae (insluitendeTriceratops), en die tweede groep, met lang krae, as Chasmosaurinae.[21][22]
In 1949 het die Amerikaans-Kanadese paleontoloog C.M. Sternberg eerste dié teorie bevraagteken; hy het gemeenTriceratops was nader verwant aanArrhinoceratops enChasmosaurus, gebaseer op hul skedels en horings. Dit hetTriceratops ’n genus van seratopsine (hy het dit chasmosourine genoem) gemaak.[23] Die meeste ander wetenskaplikes, soos John Ostrom[24] en later David Norman, hetTriceratops in Centrosaurinae geplaas.[25]
Daaropvolgende ontdekkings en ontledings het Sternberg se mening oorTriceratops ondersteun. Lehman het albei subfamilies in 1990 gedefinieer enTriceratops as ’n seratopsine (chasmosourine) gereken op grond van verskeie morfologiese eienskappe. Buiten die kort kraag, pas dit baie goed in die seratopsine-subfamilie.[26] Verdere navorsing deur die Amerikaner Peter Dodson, onder meer ’nkladistiese ontleding in 1990,[27] hetTriceratops se plasing in die seratopsine-subfamilie verder ondersteun.
Hier onder is ’nkladogram volgens Sampson et al. (2010).[28]
’n Triseratops-skedel (Londense Natuurhistoriese Museum.)
Infilogeniese taksonomie word die genus gebruik as ’n verwysingspunt in die definisie vanDinosauria; dinosourusse word gereken as alle afstammelinge van diemees onlangse gemeenskaplike voorsaat vanTriceratops enNeornithes (dus moderne voëls).[29] Verder word die dinosourusse "met voëlheupe",Ornithischia, gedefinieer as alle dinosourusse met ’n meer onlangse gemeenskaplike voorsaat metTriceratops as met moderne voëls.[30]
’n 1905-skets wys die relatief klein brein van ’ntriseratops (bo) en ’nedmontosourus (onder).
Hoewel triseratopse gewoonlik uitgebeeld word as diere wat in troppe voorgekom het, is daar tans min getuienis dat dit die geval was. Terwyl verskeie ander genera van gehoringde dinosourusse op terreine ontdek is met van twee tot honderde of duisende individue, is daar tot nou net een aangetekende geval van ’n terrein wat deur triseratops-bene oorheers word: die oorblyfsels van drie jong diere is inMontana gevind. Dit is dalk betekenisvol dat al drie diere jonk was.[31]
’n Ander, meer onlangse vonds kan daarop dui dat triseratopse wel in klein familiegroepe voorgekom het. In 2012 is drie triseratops-individue in ’n relatief volledige toestand inWyoming ontdek. Hul grootte het gewissel van ’n volgroeide dier tot ’n baie jong een. Die oorblyfsels word tans deur paleontoloë ondersoek. Daar word geglo die diere het as ’n gesinseenheid gereis, maar dit is nog onseker of hulle ’n paar en hul kleintjie was, of twee wyfies wat na ’n jong dier omgesien het. Die oorblyfsels, veral van die grootste individu, toon ook tekens dat dit óf aangeval óf agterna geaas is deur ’nTyrannosaurus; die bene van die voorpote is gebreek en het tandmerke van ’nTyrannosaurus aan.[32]
Individuele fossiele van triseratopse word al baie jare lank gevind.[31] Dié oorblyfsels is baie algemeen; die paleontoloog Bruce Erickson het byvoorbeeld berig dat hy 200 fossiele in Montana gevind het.[33] Barnum Brown beweer hy het meer as 500 skedel daar gevind.[15] Omdat fossiele tande en dele van horings, krae en skedels uit die LaatMaastricht-tydsnede van dieLaat Kryt-periode, 66 miljoen jaar gelede, in westelike Noord-Amerika so volop is, word dit beskou as een van die algemeenste plantvreters van sy tyd, indien nie die algemeenste een nie. Die Amerikaanse paleontoloog Robert Bakker het in 1986 geraam dat vyf sesdes van die groot dinosourusse aan die einde van die Kryt triseratopse was.[34]
Triceratops was een van die laaste seratopsiërs wat sy verskyning gemaak het voor dieKryt-Paleogeen-uitwissing. Die verwanteTorosaurus en die verder verwante kleinLeptoceratops was ook teenwoordig, hoewel min fossiele van hulle ontdek is.[15]
Triseratopse was plantvreters, en omdat hul koppe laag was, het hulle meestal laaggeleë plante geëet. Hulle kon ook hoër plante met hul horings, snoet en lyf platgeslaan het.[35][36] Die bek lyk of dit beter kon gryp en pluk as byt.[24]
Die diere se tande was gerangskik in 36 tot 40 kolomme aan elke kant van elke kaak, met drie tot 3 tot 5 tande per kolom, na gelang van die individu se grootte.[35] Hulle het dus van 432 tot 800 tande gehad, waarvan net ’n deel op ’n slag gebruik is (tande is voortdurend deur die dier se lewe gewissel).[35] Hulle het plantmateriaal in ’n vertikale rigting geskeur.[35] Die grootte en getal tande dui daarop dat hulle groot hoeveelhede veselryke plante geëet het,[35] dalk palms en broodbome,[37][38] of dalk varings.[39]
Daar is al baie gegis oor die doel van die triseratops se horings en kraag. Die twee hoofteorieë is dat dit gebruik is vir gevegte of om te pronk voor ’n lid van die teenoorgestelde geslag.[35]
Vroeër is gemeen die kraag het dalk gedien as ankerpunte vir die kaakspiere om die dier beter te laat kou.[40] In latere studies is egter geen getuienis gevind van groot spieraanhegsels aan die kraagbene nie.[41]
Die groot kraag kon ook die lyf se oppervlak vergroot het om liggaamshitte te help reguleer.[42] Dié doel alleen sou egter nie die bisarre en uitspattige vorms verduidelik wat in verskillende lede vanCeratopsidae te bespeur is nie.[35]
Die teorie dat hulle gebruik is in seksuele vertoon, is in 1961 die eerste keer deur Davitashvili voorgestel en word sedertdien al hoe meer aanvaar.[26][41][43] Gehoringde dinosourusse se pantsers verskil aansienlik en dit ondersteun die vertoonteorie omdat dit elke spesie besonders maak. Verder gebruik moderne diere met soortgelyke versierings dit ook vir seksuele vertoon.[44]
↑Scannella, J.B., & Fowler, D.W. (2014). "A stratigraphic survey ofTriceratops localities in the Hell Creek Formation, northeastern Montana (2006–2010)".Geological Society of America Special Papers.503: 313–332.doi:10.1130/2014.2503(12).{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
↑Erickson, GM; Olson, KH (1996). "Bite marks attributable toTyrannosaurus rex: preliminary description and implications".Journal of Vertebrate Paleontology.16 (1): 175–178.doi:10.1080/02724634.1996.10011297.
↑[1], Longrich NR, Field DJ (2012) Torosaurus Is Not Triceratops: Ontogeny in Chasmosaurine Ceratopsids as a Case Study in Dinosaur Taxonomy.PLoS ONE 7(2): e32623. doi:10.1371/journal.pone.0032623
↑"T Dinosaurs Page 2" (in Engels). DinoDictionary.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op3 Augustus 2010.
↑Alexander, R.M. (1985). "Mechanics of posture and gait of some large dinosaurs".Zoological Journal of the Linnean Society.83: 1–25.doi:10.1111/j.1096-3642.1985.tb00871.x.
↑Lambert, D. (1993).The Ultimate Dinosaur Book. Dorling Kindersley, New York. pp. 152–167.ISBN1-56458-304-X.
↑14,014,1Fujiwara, S.-I. (2009). "A Reevaluation of the manus structure inTriceratops (Ceratopsia: Ceratopsidae)".Journal of Vertebrate Paleontology.29 (4): 1136–1147.doi:10.1671/039.029.0406.
↑15,015,115,2Dodson, P. (1996).The Horned Dinosaurs. Princeton University Press, Princeton, New Jersey.ISBN0-691-02882-6.
↑Rega, E.; Holmes, R.; Tirabasso, A. (2010). "Habitual locomotor behavior inferred from manual pathology in two Late Cretaceous chasmosaurine ceratopsid dinosaurs,Chasmosaurus irvinensis (CMN 41357) andChasmosaurus belli (ROM 843)".New Perspectives on Horned Dinosaurs: The Royal Tyrrell Museum Ceratopsian Symposium. Bloomington and Indianapolis: Indiana University Press. pp. 340–354.ISBN978-0-253-35358-0.{{cite book}}:Onbekende parameter|editors= geïgnoreer (hulp)
↑Sternberg, C. M. (1949). "The Edmonton fauna and description of a newTriceratops from the Upper Edmonton member; phylogeny of the Ceratopsidae".National Museum of Canada Bulletin.113: 33–46.
↑24,024,1Ostrom, J. H. (1966). "Functional morphology and evolution of the ceratopsian dinosaurs".Evolution.20 (3): 290–308.doi:10.2307/2406631.JSTOR2406631.
↑Norman, David (1985).The Illustrated Encyclopaedia of Dinosaurs. London: Salamander Books.ISBN0-517-46890-5.
↑26,026,1Lehman, T. M. (1990). The ceratopsian subfamily Chasmosaurinae: sexual dimorphism and systematics. in: Carpenter, K., and Currie, P. J. (reds.).Dinosaur Systematics: Perspectives and Approaches. Cambridge University Press, Cambridge, pp. 211–229.ISBN 0-521-36672-0.
↑Dodson, P., and Currie, P. J. (1990). Neoceratopsia. 593–618. in Weishampel, D. B., Dodson, P., & Osmólska, H. (reds.).The Dinosauria. University of California Press, Berkeley, pp. 593–618.ISBN 0-520-06727-4.
↑Gauthier, J. A. (1986). "Saurischian monophyly and the origin of birds. The Origin of Birds and the Evolution of Flight, K. Padian (red.)".Memoirs of the California Academy of Sciences.8: 1–55.
↑Sereno, P. C. (1998). "A rationale for phylogenetic definitions, with application to the higher-level taxonomy of Dinosauria".Neues Jahrbuch für Geologie und Paläontologie, Abhandlungen.210 (1): 41–83.
↑31,031,1Mathews, Joshua C.; Brusatte, Stephen L.; Williams, Scott A.; Henderson, Michael D. (2009). "The firstTriceratops bonebed and its implications for gregarious behavior".Journal of Vertebrate Paleontology.29 (1): 286–290.doi:10.1080/02724634.2009.10010382.
↑Erickson, B.R. (1966). "Mounted skeleton ofTriceratops prorsus in the Science Museum".Scientific Publications of the Science Museum.1: 1–16.
↑Bakker, R.T. (1986).The Dinosaur Heresies: New Theories Unlocking The Mystery of the Dinosaurs and Their Extinction. William Morrow, New York.ISBN 0-14-010055-5.
↑35,035,135,235,335,435,535,6Dodson, P.; Forster, C.A.; en Sampson, S.D. (2004)Ceratopsidae. In: Weishampel, D. B.; Dodson, P.; and Osmólska, H. (reds.),The Dinosauria (2de uitg.) University of California Press, Berkeley, pp. 494–513.ISBN 0-520-24209-2.
↑Tait, J.; Brown, B. (1928). "How the Ceratopsia carried and used their head".Transactions of the Royal Society of Canada.22: 13–23.
↑Weishampel, D. B. (1984). "Evolution of jaw mechanisms in ornithopod dinosaurs".Advances in Anatomy, Embryology, and Cell Biology.87: 1–110.PMID6464809.
↑Coe, M. J.; Dilcher, D. L.; Farlow, J. O.; Jarzen, D. M.; and Russell, D. A. (1987). Dinosaurs and land plants. In: Friis, E. M.; Chaloner, W. G.; and Crane, P. R. (eds.)The Origins of Angiosperms and their Biological Consequences Cambridge University Press, pp. 225–258.ISBN 0-521-32357-6.
↑Lull, R. S. (1908). "The cranial musculature and the origin of the frill in the ceratopsian dinosaurs".American Journal of Science.4 (25): 387–399.doi:10.2475/ajs.s4-25.149.387.
↑41,041,1Forster, C. A. (1990). The cranial morphology and systematics ofTriceratops, with a preliminary analysis of ceratopsian phylogeny. Ph.D. Dissertation. University of Pennsylvania, Philadelphia. 227 pp.
↑Wheeler, P.E. (1978). "Elaborate CNS cooling structures in large dinosaurs".Nature.275 (5679): 441–443.doi:10.1038/275441a0.PMID692723.
↑Davitashvili, L. Sh. (1961).Teoriya Polovogo Otbora (Theory of Sexual Selection). Izdatel'stvo Akademii nauk SSSR. p. 538.
↑Farlow, J.O. and Dodson, P. (1975). "The behavioral significance of frill and horn morphology in ceratopsian dinosaurs".Evolution.29 (2): 353.doi:10.2307/2407222.JSTOR2407222.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)