Die opdeling vanOostenryk-Hongarye na dieEerste WêreldoorlogVergelyking tussen die Koningryk van Hongarye voor die Eerste Wêreldoorlog en die onafhanklike Hongarye in 1920
DieVerdrag van Trianon is op4 Junie1920 tussenHongarye en die oorwinnaars van dieEerste Wêreldoorlog gesluit. Die koninkryk van Hongarye is vervolgens in vyf lande verdeel en verloor twee-derdes van sy grondgebied en een-derde van sy bevolking.[1][2][3][4][5]
Dieverdrag is vernoem na die Grand Trianon-paleis inVersailles,Frankryk, waar dit onderteken is. Die Hongaarse delegasie, onder leiding van graaf Albert Apponyi, het homself op moeilike onderhandelings voorberei, maar het gou agtergekom dat daar niks is om te onderhandel nie. Hongarye moes uiteindelik die geallieerde vredesvoorwaardes sonder noemenswaardige aanpassings aanvaar.
Die land word gereduseer tot slegs 29% van sy oorspronklike grondgebied:
Hulle moes Zevenburgen (Transsylvanië), die oostelike helfte van die Banaat en die gebiede rondom die stede Satu Mare (Szatmárnémeti) enOradea (Nagyvárad) aanRoemenië afstaan.
Opper-Hongarye, bestaande uit die latereSlowakye en Karpato-Roethenië (Kárpátalja) gaan naTsjeggo-Slowakye.
Die koninkryk van dieSerwiërs, Kroate enSlowene, die latereJoego-Slawië, kry dieVojvodina, waaronder die westelike helfte van die Banaat, voortsKroasië, wat voorheen 'n semi-outonome deel van Transleithanië was, en nog enkele kleinere gebiede ten noorde daarvan: Prekmurje (Muravidék), Međimurje (Muraköz) en die Baranya-driehoek.
Die grootste deel van die verlore gebiede is nie deur etnieseHongare bewoon nie, maar deur voormalige minderhede, waarvan dieSlowake,Roemene enSuid-Slawiërs hulle nasionale aspirasies kon verwesenlik. Deur die eensydige manier waarop die grense bepaald is, is ongeveer 3,3 miljoen Hongare uiteindelik van hulle moederland geskei.