Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Transsiberiese Spoorlyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Transsiberiese lyn in rooi en die Baikal-Amoer-lyn in groen.

DieTranssiberiese Spoorlyn (Russies:Транссибирская магистраль ofТранссиб) verbindMoskou in die weste enWladiwostok in die ooste, en dusEuropeseRusland met dieRussiese Verre-Ooste. Baie stede inSiberië, soosPetropawlofsk-Kamtsjatski, kan nie per pad bereik word van anderRussiese ofAsiatiese stede nie en die beste manier om Siberië te verken is met dié spoorlyn.

Roetes

[wysig |wysig bron]

Die Transsiberiese Spoorlyn is 9 259 km lank,[1] strek oor sewetydsones en die trein ry ’n paar dae lank van die een punt na die ander. Dit het tweedeklas-kompartemente met vier slaapbanke, eersteklas-kompartemente met twee slaapbanke en ’n eetwa. Stede wat nie aan die spoorlyn lê nie, kan per lug bereik word.

’n Tweede spoorlyn, die Chinees-Oosterse Spoorlyn, verbind Rusland met China en verskaf ’n korter roete na Wladiwostok. Dit volg die roete van die Transsiberiese lyn tot by Tarskaja (sowat 1 000 km oos van dieBaikalmeer). Van daar af loop dit suidoos na China en uiteindelik naBeijing voor dit net voor Wladiwostok weer by die hoofroete aansluit.

’n Derde roete is die Transmongoolse Spoorlyn, wat die roete van die Transsiberiese lyn volg tot by Oelan Oede aan die Baikalmeer. Van daar af loop dit suid naOelaan-Baatar en uiteindelik suidoos na Beijing.

In 1991 is ’n vierde roete geopen wat verder noord loop. Dis bekend as die Baikal-Amoer-hooflyn en breek weg van die Transsiberiese lyn byTajsjet, ’n paar honderd kilometer wes van dieBaikalmeer. Daarna loop dit noord van die meer verby, oor dieAmoerrivier byKomsomolsk aan die Amoer (noord vanChabarofsk) tot by dieStille Oseaan.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die plan om die destydse Russiese hoofstad,Sint Petersburg, met die hawestad Wladiwostok te verbind is deurtsaar Aleksander II goedgekeur. Sy seun,Aleksander III, het toesig gehou oor die bou daarvan.

In Maart1891 het die toekomstigetsaar Nikolaas II dieVerre-Oosterse deel van die spoorlyn geopen op ’n besoek aan Wladiwostok.

In dié tyd is die bou van die spoorlyn aan bande gelê deur ’n gebrek aan behoorlike vervoer in die streek self, asook tussen Siberië en die res van Rusland. In 1898 het die eerste treinIrkoetsk en die oewers van die Baikal bereik.

Die Transsiberiese Spoorlyn is steeds die belangrikste vervoerstelsel in Rusland.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. GOS-spoorlynrooster, roete No. 002, Moskou-Wladiwostok, Augustus 2009.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • Marks, S.G. (1991).Road to Power: The Trans-Siberian Railroad and the Colonization of Asian Russia, 1850–1917. New York.ISBN 0-8014-2533-6.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
  • Faulstich, Edith. M. "The Siberian Sojourn" Yonkers, N.Y. (1972–1977)
  • Thomas, Bryn (2003).The Trans-Siberian Handbook (6de uitg. uitg.). Trailblazer.ISBN 1-873756-70-4.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Transsiberiese_Spoorlyn&oldid=2819039"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp