Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Transrapid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Transrapid 07 in die München Airport Center

DieTransrapid is 'n hoësnelheidstrein, wat inDuitsland ontwikkel is en vir die vervoer van passasiers en goedere gebruik kan word. Hierdie modernemagneetsweeftrein-vervoerstelsel word deur die Duitse maatskappyTransrapid International GmbH & Co. KG gebou, 'n gemeenskaplike onderneming vanSiemens AG enThyssenKrupp AG.

Sedert die jaar1969 is sowat een miljardEuro aan die ontwikkeling van die Transrapid-tegnologie bestee, maar die ontwerp het nog geen kommersiële sukses geword nie. In2006 bestaan daar net een gereelde Transrapid-verbinding in dieVolksrepubliek China. Ander lyne word in dieVerenigde State (aan die Ooskus en tussenLos Angeles enLas Vegas) beplan.

Reissnelheid

[wysig |wysig bron]

Op die toetslyn in Duitsland bereik die Transrapid binne drie minute 'n snelheid van 300 kilometer per uur, terwyl die eerste kommersiële lyn in die Volksrepubliek China Sjanghai en die internasionale Pudong-lughawe teen 'n reissnelheid van meer as 400 km/h met mekaar verbind. Die Duitse vervaardigers sê dat die Transrapid teoreties 'n maksimale reissnelheid van 900 km/h kan bereik.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Reeds in die jaar1922 het die Duitse ingenieur Hermann Kemper met die ontwikkeling van tegnologieë vir 'n magneetsweeftrein begin. Op14 Augustus1934 is die Rykspatent 643 316 vir die tegnologie van elektromagnetiese sweefvoertuie aan hom verleen. Aanvanklik is die bou van 'n toetslyn vir hoësnelheidstreine oorweeg, maar weens die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog is hierdie planne uiteindelik nie geïmplementeer nie.

Die Transrapid op 'n toetslyn in Duitsland
Die prototipeTransrapid 06 voor die Duitse Museum inBonn

Eers in1969 het die Wes-Duitse regering die Transrapid-ontwerp vir 'n magneetsweeftrein, wat deur die Duitse maatskappy Thyssen ontwikkel is, goedgekeur. Die eerste magneetsweeftrein, wat ook passasiers kon vervoer, die magneetsweef-toetsvoertuigTransrapid 2, is op11 Oktober1971 deur die Wes-Duitse maatskappy Messerschmitt-Bölkow-Blohm (MBB) in München-Allach aan die publiek bekend gestel. Die Wes-Duitse regering het die projek van 'n magneetsweeftrein nou amptelik begin bevorder, en in1973 het die natuurkundiges Götz Heidelberg en professor Herbert Weh aan die Tegniese Universiteit van Braunschweig die ontwerp van 'n hoësnelheidsmagneetsweef-toetslyn weer heervat. Die basiese tegnologie is in die tydperk tussen 1971 en1977 deur die Duitse maatskappye Krauss-Maffei, MBB en 'n konsortium, wat uit die ondernemings AEG, Siemens en BBC bestaan het, ontwikkel.

In1979 is gedurende die Internasionale Vervoertentoonstelling IVA inHamburg die eerste magneetsweeftrein , wat ook vir die vervoer van passasiers toegelaat is, bekend gestel. Die trein het vervolgens in Hamburg gery en sowat 50 000 passasiers teen 'n reissnelheid van 50 kilometer per uur vervoer. Die eerste toetslyn met 'n lengte van 31,5 kilometer is vanaf1980 in die Wes-Duitse streek Eemsland opgerig en in1984 in bedryf gestel. 'n Tweede lyn met 'n lengte van 1,6 kilometer is inBerlyn gebou. Hierdie sogenaamdeM-Bahn was aanvanklik as 'n openbare vervoerstelsel beplan, sy lyn is egter ná die Duitse hereniging vir die heroprigting van 'n voormalige moltreinlyn benodig en die projek derhalwe in1992 gestaak.

'n Chinese magneetsweeftrein in Sjanghai (Junie 2005)
'n Transrapid-trein in Sjanghai

Die magneetsweeftreinTransrapid 06 het in1988 met 'n snelheid van 412,6 kilometer per uur 'n nuwe wêreldrekord opgestel. 'n Beplande magneetsweeftrein-verbinding tussen die metropole Hamburg en Berlyn, wat op2 Maart1994 deur die federale Duitse regering goegekeur is, het later geblyk om ekonomies nie vatbaar te wees nie en is in 2000 gestaak. Alternatiewe lyne is in die Ruhrgebied en in München oorweeg.

Die eerste kommersiële magneetsweeftreinprojek, 'n verbinding tussen Sjanghai en die internasionale Pudong-lughawe in dieVolksrepubliek China is deur 'n konsortium van Duitse vervaardigers gebou en op31 Desember2002 feestelik geopen. Vroeg in 2004 is die Chinese lyn as die snelste passasierstrein ter wêreld ook vir die publiek geopen. Ook in dieVerenigde State word die bou van twee lyne sedert die jaar 2001 beplan. In 2005 het die Amerikaanse Kongres besluit om 90 miljoen VSA-dollar aan 'n studie oor die ekonomiese en tegniese vatbaarheid van die projek te bestee.

In Duitsland het daar in 2006 nog onsekerheid oor die toekoms van die Transrapid bestaan. Veral die geraas, wat die trein teen 'n reissnelheid van 430 km/h sou veroorsaak, maak die oprigting van lyne in bewoonde gebiede minder waarskynlik.

Die Duitse Transrapid-ongeluk in 2006

[wysig |wysig bron]

Op22 September2006 is 23 mense dood en 10 ernstig beseer in 'n Transrapid-ongeluk naby Lathen in die Eemsland. 'n Magneetsweeftrein met 29 passasiers het op die toetslyn teen 'n snelheid van sowat 200 kilometer per uur met 'n tegniese voertuig, wat gereeld gebruik word om die spoor skoon te maak, gebots. Inligting oor die aanwesigheid van die voertuig is blykbaar nie aan die personeel van die magneetsweeftrein se tegniese sentrale oorgedra nie.

Alhoewel daar blykbaar geen tegniese probleme met die magneetsweeftrein ondervind is nie, maak die ongeluk duidelik hoe kwesbaar magneetsweeftreine onder meer vir aanslae is. Enige voorwerp wat op die spoor beland, kan teen 'n reissnelheid van 500 km/h katastrofiese gevolge hê.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
TGVHoëspoedtreine
Acela Express |Aérotrain |AGV |AVE |Eurostar |Eurostar Italia |Flytoget |Gautrein |InterCityExpress |JR-Maglev MLX01
Magneetsweeftreine |Pendolino |Sapsan |Shinkansen |Singapoerse MRT |TGV |Thalys |Treno Alta Velocità |Transrapid |X 2000


NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Transrapid&oldid=2699928"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp