'nTransformator is 'n statiese elektriese toestel (d.w.s. geen bewegende onderdele) wat deur middel vanelektromagnetiese koppeling energie oordra van eenstroombaan na 'n ander. 'n Transformator bestaan uit twee of meer spoele wat in meeste gevalle om 'n magnetiese kern gewikkel is. Die magnetiese kern konsentreer die magnetiese vloed in die spoele. 'nWisselstroom in een van die spoele, die primêre spoel, induseer 'n wisselende magnetiese vloed in die kern op. Hierdie vloed induseer dan 'n spanning op in die ander, sekondêre, spoele.
Transformators word gebruik vir omskakeling tussen hoë en lae spannings, om impedansie te verander, en om elektriese isolasie te bied tussen stroombane.
'n Eenvoudige transformator bestaan uit tweegeleiers wat om 'n spoel gedraai word. Een van die spoelwindings word die primêre spoel genoem en die ander spoelwinding word die sekondêre winding genoem. Die geleiers word met 'n dun lagieisolator bedek om kortsluiting tussen die windings te voorkom. Wanneer 'n tydvarieërende stroom deur die primêre windings vloei, word 'n tydvarieërende magnetiese vloed om beide van die spoele gevorm. Die tydvarieërende magnetiese veld induseer 'n spanningsval oor die sekondêre spoel. Hierdie effek word wedersydse induksie genoem.
Wanneer 'n tydvarieërende spanning oor die primêre winding van draaie geplaas word, word 'n tydvarieërende stroom in die spoel geïnduseer. Die tydvarieërende stroom induseer 'n magneto-motoriese krag (MMK). Net soos 'n elektromotoriese krag (EMK) die stroom deur 'n elektriese stroombaan dryf, so ook probeer die MMK die magnetiese vloed dryf in 'n magnetiese stroombaan. Die primêre MMF induseer 'n varieërende magnetiese vloed in die transformator kern. Met 'n oopbaan sekondêre winding word 'n teen-EMK in teenstelling met geïnduseer. In verband metFaraday se wet van induktansie word die spanning oor die spoele geïnduseer in verhouding met die verandering in magnetiese vloed:
en
waar
en die spanningsval oor onderskeidelik die primêre en sekondêre spoel is,
en die aantal windings in onderskeidelik die primêre en sekondêre spoel is,
en die tydafgeleide vloed geïnduseer in onderskeidelik die primêre en sekondêre spoel.
As daar geen verliese tussen die primêre en sekondêre vloed is nie is die transformatorkoppeling perfek, dan sal. Vervang dit in die bogenoemde vergelyking dan sal:
waar
en die spanningsval oor onderskeidelik die primêre en sekondêre spoel is,
en die aantal windings in onderskeidelik die primêre en sekondêre spoel is.
Vir 'n ideale transformator sal die verhouding tussen die primêre spanning en sekondêre spanning gelyk wees aan die verhouding tussen die primêre en sekondêre spoelwindings. Anders gestel, die spanning per spoelwinding is dieselfde in beide windings. Die verhouding tussen die primêre en sekondêre stroom is omgekeerd eweredig aan die windingverhouding. Dit lei tot die algemeenste gebruik van transformators, om tussen hoë en lae spanning om te skakel.
Die kern is die geslote baan vir diemagnetiese vloed (V·s) en die windings om die been is die geslote baan vir diestroom (A) en dit vorm die skakel tussen die magneetveld en die stroom.
Daar is vier belangrike aspekte vir kernmateriaal en dit is;
Histerese is die vertragingseffek tussen magnetiese vloeddigtheid (B) en magnetiese veldsterkte (H) en dit kan gesien word opB/H kurwe in naslaanboeke.
Versadiging is die vloeddigtheid wat toeneem in 'n magnetiese materiaal tot by die punt waar dit nie meer verder toeneem nie.
Permeabiliteit is die vermoë om vloed te gelei in 'n materiaal en dit is die skakel tussen magnetiese vloeddigtheid en magnetiese veldsterkte;
Die ekwivalente stroombaan is 'n uitbeelding van 'n praktiese transformator en dit verduidelik die verliese in 'n transformator. Veronderstel die transformator is ideaal met 'n primêre en sekondêre wat verwys na hoeveelheid draaie en laskomponente by die ideale transformator wat na die verliese verwys.
Komponente in serie
Die weerstande in serie met die ideale transformator verwys na die weerstand van die koperdraad, en die induktor in serie verwys na die vloedverlies. Hierdie verliese word koper-verliese genoem.
Komponente in parallel
Die induktor is die hoofvloed wat deur die kern vloei en die weerstand is die yster-verliese, veroorsaak deur werwelstrome en histerese.