Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Trafford Leigh-Mallory

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Sir Trafford Leigh-Mallory,KCB,DSO & medaljebalk (11 Julie1892 -14 November1944) was 'n senior bevelvoerder in dieRoyal Air Force. Leigh-Mallory het tydens dieEerste Wêreldoorlog as 'nvlieënier en eskaderleier van die Royal Flying Corps gedien. Leigh-Mallory, wat na die oorlog in die nuutgestigte RAF aangebly het, het gedurende die 1920's en 1930's in 'n verskeidenheid bevels- en personeelaanstellings gedien.

Tydens die opbou voor dieTweede Wêreldoorlog was hy die bevelvoerder van 12 Gevegsgroep en het kort na die einde van dieSlag om Brittanje die bevel oorgeneem van nommer 11 Gevegsgroep, wat dieLonden teen aanvalle moes beskerm. In 1942 word hy die opperbevelhebber van vegvliegkommando voordat hy in 1943 benoem is as die bevelvoerende offisier van dieAllied Expeditionary Air Force, wat hom die lugbevelvoerder van dieGeallieerde inval vanNormandië gemaak het.

In November 1944, op pad naCeylon om die pos as die opperbevelvoerder van Suidoos-Asië oor te neem, het syvliegtuig in die Franse Alpe neergestort en Leigh-Mallory, sy vrou en agt ander is dood. Hy was een van die mees senior Britse offisiere en die mees senior RAF-offisier wat in die Tweede Wêreldoorlog gesterf het.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Internasionaal
Nasionaal
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Trafford_Leigh-Mallory&oldid=2815587"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp