Toulon (Oksitaans:Tolon,Italiaans:Tolone) is die prefektuur (hoofstad) van dieFransedépartementVar met 'n oppervlak van 42,84 vierkante kilometer en 'n bevolking van 180 452 in 2021. Die metropolitaanse gebied (Frans:aire urbaine) van Toulon het 'n bevolking van meer as 'n halfmiljoen. Die stad aan die oostelike ent van dieGolf van Lion lê halfpad tussenMarseille in die weste enSaint-Tropez in die ooste. Dit is Frankryk se belangrikstevlootbasis aan dieMiddellandse See.
Toulon lê aan dieCôte d'Azur of Franse Riviera, sowat 70 km oos van Marseille. Die stad word in die noorde begrens deur die berg Mont Faron met 'n hoogte van 584 meter, in die weste deur die dorpe Revest en La Seyne-sur-Mer en in die ooste deur die dorpe La Garde en La Vallette-du-Var.
Die inham van Toulon, wat deur die kaap en skiereiland van Saint-Mandrier-sur-Mer van die Middellandse See geskei word, word as een van die mooiste inEuropa beskou. Hier lê die hawens van Saint-Mandrier-sur-Mer en La Seyne-sur-Mer, asook die handelshawe en vlootbasis van Toulon.
Toulon was in die antieke tydperk oorspronklik 'nLiguriese nedersetting, wat in die Romeinse tyd asTelo Martius bekend gestaan het.
Ná die inlywing vanProvence by Frankryk is Toulon tydens die heerskappy van koningKarel VIII tot 'n belangrike skeepswerf en basis van die Franse vloot uitgebou. Die Toulon-hawe was tydens dieAncien régime en die19de eeu die uitgangspunt van die meeste militêre ekspedisies naAfrika.
In1720 het meer as 13 000 burgers of sowat die helfte van die bevolking slagoffers van die sogenaamde pes van Marseille geword.
In1790 het Toulon die prefektuur van die nuwe département Var geword. Die besluit van dieGirondiste en Royaliste inSeptember1793 om die stad aan Engelse troepe af te staan het tot die sogenaamde Septemberbewing van dieFranse Rewolusie gelei. Ná 'n blokkade van ses weke het die Rewolusionêre Franse Leër onder bevel vanNapoléon Bonaparte Toulon verower en die Engelse troepe verdryf. Die burgers van Toulon is as verraaiers beskou, die stad het sy status as prefektuur van die département kwytgeraak, en sy naam is gewysig na Port-la-Montagne.
Sononder in Toulon
Tydens dieTweede Wêreldoorlog het Duitse troepe die stad op27 November1942 beset. Die bemannings van die Franse oorlogskepe in die Toulonse hawe het besluit om die Franse Vloot te sink sodat dit nie in die hande van die Duitsers sou val nie. Sowat een jaar later, op24 November1943, is Toulon deur 'n geallieerde bomaanval verwoes, waarby 500 inwoners hul lewens verloor het.
In1974 het Toulon sy ou status as prefektuur van die département Var herwin. Op1 Oktober1979 het Toulon danksy die opgradering van die ouCentre Universitaire de Toulon ook sy eie universiteit gekry, dieUniversité de Toulon et du Var.
Tydens die plaaslike verkiesing van1995 het dieregsgesinde partyFront National (FN) vir die eerste keer die meerderheid in Toulon en sodoende een van die groot Franse stede verower, en Jean-Marie Le Chevallier (FN) het dieburgemeester van Toulon geword. Hy is in die verkiesing van2001 vervang deur Hubert Falco (UMP).